
Dan stap mens die skemer sneeu wêreld in en sien alles van 'n sneebedekte 'n denneboompie
'n igloo en
'n klein eskimo... ek is seker ek ken haar
die karretjies/stoele wat die skiërs teen die sneeuhange opneem tot doer bo waarvandaan klein en groot en ervare en onervare kan ski... in die middel van Dubai... in 'n mall. Hoe amazings is dit!!!
Of soos Nelmari met die ski boards teen woeste spoed afgly ondertoe. Nee, ek het nie haar uitnodiging om saam te gaan aangeneem nie, want daar is 'n ouderdom vir alles... dink ek sal julle met my saamstem.
Dan sien ek die warm sagte lig van die restaurante aan die een kant van die ski world en dink... dis so bibberend en skemerblou yskoud hier binne, maar sommer netnou sal dit beter wees en kan ek lekker warm koffie daar buite drink. En van die mense wat met hulle neuse plat teen die vensters staan en hulle mag dalk dink... "wow, wat 'n wonder wêreld van pret en sneeubal gooi... Ek wens ek kan daar wees. .."
En ek besef net weer hoe belangrik dit is om gelukkig te wees op hierdie einste oomblik, in hierdie einste omstandighede. Gryp die oomblik... elke oomblik. Geluk is nou.
Lief julle

