As enige iemand 'n behoefte het ...ag waarvan praat ek, as enige iemand die tyd het, moet julle regtig dink aan so dag by die Mangwanani Spa in Fourways. Riza bel my die week voor ek Suid Afrika toe vlieg om te se dat ek Donderdag moet oophou, want DJ gaan ons bederf... en ek mag die hele tyd nie weet hoe en waarmee nie, maar sien vreeslik uit en my verwagtinge is heerlik oortref. Toe ons halfnege daar aankom, word ons met sang en tromme verwelkom en aangese om ons japonne te gaan aantrek...
Riza vou haar japon omtrent dubbel om haar lyf, maar haar ma sin kom net net toe en ek sien al hoe loop ek en keer, so ek vra toe vir 'n groter een wat hulle gelukkig toe het.
Ons eet 'n ligte ontbyt van yogurt, muffins en skons en die klein mossie eet tog te lekker saam aan die muffins en tjirp alte vrolik
'n Hele groep van terapeute het gereed gestaan om ons persoonlik te begelei na ons eerste " stasie". Om almal te akkommodeer begin almal by verkillende punte. Ons het eerste die hand en arm massering gehad. Ek het nie geweet mens se hande het soveel spanning nie. Dis baie lekker seer...
En elke keer as een groep klaar is by 'n stasie, word alles so mooi skoongemaak en lyk heeltemal vars en skoon vir die volgende groep.
Riza sien natuurlik dadelik die sonneblomme raak...sy mag maar dink dis spesiaal vir haar... :-) Die tweede massering was rug en skouers... ek moet se, die skouers het heelwat aandag gekry. Ek het die een baie geniet. die olies ruik wonderlik en mens se vel voel soos fluweel. Op 'n stadium voel ek hoe my rug plek plek warm word. Ek dog eers die terapeut se hande het aan die brand geslaan, maar toe onthou ek van die "hot stones" Dis 'n ongelooflike gevoel.
Oral rondom die oop lapas is daar so half ongerepte "tuin" wat mens laat dink jy is in die veld. Die voeltjies sing en die son skyn helder. Dis soos om 'n rukkie in die paradys te kuier. Die laaste massering voor middagete is voete en bene... ek wou sommer net daar bly sit met my voete in die warm seepwater, maar toe is die olie invryf nog beter.
Dan is dit tyd vir middagete. Toe ons by die nagereg kom, begin die terapeute sing... almal wat vir 'n spesiale geleentheid daar is soos 'n verjaarsdag, of paartjies wat getroud is of gaan trou, of 'n baba wat oppad is, word spesiaal geseen met die sang.. ek wou net tjank
Na ete kom die nek en skouer massering. As die hande lekker seer was, kan die een seer lekker genoem word. Die hoendervleis slaan oor mens se lyf uit. Die finale van die sessie is olie wat hulle in jou hare en kopvel invryf. Daarna lyk mens maar sleg, maar ai, die lyf voel sooo lekker. Sag van die geurige olies en ontspanne warm gemasseer.
Lyk die lapas nie mooi met hulle houtstoele en spierwit handdoeke en vrolike oranje kussings en strikke nie? Die voorlaaste behandeling is 'n facial, maar hulle se duidelik dit is nie skoonheidsterapie nie, maar vir ontspanning. Mens le heeerlik met toe oe en as hulle klaar is, sit hulle 'n lappie oor jou oe , en daar raak ek aan die slaap...en ek snork myself wakker en hoor hoe Elriza giggel...sies...dis nie mooi nie. Ons laaste behandeling was 'n vol lyf massering met sout of mieliemeel of borsels. My lyf was op daardie stadium baie broos. Ek het net kans gesien vir die mieliemeel. Dit was nogal baie lekker. Mens stort daarna die stuff van mens af en dan eindig die dag af met Amaroela likeur en sjokolade. Daarna kon ons 'n uur lank by of in die swembad gaan le. En raai wat doen Riza voor ons huis toe gaan? Sy gaan stort.. en toe ek by die huis kom het ek gaan bad...:-) En hare gewas... my hare was vir 'n was of twee daarna nog so syerig van die olie. Dis wonderlik!!
Klink dit na groot bederf of wat... dankie weereens DJ.
11 comments:
Sjoe Charmaine ek is so bly julle kon 'n lekker bederf saam geniet ... dis baie spesiaal. Ja die spa is nie ver van waar nie ... ons bly ook in Fourways! Ons kon dalk 'n kuiertjie ingekry het!
Mooi bly.
Desire
Hi Desire.. jinne nou weet ek. Volgende keer kom kuier jy sommer saam.Was jy al daar? Dankie vir die inloer. Ek mis julle ouens. Ek kom so min op die blogs.
Oe dit klink hemels Charmaine! Dis darem maar só lekker om so bederf te word - laat mens darem baie spesiaal voel! Dankie vir jou inloer by my blog ook - is lekker om weer van jou te hoor.
Hi Thea... dit was regtig spesiaal die spa...en ek het jou blog vreeslik geniet.
Is dit nou nie deftig nie! "Memories" gemaak, jy en jou meisiekind, né.
Hi Charmaine
Dit is 'n heerlike bederf!!!
Baie geluk met jou verjaarsdag vriendin. 'n Baie geseënde jaar vol liefde, wens ek jou toe.
Jammer ek is so skaars, ek het vir jou 'n e pos gestuur. ;)
Liefde
x x
Hi Mariki...ja deftig :-) Dit is heerlike memories. Ek het dit so geniet.
Muriel, baie dankie vir jou inloer jongie en word asseblief gou gesond. Ons almal mis jou
Dit lyk lekker maat. So jy gaan nou ons vrouens se retreat vir die studie reel?
Suid Afrika toe? enige tyd maat
Dit is nou pure bederf .....ek hou van die "dit is lekker seer" !!
Mens is dit aan jouself verskuldig om so gepamperlang te word.
Lovies
Heleen
Ek is jaloers! Bly julle het dit geniet! Ek het geen idee wanneer jy verjaar het nie Charmaine... maar baie geluk vriendin mag die nuwe lewensjaar waarlik net mooi dinge inhou.
Post a Comment