Showing posts with label Dee. Show all posts
Showing posts with label Dee. Show all posts
Friday, June 20, 2008
En wat van die diere seuns hier in Abu Dhabi?
Ek en die diere seuns het 'n wonderlike tyd saam hier en ons geniet mekaar vreeslik.
Dee drink steeds sy koffie uit die kraan.
Didi en Taffee speel in die sonnetjie voor die venster.
Dee slaap op die kussing en die ander twee by my in die bed.
Ek besluit dis tyd om Didi en Taffee te laat reg maak en is skoon hartseer dat hulle die aand voor die tyd so vrolik is en speel ... Didi, het julle mos gelees se Riza, is 'n skaam enetjie.
Hier is die twee uitgespeel en elkeen kry 'n slaapplek .. Ek het die twee gister oggend veearts toe geneem met so seer hart en bietjie skuldgevoelens. Hulle gaan nie net gesteriliseer word nie, maar ook tande trek. Altwee het 'n melktand of twee wat nie uitgval het nie en dit moet ook uit en terwyl hulle slaap, gaan die toonnaeltjies ook sommer geknip word.
Alles verloop baie goed maar die veearts se as hulle lek moet hulle "lampskerms" kry. Veral Taffee moet net lek en ek keer, maar besef ek sal nie dwarsdeur die nag kan keer nie... so terug veearts toe. Dee verstaan glad nie wat ek met hulle aangevang het nie...
Ai ouens.. kan hierdie gesig nie mens se hart breek nie... Ek het toe maar die skerms weer afgehaal dat hulle kan eet... sagte kos vir so paar dae tot die bekkies beter is, maar Taffee begrawe die sagte kos onder sy kombers en seer bek of te nie... eet hy sy pellets. Ag oor twee of drie dae is alles vergete... ek is seker.. ek sal laat weet. Anders pak hulle dalkies hulle tasse en gaan saam met Riza terug huis toe..:--)
Friday, April 18, 2008
Kuier in Dubai
Ek het die afgelope week 'n kursus bygewoon in Dubai... change management... want niks is mos so seker soos verandering nie en in Dubai is alles gedurig aan die verander. Hannes het gisteraand sy brawe nuwe "perd" opgesaal om van Dubai af tot amper in Sharjah te ry om vir my te kom kuier by die akademie. Ons besluit om iewers te gaan eet en ek dink ek weet waar daar plek is en ons durf die verkeer aan. 

Die plek is nie waar ek gedink het nie maar Hannes beindruk my met " o, ek weet waar ons is" en "kom ons gaan Festival city toe". Hy is nog net 'n paar weke hier en ek.... sal liewer nie se nie.. en ek verdwaal nog steeds. Die terugkom was nie so maklik nie want ons kry nie die tonnel terug se opening nie. Ja ek weet hoe dit kink en ons het omtrent op 'n ekspedisie gegaan om weer die akademie te kry.

Ek het so ruk terug vir Sean en Hannes gaan kuier, voor Lorraine terug was... ek kyk net die pragtige uitsig uit die woonstel.

