Die restaurant het 'n Afrika atmosfeer met heerlike potjie kos, baie goeie gebraaide vis, groente soos groenbone, patats en soetwortels. Dan ook malvapoeding en roomys, cream caramel en sjokolademoes... baie lekker. Ek sou nogal nie twintig of dertig jaar terug gesê het "ons het na goeie Afrika musiek geluister" nie, maar ons het. Daar is ook jong meisies wat Afrika danse uitvoer.Mens kan 'n kombers kry om oor jou skouers te hang vir die koue en ook 'n geverfde patroon op die wang of voorkop.
Die aand was aan Niël opgedra en in sy toespraak het hy gesê dat hy vir die eerste keer van hy begin swot het na hy skool verlaat het, besef het wat die waarde van 'n graad is. Hy neem ter harte dat die Kanselier sê die graad is nie vir jou eie eer of om hoogmoedig oor te raak nie, maar jou instaat te stel om in diens te wees in die omgewing waarin hy hom bevind. Niël is positief geinspireer deur die mense wat nooit ophou leer nie en voel dat hy volgende jaar vir sy Meestergraad sal inskryf...net sodat hy weer deel kan wees van so spesiale seremonie.... :-) en miskien sal hy dan 'n pak klere dra, maar miskien ook nie.
Hy het weereens sy hoed gelig vir die ondersteuning wat hy ontvang het... dalk sal hy in sy kommentaar in sy kleurvolle taal vertel wat hy daardie laaste dag ervaar het. Nogmaals baie geluk vir die groot vasbyt. Dis was alles die moeite werd. Die lewenslesse geleer is net soveel werd as die graad. Knap gedaan!
Thursday, May 8, 2008
Niël se terugvoer
Monday, May 5, 2008
Niel se groot dag!! Baie geluk seun!
Saturday, March 22, 2008
Die storie van wag
Toe Niël Desember hier gekuier het, het hy 'n paar aande so op die mat gesit en teken met pastelle en verf met akriel. Dit het my laat dink aan die matriek portefeulje vir die kunseksamen toe jy ook so op die mat die een ding na die ander sit en teken en opskeur en weer teken het. Die prent van die souk is met pastelle gedoen en het ook amper in die asblik beland... 


Wednesday, January 23, 2008
Bennihana


Tuesday, January 15, 2008
Die Reënboog sheikh se motormuseum
Daar gekom... ek was so trots op myself, het ons gaan broodjies eet en die land se beroemde vrugtesap drink
en ook foto's van die woestyn uit die Jeep se venster geneem.
Niël is halpad oppad na die museum deur die kameelman opgelaai. Ek het gelukkig 'n verskoning gehad waarom ek nie op die kameel kan ry nie, want ek het 'n romp aangehad. Ek kan mos nie vir die mense nee sê nie.
Hierdie swart gevaarte is 'n soort "huisie langs die water" waar ek dink die sheikh in tuisgegaan het vir visvang. Moenie die storie aan die koerante verkoop nie. Ek het dit self opgemaak, maar dit het langs die water by die hawe gestaan... daar waar die werf is waar hulle die dohws bou.
Hy bv eenkeer sewe Mercedes'e by sy vrou gekry vir sy verjaarsdag in sewe verskillende kleure, spesiaal vir die Sheikh gemaak.
Tot die sitplekke is die kleur van die motor.
Die agtste motor is in al die ander sewe kleure.
Voor die deur van die museum staan nog 'n Mercedes op hierdie WIELE... En ek dink mens kan seker diep in die woestyn inry met die motor. Ek het so een nodig want 'n vier by vier kry my nie deur die sand nie.Toe ek en Niël so halfpad deur die museum is kom se die ou wat verantwoordelik is om die motors skoon te hou dat die museum eintlik toe is weens die sandstorm wat woed. Ons moes onderdeur die staaldeur kruip, maar die glasdeur was oop... ek vra toe maar mooi ekskuus en hy sê dis reg, ons kan maar klaarkyk... ek is bly ons het nie verniet gery nie. Dit sou 'n groot teleurstelling wees. Friday, January 11, 2008
Gold class
Ons het gereken om nazo's met kaassous te eet, maar hulle het spesiaal vir gold class hierdie bord met nie net nazo's en kaas nie, maar ook tamatie en advokado en allerhande ander lekker goedjies wat mens nie in die donker kan sien of identifiseer nie, behalwe as mens perongeluk 'n chilli raakbyt. :-o
Vir my persoonlik is dit 'n groot luukse maar groot mors van geld want ek KANNIE my oë oophou as ek eers op hierdie sagte seemsleer stoel my sit-lê gekry het nie.
Wednesday, January 9, 2008
Die Moskee
In hierdie tye sal mens 'n konstruksie perseel sien die een dag en 'n maand of so later, staan daar 'n gebou. Toe vind ons uit dat daar nou besoekers toegelaat word en ons spring in ons sheilas. Ons moet lang mou lang rokke/rompe dra en al ons hare moet bedek wees en dan natuurlik kaalvoet... Maar dis reg. Niël was net so opgewonde om die moskee van nader te gaan bekyk, maar jinne ouens, niks kon ons voorberei op wat vir ons gewag het nie.
Hierdie is die baie indrukwekkende ingang en geen manier om 'n foto te neem wat alles inpas nie. Elke sentimeter van die moskee is met marmer bedek.
Daar is marmer blomme ingelê in die mosaïek en marmer op die vloere... of die binnehof dan.
Daar is ook reliëfwerk teen die mure en hierdie pragtige pilare met die blommetjies wat in die pilaar ingelê is.
Die mat in die hoof bidlokaal, beslaan twee rugbyvelde en is die grootste ter wêreld.
Daar is 'n paar van hierdie reuse kandelare en dis heeltemal onmoontlik om dit in 'n foto vas te vang. Dit is net eenvoudig onbeskryflik.
Die houtpanele is hier en daar teen van die mure en sal dalk ook simboliek hê en die blomme wat in die houtpaneel ingelê is, is perlemoen.
In die middel van die hoofbidlokaal is kolomme pilare wat so vier vier bymekaar staan 

