Die lente is oppad... ons wens weer dit wil asseblief net bietjie afkoel, maar as dit warmer word by die huis gaan dit koeler raak hier en dan huppel ons almal en geniet die buite wees en die wonder van ons Pa se skepping. Bloeisels van Elma wat ek graag met almal deel. Sy se hierdie ruik ook lekker.....Asem al die negatiewe frustrasies, haat, bitterheid en irritasie uit.............. dan asem ons vrede en vergifnis diep diep in....... ruik die heerlikheid van Pa se liefde vir ons en voel hoe dit elke sel in ons liggame indring..... geniet die bloeisels.. Lief julle!!!


6 comments:
Hi Charmaine, die lente is hier, as my Jasmyn blom en mens ruik dit die hele huis en tuin vol, dan is dit of daar nuwe lewe in my kom.
Baie dankie vir hierdie inspirasie en positiewe boodskap
X X
Hi Muriel,
Dis een van my gunsteling blommetjies... Jasmyn. Geniet die nuwe lewe en die lentegevoel. Ons mis dit baie erg.
Dis rof partykeer om op mens se voete tye bly met al die dinge van hierdie wereld. Ons is daar vir mekaar...
Ons kry mos daai "lente-gevoel" wanneer dit hier herfs word en dan wil mens half bloeisels orals sien.
Ja maat... ons sal maar moet gaan blomme koop by Spinneys vir daardie herfsgevoel wat eintlik maar lente in die land is
Hier by my is die lente geel, nie pink nie, affodille orals oop wat die begin van die lente beteken maar met 3 dae aanhoudende reen en temperature onder 10 grade, en sneeu so twee weke terug wat die arme affodille se nekke amper gebreek het, lyk dit seker nie na lente vir die res van die wereld nie. Maar ook dit is ons voor dankbaar want sonder die Genade van reen sal ons nie ver kom nie.
Annie
Ai Annie, dis jammer die affodille het seer gekry. Miskien sal daar tog nog bolle wees wat blom hoop ek vir jou. En ja, die reen is inderdaad groot genade en ons sal nooit daaroor kla nie. Goeie winters lewer goeie vrugte ..
Post a Comment