Op versoek van spesiale mense wat Sandra se blog lees en wonder oor die uitstekende blogger... en opgedra aan die beste vriendin waarvoor mens kan hoop.... Om te begin moet ek net eers vertel hoe baie moeilik dit vir my is om uit te soek wat om te vertel, want ek ken Sandra al amper 20 jaar.
Hierdie eerste foto is amper tien jaar terug geneem. Ons sit in die woestyn op die enigste groen kolletjie... nie heeltemal gras nie... en wag vir tee wat Eddie besig is om vir ons te brou. Sandra is 'n vriendin wat letterlik deur dik en dun en moeilik en maklik en goed en sleg by mens staan. Ek kan 'n boek skryf oor haar. Die eerste ding wat by my opkom as ek aan haar dink, is dat sy niks half doen nie. Dit kom julle agter uit die kwaliteit van die foto's en navorsing oor alles wat sy op haar blog sit. Met dieselfde toewyding het sy vir haar familie aan vaderskant 'n familie reunie gereel vroeeer die jaar vanuit Abu Dhabi en Ronel, jy sal kan vertel hoe goed en keurig en presies en spesiaal dit was en die woorde beskryf Sandra dalk die beste... goed, keurig, presies en spesiaal.
Sy is 'n bok vir sports ook soos julle op die foto kan sien. Nelmari het vir ons 'n masker van onder andere piesangs gemaak... kan nie onthou wat die res was nie. Kyk hoe mooi stil le sy hier... sy wou baie se, maar Nelmari het net die heeltyd vertel sy moet haar mond toehou.Toe ek na 'n Arabiese troue uitgenooi is waarheen ek nie kans gesin het om alleen te gaan nie, het Sandra ingestem om saam met my te gaan. Klik op die skakel om te lees oor die troue.
Sy het 'n kindergroep begin in Abu Dhabi en ontsien geen moeite of koste om die beste musiek en programme vir die kinders uit te soek nie. Hier deel sy pryse uit vir die kinders wat die kindergroep gereeld bygewoon het en wys sy waardering vir die insette van die groepleiers. ... en tussendeur neem sy fotos sodat die familie in Suid Afrika op die blog kan lees wat die outjies aan die kant aanvang. Klik op die skakel en lees die Kinderblog. Dit is ook Sandra se handewerk. Sy het haarself ook beskikbaar gestel om die kinderkerk tydens die Afrikaanse kerk se byeenkomste te hou en sal die beste tegnieke en nuuste tegnologie gebruik om seker te maak die kinders het die beste ervaring van Christenwees...
en die maaatjie van my loop self 'n nou pad met ons Vader. Sy dra die kroon om te wys sy is Sy dogter.
Sy lei ook ons Vroue Bybelstudiegroep en na die tyd kan ons darem kuier oor 'n koppie tee en eetdingetjie soos julle nie kan glo nie.
Sy is nie baie lief vir soetgoed nie, maar soms kan mens haar ompraat om 'n soet cinnabon te deel en dan is mens gelukkig as sy net net een happie vat en die res vir my oorlos ... :-) Dan is sy 'n geen nonsens vriendin om mee te kuier.
Vra vir Annie... ons het heerlik gekuier in New Zeeland. Hier sit sy en Annie voor die mooiste klipkerkie in die ysige land.
Die foto is op die strand geneem ook tydens ons New Zeeland kuier by Annie en soos julle kan sien neem mens meeste van die tyd vir Sandra en die kamera af... dis nou as sy nie reeds gekoes het en mens net haar agterkop inkry nie. Ek hoop hierdie kort inskrywing sal al die bloggers wat graag wou weet so skrefie gee op wie Sandra is.. 'n baie spesiale mens.

11 comments:
Sjoe Charmaine, 20 jaar is 'n lang tyd!! Julle ken teen die tyd al mekaar se ins and outs!! Ag, maar dis lekker om 'n spesiale vriendin te hê met wie mens alles kan deel!
Dankie ook Charmaine dat jy jou maatjie aan ons bekend gestel het!! Lekker om 'n gesig by die naam te kan plaas! Ek vertel so baie vir my man van al julle doen en late daar in Abu Dhabi! Dis asof ek julle lankal al ken. Julle twee doen goeie werk daar in die woestynland waar Hy julle geplaas het.
Ja 20 jaar is 'n leeftyd. En dis waar wat jy se, dis 'n groot voorrreg om duer ons Vader gebruik te word in hierdie interessante woestynland wat vir so baie Suid Afrikaners 'n tydelike huis is. Dankie vir die kuiers op die blogs en al die nice kommentare..:-)
Hey mam, dis 'n baie spesiale blog, en ek's bly mam het ook geskryf oor mam se vriendin wat so baie vir enige iemand doen wat ooit iets nodig het. Liefde en groete. riza
Baie, baie dankie Charmaine. Sandra het al vir my genoem dat julle so spesiale band het meer soos susters!! Julle is bevoorreg om mekaar in julle lewens te hê!! Julle vriendskap is regtig "special"
Sandra, sien jy dit was toe nou glad nie so sleg nie!!! Nou weet ek hoe lyk my woestyn vriendinne!! Ek kuier te lekker saam julle en julle kinders!
En nou het ek nog die kinderkerk blog ook raak geloop. Ek het 'n nuwe kuierplek! Amazing!
Sy verdien die mooi komliment dankie my meis. Jou mam
Hallo Muriel,
Al wat nou oorbly is dat jy vir ons kom kuier hier in die woestyn. Ja Sandra is soos 'n sussie. Ons baklei selfs met mekaar :-)Kuier lekker op die kinderblog.. lekker om jou ook te leer ken.
Baklei??? Nee, dan is julle regtig eerder susters!! hie hie
Wow ek kan nie glo die eerste foto van julle is amper 10jaar terug geneem nie! julle het glad niks verander nie, jy het net meet hare gehad Charmaine! Ek wonder net op watter groen bos julle gesit het want dit het ek nog nooit in die woestyn gesien nie..in my 5 jaar hier..
Ja ek dink elke girk verdien so 'n goeie maatjie! dis rerig 'n geskenk van BO!!
Mens kan regtig nie meer so in die woestyn inry nie Vicky jy is reg. Maar daar moet sulke bosse wees wat wat eet die kamele? Dardie foto is baie naby aan Al Ain geneem. Kyk die kleur van die duine. Maar dit was my eerste besoek so ek kan nou nie meer se ek sal dit kry nie. Die hare? wel ja, so met die jare word die hare minder... en donkerder en nou weer witter:-)
Charmaine, ek is so bly IEMAND het die moed om foto's van my niggie Sandra te wys!!
In die toekoms sal ek foto's van haar nou jou stuur sodat jy dit kan wys vir almal :-)
Ons familie is so trots op haar en waardeer haar tyd en moeite wat sy met die Viljoen familie reunie gehad het en ook nou die familie blog. Dis regtig so kosbaar en spesiaal vir ons.
Hi Ronelle,
Dit voel of ek jou ook al ken. Dankie, ek sal graag foto's en stories van haar ontvang :-) Sy is baie spesiaal en ek het 'n wonderlike vriendin in haar. Sy is baie erg oor haar familie en sy mis julle ouens. My adres is:
gracious_communication@yahoo.com
Ek sien uit om van jou te hoor.
Post a Comment