Friday, July 25, 2008
Hallo en totsiens
Alle dinge kom tot 'n einde weet ons almal en deel daarvan is dat as een ding verby is, is dit die begin van 'n volgende. Die dag toe ek Riza groet aan die einde van haar vakansie, hoor ek ook ek is uiteindelik, na etlike maande se wag, oorgeplaas van die streekkantoor na hoofkantoor se bemarkings afdeling.
Ek het mooi totsiens se geskenke ontvang. Met hierdie oorlosie aan sal ek moet gaan opera of ballet kyk of hoe? Ek het ook vouchers persent gekry waarmee ek die stoomyster, wat soos 'n alien lyk, gekoop het. En is ek in my skik.. dis nou 'n luukse wat ek nie uit my eie sak sal koop nie. Die hondjies hol vir hom weg... en so van hulle gepraat, ek moes hulle vier dae lank sonder die besige skepseltjies klaarkom terwyl ek kursus by die akademie in Sjarjah bygewoon het.
Terwyl ek daar was, kon ek bietjie saam met Hannes en Angela en Alessia kuier. So terwyl daar niks op my blog aangegaan het nie, was ek besig met allerhande nuwe en lekker dinge.
Terug by die huis is Taffee en Didi hulle besige oulike self. Hulle maak planne om die yaskasdiertjies af te haal, want alles in die huis is hulle sin..Dankie Sandra en Nelmari dat julle so mooi na Taffee en Didi gekyk en vir Dee kom kuier en kosgegee het en vir Angela en Riza vir die mooi sms'e so op die eerste dag by die nuwe afdeling. Hoe sal ons sonder mekaar deur al die dinge kom.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)


6 comments:
wow mam, dis 'n verskriklike mooi horlosie daai! Ons sal moet gaan ballet en opera kyk met daai horlosie, en dalk is dit ook goed om aan te trek na troues toe ;-) Lief vir mam
Riza
Maat ons sal sekuriteit reel om jou op te pas as jy al daai goud en diamante ronddra :-)!
Ons het die honde vreeslik geniet, wanneer gaan jy weer weg?
Wow Charmaine dis 'n pragtige horlosie. Is daar nie dalk vir my ook 'n werkie daar nie, ek sal selfs vloere vryf? hahaha
Die oorplasing beteken dit bevordering? Dan mag ek seker sĂȘ: Baie geluk.
Ek wil sien hoe lyk die Alien stoomyster.
Ag Taffee en Didi is te oulik by die yskas!
Lekker naweek!
Ek is bly julle hou van my horlosie en ja maat ons is gelukkig dat ons in die land nie sekuriteit nodig het nie. Ek sal sommer gou gou weer die pad vat. Ek is gelukkig om julle te he.
Muriel ek sal 'n foto neem van die alien stoomyster. Ek het die naweek... tot my spyt... baie van sy ander funksies ontdek, want toe moet ek net skoonmaak.. en vanoggend voel ek dit in my skouers. Nee, my hele lyf.. ai die ouderdom...
Meis... ek sal verseker die horlosie na troues toe dra.. ek kan nie wag nie. :-) Lief jou my kind
Hi Charamine
Nou vir wat wil jy nou die horlosie net dra as dit spesiaal is. Bederf jouself en voel so bietjie ryk en dra hom sommer in die huis of as jy winkels toe gaan.
Weer so vir n slag by jou ingeloer. Sal dit noumeer dikwels doen. Is jy in n ander gebou in?
Annie
Haai Annie.
Dis so lekker dat jy bietjie by my ook kom inloer en jy is reg, mens kan maar elke gewone dag ook spesiale dinge dra en doen . Ja, ek het nou geskuif na die hoofgebou B... net agter die hoofgebou. Hoe gaan dit nou met jou? Dink baie aan julle
Post a Comment