Showing posts with label Sean. Show all posts
Showing posts with label Sean. Show all posts

Friday, April 18, 2008

Kuier in Dubai

Ek het die afgelope week 'n kursus bygewoon in Dubai... change management... want niks is mos so seker soos verandering nie en in Dubai is alles gedurig aan die verander. Hannes het gisteraand sy brawe nuwe "perd" opgesaal om van Dubai af tot amper in Sharjah te ry om vir my te kom kuier by die akademie. Ons besluit om iewers te gaan eet en ek dink ek weet waar daar plek is en ons durf die verkeer aan.
Die plek is nie waar ek gedink het nie maar Hannes beindruk my met " o, ek weet waar ons is" en "kom ons gaan Festival city toe". Hy is nog net 'n paar weke hier en ek.... sal liewer nie se nie.. en ek verdwaal nog steeds. Die terugkom was nie so maklik nie want ons kry nie die tonnel terug se opening nie. Ja ek weet hoe dit kink en ons het omtrent op 'n ekspedisie gegaan om weer die akademie te kry.
Ek het so ruk terug vir Sean en Hannes gaan kuier, voor Lorraine terug was... ek kyk net die pragtige uitsig uit die woonstel.
Hannes het die mooi foto in Madinat Jumeirah souk geneem waar ons gaan eet het. Ek dog ek deel ook sommer met julle die nuwe Chinese eetplek in die Al Wahda mall hier in Abu Dahbi waar ons vanaand gaan eet het voor ek more op die vliegtuig klim om vir agt dae in Suid Afrika te gaan kuier. Ek gaan my bes doen om nuus en foto's te stuur van my kuier en Niel se gradeplegtigheid.
Dee was so bly ek is terug.. hy pas my omtrent op... hy le sommer net hier by my in die studeerkamer... nou gaan die ounooi alweer more weg en as ek terugkom, kom Taffee en Didi ook saam. Ek dink ek gaan dan heelwat te vertelle he. Nog meer goeie nuus oor die honde kinders later... met foto's.. belowe. Ek en my kamera is nog nie heeltemal so heeltyd saam nie.

Thursday, August 16, 2007

Sean en Lorraine kuier.... te lekker!!

Partykeer is daar die groot bederf van kuiermense en hoewel Sean in Dubai werk sien ons mekaar net as Lorraine hier is. 'n Kuiertjie is altyd baie lekker.

Ons het mekaar by Al Raha ontmoet. Die twee van hullle het sit en koffie drink terwyl ek soos 'n wafferse ontdekkings reisiger moes probeer om oor Sheikh Zayed road te kom na waar Al Raha teen die see nestel. Daar is ontsaglike ontwikkeling in die deel van Abu Dhabi aan die gang, maar ek kon nie foto's neem nie ouens.... dis chaos en stowwerig en ek het al gesien hoe gaan draai ek in Dubai om.

Maar ek het uiteindelik my pad gevind en hulle gekry waar hulle naby die harpspeler sit en koffie drink. Dis so heerlik om in hierdie rustige atmosfeer te wees.
Aandete was baie lekker en ons het die mooiste uitsig oor die swembad en see gehad vanuit die eetkamervenster.
Sean se werk bring hom baie Abu Dhabi toe. Hulle het vir groot besigheid in die Emirates hotel gebly en ek het saam gaan ontbyt eet. Ek kon die mooiste foto' s neem van die "paleis" aan die binne en weer die buitekant. Die tafeltjiesgedek buite op die stoep maar glo my mens kannie daar sit nie. Dis net onmoontlik warm. Ek het gou saam met Lorraine na haar kamer toe gegaan om my pakkie te gaan haal. Baie dankie vir die Afrikaanse tydskrifte meis. Ek het die kaartjie gelees en ook so gewens jy was binne... maar toe is jy net op foto's. Baie dankie vir die "kontak watertjies"
Lorraine en Sean se kuier is nog nie verby nie. Ek sal nog foto's later wys.


Liefde vir eers