Die restaurant het 'n Afrika atmosfeer met heerlike potjie kos, baie goeie gebraaide vis, groente soos groenbone, patats en soetwortels. Dan ook malvapoeding en roomys, cream caramel en sjokolademoes... baie lekker. Ek sou nogal nie twintig of dertig jaar terug gesê het "ons het na goeie Afrika musiek geluister" nie, maar ons het. Daar is ook jong meisies wat Afrika danse uitvoer.Mens kan 'n kombers kry om oor jou skouers te hang vir die koue en ook 'n geverfde patroon op die wang of voorkop.
Die aand was aan Niël opgedra en in sy toespraak het hy gesê dat hy vir die eerste keer van hy begin swot het na hy skool verlaat het, besef het wat die waarde van 'n graad is. Hy neem ter harte dat die Kanselier sê die graad is nie vir jou eie eer of om hoogmoedig oor te raak nie, maar jou instaat te stel om in diens te wees in die omgewing waarin hy hom bevind. Niël is positief geinspireer deur die mense wat nooit ophou leer nie en voel dat hy volgende jaar vir sy Meestergraad sal inskryf...net sodat hy weer deel kan wees van so spesiale seremonie.... :-) en miskien sal hy dan 'n pak klere dra, maar miskien ook nie.
Hy het weereens sy hoed gelig vir die ondersteuning wat hy ontvang het... dalk sal hy in sy kommentaar in sy kleurvolle taal vertel wat hy daardie laaste dag ervaar het. Nogmaals baie geluk vir die groot vasbyt. Dis was alles die moeite werd. Die lewenslesse geleer is net soveel werd as die graad. Knap gedaan!
Showing posts with label gradeplegtigheid. Show all posts
Showing posts with label gradeplegtigheid. Show all posts
Thursday, May 8, 2008
Niël se terugvoer
Die aand na die gradeplegtigheid het ons by Moyo gaan eet. As ek nou oulik was met die fotonemery, kon ek daaraan gedink het om foto's van die restaurant te neem om met julle te deel... maar ek dink altyd agterna eers daaraan.
Monday, May 5, 2008
Niel se groot dag!! Baie geluk seun!
Ek het met die grootste plesier Suid Afrika toe gegaan om Niel se gradeplegtigheid te gaan bywoon en sooo bly ek het. Ek was nie te verbaas dat Niel nie 'n pak klere aangehad het nie, want dit het ook so gegaan met die matriekafskeid.
Die foto is voor die plegtigheid geneem by Unisa se wapen en
teen die agtergrond van die Voortrekker Monument by Klapperkop en ai, het dit darem herinneringe teruggebring..... Terwyl ons almal ons sit kry het, het ons na wonderlike sterk klanke van die pyporrel geluister wat ook die prosessie van Akademici ingelei het. Baie indrukwekkend... ek het hoendervleis gehad. Niel se trotse oomblik breek ook uiteindelik aan.
Dit was verseker nie 'n maklike aantal jare vir Niel nie, maar die meeste van die studente van Unisa studeer deeltyds onder baie moeilike omstandighede tussen werk en kinders grootmaak. Die kanselier maak spesiaal melding van die feit en bring ere aan veral die baie ma's met die volle verantwoordelikheid van 'n huishouding. Aan die einde van die seremonie maan die Kanselier die graduante om nederig te bly en dit wat hulle geleer het in diens van die gemeenskap waarvan hulle deel is, aan te wend. Daar is onder andere ook vyf doktorsgrade en 'n aantal Meestersgrade toegeken.
Tenspyte van die presiesheid van 'n baie formele akademiese plegtigheid,vra die Kanselier aan die einde van die aand dat die studente hulle hoede lig in erkenning aan ouers en familie wat finansieel en emosionele ondersteuning gebied het..... en ons waai terug in trotse erkenning. So gepaste afsluiting vir 'n baie besonderese aand. Ek vertel in my volgende blog van Niel se ervaring van die geleentheid
Subscribe to:
Posts (Atom)

