Ons twee ou tannies daarenteen (skuus maat... jy is nie so oud nie) het 'n paar dae lank moes koes vir die son op ons tamatierooi skouers. Maar weet julle dat hierdie son mens regtig bruin brand?
Monday, July 14, 2008
Hier kom die somer die son...
Ons twee ou tannies daarenteen (skuus maat... jy is nie so oud nie) het 'n paar dae lank moes koes vir die son op ons tamatierooi skouers. Maar weet julle dat hierdie son mens regtig bruin brand?
Thursday, July 10, 2008
Ons gaan stap
Thursday, April 24, 2008
Dag een en twee...
Thursday, November 29, 2007
Die kinders speel
en mamma Beth help met die goedkeuring
Tavid en Beth is sulke oulike ouers en kry baie liefies van ounooi Riza. Hulle gebruik ook die tydjie om mekaar so bietjie te liefkoos. Is dit nie pragtig nie. Pancho moet een van die dae na sy nuwe huis toe gaan. Ek weet... my hart wil namens Riza en die res van die gesinnetjie breek, maar dis mos maar hoe dit is. Ons bid dat hy na 'n liefdevolle huis toe gaan en sal sorg vir groot pret. Friday, November 23, 2007
Johannesburg... vreeslik maar mooi
Maar ja, mens gaan mos maar waar die werk en die geld is. Ek het 'n paar keer by myself sit en dink dat ek REGTIG nie in hierdie stad wil bly as mens 'n uur lank ry aan 15 kilometer nie. Dan ook nog die taxis!!! Ek en Riza kom die eerste Sondag van die kerk af en sit vas in die verkeer op die hoofweg omdat hulle mense voorkeer wat verkeersboetes het wat nie betaal is nie. Riza hou haar asem op en ek wonder so by myself hoekom... sy verdedig en sê sy KAN nie altyd binne die spoedgrens bly nie... o Meis? Maar gelukkig word ons nie afgetrek nie... phew!! 


Sunday, November 18, 2007
Roomys vir ontbyt
Monday, October 29, 2007
Baie geluk!!
Baie geluk my meis en baie sterkte vir jou werk vir 2008. Mag Vader se Lig altyd oor jou skyn. Ek is baie trots op jou. Liefde jou mam
Monday, October 1, 2007
Babas!!
Toe Pete van die hospitaal af kom nadat hy die foon vir DJ geneem het, wou almal weet hoe dit met hom gaan en Pete sê vir Eunice "DJ is having babies". Die tweeling het dadelik die konneksie gemaak van babas en hospitaal, want hulle mamma gaan ook 'n baba hê en was baie opgewonde om vir DJ in die hospitaal te gaan kuier om die babas te gaan sien... :-) Ek hoop DJ het toe vir hulle foto's kon wys. Ek wil graag wil hoor wat die twee manne gesê het.
Na omtrent nog 45 minute kom nommer twee, koppie eerste. Hy het baie wit oor die lyfie en 'n kolletjie op sy kop. Die mamma hanteer die kleintjies baie goed en die twee boeties lê styf teen mekaar teen Beth se lyfie. Nr drie is oppad. Daar gebeur niks vir 'n hele lang ruk... te lank... die kleintjie sit vas en Riza moet help. Dis nog 'n reuntjie, maar hy is dood. Groot hartseer en trane, maar DJ ondersteun en Riza kan nie nou ingee nie want nr vier is oppad.
Weer voetjie eerste, hy skop en Riza gee kans dat Beth haar werk doen, maar dit neem te lank en die voetjie skop nie meer nie... Riza moet help en dis nog 'n reuntjie, maar hy lê doodstil. DJ gee raad en ondersteun en Riza vryf en daar is 'n skree... hy leef.
'n Baie moeë mamma Beth neem oor en doen haar lekwerk. Riza sorg dat die laaste van die nageboortes uit is en maak seker Beth en die kleintjies is rustig. Dis meer as vyf ure later.
Die storie is nog nie klaar nie want toe ek gister oggend "inloer", hoor ek dat mamma Beth en aldrie kleintjies by Riza op die bed geslaap het... kan jy nou meer
Thursday, September 13, 2007
The secret is out! Beth is pregnant
The two kids got married this weekend, it was an eventful day.
Finally, the two kids got married this weekend. I had to more or less force the mom to do her first wedding ...because of this girl thing .... what will she wear?! I weren't worried about that, I just wanted to make an honest dog of her (thats Beth)
You can just see there's no father figure in Tavids life and he have no example how to treat his future wife. I mean she had her little arm around him ... what is he doing?
and then their wedding vows were; "love each other like the Father loves you"; and "stand still guys", and then "kiss the bride" as you can see,
The mom promise me that "stand still guys" are def in the Bible and can be use as a wedding script. (Won't comment on that, she still have to study two more years)
I see problems here ... he needed a little help. Who got her pregnant in the first place and did he need help .... NO!!
.
I do hope that little Beth will get all the love and support she needs to get from her "husband" Tavid during this pregnancy.
All in all it was a feast to remember, and Mr and Mrs Tavid are now one growing happy family.
And I heard the good news that I am going to be the "mom" of one of or the only baby.. Thanks guys. It is wonderful news. Now I can" wait!!
Saturday, August 4, 2007
Oud en nuut

Die paleis is nou iets van die verlede, maar hier neem Wiehann foto's van Abu Dhabi mall. Dis nuut... die mall is sowat 5 jaar oud.
Die foto's wat Wiehann neem is van die straatkant maar aan die seekant van die mall het mens die pragtigste uitsig oor die swembad en strand van die Beach Rotana Hotel wat aaneen loop met die mall. Mens moet "ongelukkig" by 'n restaurant gaan sit om foto's te neem van hierdie wonderlike uitsig. Soos die goue koek by die Emirates Palace, moet mens so af en toe gaan cinnabons eet. Dis soos iemand eenkeer gesê het... "evil", maar o so lekker!!
Ek en Sandra deel 'n minibon. Dit bly ongeveer drie maande op mens se heupe. Ek het vir die res van die dag water gedrink om die soet af en deurgesluk te kry, maar dis 'n groot MOET proe.
Nog 'n ou plek waar ek en die seuns graag kuier, is die Al Dhafra restaurant.
Die foto van Wiehann is binne die restaurant geneem. Kyk die kenmerkende palmblaarmure. Die kos is heerlik en ek en Wiehnn kan ook sê moenie die kwartels eet nie en hou verby die oranje stuff op die poeding tafel, maar die Uhm Ali is HEERLIK. Dis 'n Arabiese brood poeding en al eet ek net 'n teelepel vol, skip ek dit nooit.
Toe ek 50 geword het, is hierdie ou foto van my en Riza en Wiehann geneem. Kyk hoe lyk dieselfde hoekie in die sitkamer nou.
Ek het die nuwe foto gisteraand geneem. Ek kan nie glo hoe baie die plant gegroei het in die twee jaar nie. Een van die dae sal ek van Vicky hulle se "duin in die huis" moet gaan haal om my "boom" te plant.