Die mense is steeds besig om die mosiëk in die binnehof te lê.
En buite is die tuine onder konstruksie. Sandra se navorsing sê dat 40,000 mense in die binnehof geakommodeer kan word en 5000 in die hoofbidlokaal... wow!! Klik op die link na Sandra se blog. Sy het 'n klomp baie interessante statistiek oor die moskee.
Die gedagtes wat by my opgekom het is dat ons as Christene nogal nie sulke kerke meer bou nie. Dawid wou so graag vir God 'n tempel bou om Hom te eer en onthou God se antwoord? Die aarde is die voetbank van sy voete. Hoe sal ons vir Hom 'n huis kan bou..... maar as ons as mense instaat is om soveel prag en praal te skep op aarde dink net hoe die stad van goud, die nuwe Jerusalem sal wees!
Monday, January 7, 2008
Piekniek in die park
Maar as mens partykeer 'n halfuur lank om en om 'n plek gery en parkeerplek gesoek het en dan vasgevang raak in verwonderling oor al die duur en mooi goeters as mens 'n toilet gaan soek in 'n soort luukse uithang winkel vir die rykes onder die woonstelblok langs Pizza hut, dan voel mens amper asof jy genoeg "fun" gehad het vir een dag.
Ek het foto's geneem van hoe die son ondergaan. Kyk hoe mooi is die lug en hoe weerkaats die son se goue strale van hierdie gebou langs die cornish.
Dit lyk of daar 'n vuur brand in die middel van die fontein.... en eendag as ek groot is en meer soos 'n regte fotograaf met die kamera om my nek kan loop, dan wil ek 'n kamera hê wat die waterdruppels kan vasvang. Intussen moet mens maar verbeeling ook gebruik.
Niël het al ons kos mooi uitgepak en ons is reg vir die fees. Ons het toe nie langs die cornish afgestap nie, maar huis toe gegaan vir 'n lekker koppie tee en 'n mooi dvd. Lief julle almal... Friday, January 4, 2008
Oujaarsdag in Abu Dhabi






Abu Dhabi cornish... die Breakwater cafe en ver op die horison die Emirates Palace hotel.... maak sulke skrefies oë. Ons het ook spookasem geeët, ek weet, op ons vol mae, maar mens kan mos nie "rides" doen soos by die Bloemfonteinse skou uit my skooldae... en nie spookasem eet nie.
Baie lekker, vol, taai en opwindende afsluiting van die jaar 2007.

