Thursday, May 8, 2008

Niël se terugvoer

Die aand na die gradeplegtigheid het ons by Moyo gaan eet. As ek nou oulik was met die fotonemery, kon ek daaraan gedink het om foto's van die restaurant te neem om met julle te deel... maar ek dink altyd agterna eers daaraan.

Die restaurant het 'n Afrika atmosfeer met heerlike potjie kos, baie goeie gebraaide vis, groente soos groenbone, patats en soetwortels. Dan ook malvapoeding en roomys, cream caramel en sjokolademoes... baie lekker. Ek sou nogal nie twintig of dertig jaar terug gesê het "ons het na goeie Afrika musiek geluister" nie, maar ons het. Daar is ook jong meisies wat Afrika danse uitvoer.
Mens kan 'n kombers kry om oor jou skouers te hang vir die koue en ook 'n geverfde patroon op die wang of voorkop.
Die aand was aan Niël opgedra en in sy toespraak het hy gesê dat hy vir die eerste keer van hy begin swot het na hy skool verlaat het, besef het wat die waarde van 'n graad is. Hy neem ter harte dat die Kanselier sê die graad is nie vir jou eie eer of om hoogmoedig oor te raak nie, maar jou instaat te stel om in diens te wees in die omgewing waarin hy hom bevind. Niël is positief geinspireer deur die mense wat nooit ophou leer nie en voel dat hy volgende jaar vir sy Meestergraad sal inskryf...net sodat hy weer deel kan wees van so spesiale seremonie.... :-) en miskien sal hy dan 'n pak klere dra, maar miskien ook nie. Hy het weereens sy hoed gelig vir die ondersteuning wat hy ontvang het... dalk sal hy in sy kommentaar in sy kleurvolle taal vertel wat hy daardie laaste dag ervaar het. Nogmaals baie geluk vir die groot vasbyt. Dis was alles die moeite werd. Die lewenslesse geleer is net soveel werd as die graad. Knap gedaan!

No comments: