Thursday, July 10, 2008
Ons gaan stap
Mens kan heerlik stap op die Abu Dhabi cornish... so al met die see langs... pragtig geplavei. Nou is daar ook 'n nuwe Abu Dhabi strand... beach... en ons lees op die borde langs die pad dat die strand geopen gaan word met die langste lint in die wereld. So besluit ons ons wil die nuwe strand gaan sien, want daar is ook glo winkeltjies... koffiewinkels en roomysstalletjies ... klink wonderlik reg met my. Dis baie warm hier ouens.. dit moet ek net eers vertel. Die sewe uur die aand temperature is maklik 40. Dan is die humiditeit ook baie hoog, 90-100%. Net die inligting sodat julle verstaan van die stap.
Sandra stel voor ons parkeer by die Hilton hotel se verste punt... en stap tot by die strand ontwikkeling. Ek meet die afstand so in my gedagtes en dink dis nogals ver, maar ons maak so. Mens kan mos maar omdraai as mens so sou voel. Die ongeluk is dat mens eintlik mos eers op die pad terug voel dat die omdraai dalkies vroeer moes gebeur het. Net so tien minute na ons begin stap het, wil Elriza en Leane hule voete natmaak. Kyk hoe wasem die kamera se lens toe.. Die strand is pragtig ontwikkel. Ek het probeer fotos neem van die sambrele op strand... daar is ook grasperke met nog sambrele...
Die ou fonteine wat nog altyd deel van die cornish was is steeds daar en net so pragtig. Ek weet sommige fotos is nie so duidelik nie maar as dit julle nuuskierig maak is dit goed.
Ek sal moed bymekaar skep om hierdie mooie strand en see waaroor Elriza so sit en uitkyk, in die dag te gaan afneem. 30 mninute nadat ons begin stap het, is ek dood dors. Ek weet daar was altyd vending masjiene met water en koeldrank en om elke nuwe draai dink ek ons sal water kry. Die masjiene is weg... en toe ons uiteindelik die deel bereik waar die winkeltjies is... is dit toe.
Ek kon nie fotos neem nie want teen die tyd wat ons daar gekom het, was dit te donker en ek is nog nie so goed met die kamera nie. Daar is mense binne en in een van die koffiewinkels sit die mense en proe hulle eie koffie... maar nognie vir die publiek nie, ook nie vir dors stappers nie... Ek besef eintlik ek is in die moeilikhied en die terugstap is soos mens altyd die ouens in grappies sien... voel of ons onsself sleep terug na die karre toe. Ek en Riza hardloop mekaar amper disnis om eerste by die waterbottel in die kombuis te wees toe ons twee uur later by die huis kom ... ai wat sal mens nog aan jouself doen?
Subscribe to:
Post Comments (Atom)


10 comments:
Dis reg maat gee my die skuld. Mag ek maar daai videotjie opsit? Net ene asseblief!?
Wel jy en Elriza wat ons so aan die loop gehou het... soos jy gese het het ons nie rekening gehou met die Elriza faktor van "nog net tot daar... kom julle" maar nee jy kannie daardie videotjie opsit nie... dis was net vir julle oe..
Die mense sal dit so geniet en ek is seker almal sal dit nou wil sien. Elriza dink jy nie ons moet dit vir die mense wys nie?
Ek wil die video sien, ag toe Charmaine hahaha wat het sy nou weer aangevang. Dit klink my mos of julle hope fun het met Charmaine in die rondte!!
Muriel glo my jy wil nie die een sien nie. Dis erg silly. En ja naurlik sal Elriza se ja maat want jy en sy kan so kop in een mus wees.
;-) 'n kop in wat? dis 'n oulike afrikaanse gesegde, en ek dink ons moet daai videotjie net klein bietjie opsit, ek dink dit was so cute mam! Riza
Ek dink jy het nie nou meer 'n keuse nie. Ons almal wil dit sien :-) pps
Ek gee op... maar dit gaan nie op die argiewe bly nie ok maat? Ek gaan intussen my kop iewers onder die hooimied indruk... ;-/
Dankie!!! Jy hoef nie noual weg te steek nie, sal wag totdat jy terug is van jou trippie
Ek is dankbaar vir klein genadetjies..:-)
Post a Comment