Hannes het die mooi foto in Madinat Jumeirah souk geneem waar ons gaan eet het.
Ek dog ek deel ook sommer met julle die nuwe Chinese eetplek in die Al Wahda mall hier in Abu Dahbi waar ons vanaand gaan eet het voor ek more op die vliegtuig klim om vir agt dae in Suid Afrika te gaan kuier. Ek gaan my bes doen om nuus en foto's te stuur van my kuier en Niel se gradeplegtigheid. 
Dee was so bly ek is terug.. hy pas my omtrent op... hy le sommer net hier by my in die studeerkamer... nou gaan die ounooi alweer more weg en as ek terugkom, kom Taffee en Didi ook saam. Ek dink ek gaan dan heelwat te vertelle he. Nog meer goeie nuus oor die honde kinders later... met foto's.. belowe. Ek en my kamera is nog nie heeltemal so heeltyd saam nie.
Thursday, October 18, 2007
Om vir Dee 'n pilletjie te gee
My Dee kat, soos baie van julle weet, het kroniese rhenitis... dis seker nie reg gespel nie, maar nou ja, dis nie waaroor die storie gaan nie. Soms gaan dit beter as ander kere en ek en die veearts probeer hom net gesond en aan die gang hou. Dit gaan goed, moet ek ook nou bysê. Die ou eet en slaap en speel en klim in die middel van die nag oor my as ek net aan die slaap geraak het en alles...
Maar so het ek hom verlede week weer by die veearts en ons praat oor die medikasie. Ek vertel hom dat Dee my haat as ek vir hom medisyne gee, en hy gee vir Dee lewergegeurde pilletjies wat veronderstel is om "smaaklik" te wees. Maar ek vermoed dis omtrent so smaaklik soos die koubare Vit C wat mens se kiewe vir 'n week op 'n knop trek.
Ek het een keer pille by die ander veearts gekry vir Dee. Ek het my ook moeg gesukkel om dit vir hom in te gee en eendag sit ek dit op die kombuiskas neer en Dee spring op en EET dit...so, ek sit die pilletjie ewe hoopvol vir Dee op die kas neer en hy lek nogal daaraan. Sal dit nou nie gaaf wees as hy die piletjie eet nie, dink ek, maar die hoop beskaam..
Plan nr 2. Ek vou Dee in 'n handoek toe en sukkel vreeslik om sy bekkie oop te kry, en ek kry dit soortvan reg, en gooi die pilletjie in sy keel af. Hy spring af en laat 'n bloedsteep op my arm... die pilletjie lê op die bank. Ek probeer weer... nou is daar 'n bloedstreep oor die ander arm en die pilletjie is sopnat en lê weer op die bank.
Ok, plan nr vier ... ek druk die pilletjie fyn en jinne dit stink... ek begin verstaan wat Dee se probleem is. Ek maak die wors fyn en rol die pilletjiepoeier binne in toe. Dee gee net 'n sug. Hy ruik dit sommer op 'n afstand. Dit was nie so goeie plan nie. Ek probeer vrede maak met 'n skoon stukkie droëwors. Hy stel nie belang nie. Hy kom lê nie eers op my skoot soos altyd nie.
Plan nr vyf: Sandra kom iets haal en ek gee vir haar tee en Dee en die handdoek en die pilletjie. Sy tel Dee op, draai hom toe, maak sy bekkie oop en gooi die pilletjie agter in sy keel en siedaar... en Dee het stilstuipe. Hy steur hom nie aan ons nie en gewoonlik is hy nogal baie prominent deel van die geselskap.
Teen die aand hoop ek alles is vergete, maar Dee gaan lê in die hoekie op die bank en nie bo op my soos gewoonlik nie. Selfs toe ek bed toe gaan steur hy hom nie. En vir twee dae eet Dee NIKS. En hoekom kommer ek daaroor? Want die veearts sê hy het 'n halwe kg verloor die afgelope jaar en ek moet hom bederf dat hy dit kan optel... waarmee? Hy eet nie sagte kos nie en nou wil hy nie meer droeëwors hê nie. En Riza waarmee gaan ons hom nou uit jou kamer lok?
Maar so het ek hom verlede week weer by die veearts en ons praat oor die medikasie. Ek vertel hom dat Dee my haat as ek vir hom medisyne gee, en hy gee vir Dee lewergegeurde pilletjies wat veronderstel is om "smaaklik" te wees. Maar ek vermoed dis omtrent so smaaklik soos die koubare Vit C wat mens se kiewe vir 'n week op 'n knop trek.
Ek het een keer pille by die ander veearts gekry vir Dee. Ek het my ook moeg gesukkel om dit vir hom in te gee en eendag sit ek dit op die kombuiskas neer en Dee spring op en EET dit...so, ek sit die pilletjie ewe hoopvol vir Dee op die kas neer en hy lek nogal daaraan. Sal dit nou nie gaaf wees as hy die piletjie eet nie, dink ek, maar die hoop beskaam..
Plan nr 2. Ek vou Dee in 'n handoek toe en sukkel vreeslik om sy bekkie oop te kry, en ek kry dit soortvan reg, en gooi die pilletjie in sy keel af. Hy spring af en laat 'n bloedsteep op my arm... die pilletjie lê op die bank. Ek probeer weer... nou is daar 'n bloedstreep oor die ander arm en die pilletjie is sopnat en lê weer op die bank. Dee is passief aggressief... hy swiep swiep sy stert en gaan sit en sulk voor die venster. Hy roer nie eers sy ore toe ek hom roep nie en kyk nie om nie... heeltemal doof befoeterd.
Ek moet winkel toe, so ek besluit ek sal droëwors koop en die pilletjie daarin sit. So gesê so gemaak, maar Dee ruik ruik net aan die droeëwors. (Hy dood oor droeëwors.) Normaalweg as ek die pakkie in die kombuis oopmaak kom Dee gly gly om die hoek om te kom bedel.
Plan nr vyf: Sandra kom iets haal en ek gee vir haar tee en Dee en die handdoek en die pilletjie. Sy tel Dee op, draai hom toe, maak sy bekkie oop en gooi die pilletjie agter in sy keel en siedaar... en Dee het stilstuipe. Hy steur hom nie aan ons nie en gewoonlik is hy nogal baie prominent deel van die geselskap.
Teen die aand hoop ek alles is vergete, maar Dee gaan lê in die hoekie op die bank en nie bo op my soos gewoonlik nie. Selfs toe ek bed toe gaan steur hy hom nie. En vir twee dae eet Dee NIKS. En hoekom kommer ek daaroor? Want die veearts sê hy het 'n halwe kg verloor die afgelope jaar en ek moet hom bederf dat hy dit kan optel... waarmee? Hy eet nie sagte kos nie en nou wil hy nie meer droeëwors hê nie. En Riza waarmee gaan ons hom nou uit jou kamer lok? Nou vra ek raad... hoe gee mens vir jou kat 'n pilletjie?
Tuesday, August 7, 2007
Katte, honde, leeus en kinders
Hallo almal,

Niël, my oudste, sal hierdie mail nogal geniet, want hy het diere in die sak... of het hulle hom in die sak? Hier is hy met Tavid .....in sy sak ....en met Nala by die dam.....wat sê sy vir jou seun? en soentjie van Jimmy.
Die dogtetjie wat hier onder die tafel sit, het die mooiste wakker ogies en sy is ook die meer ekstrovert. Haar boetie is meer versigtig, baie ondeund en toe William vir Mercedes, die dogterjie, op die skoot vashou het hy ook nader gekom en William met sy poot gekrap om hom ook op te tel. Oulik... ek stem saam, maar wil ek hulle in die huis... in my kamer hê? Ek dink nie so nie. Ronel het haar hande vol met die twee en slaap amper niks en kan nêrens gaan nie. En sy sê hulle eet alles wat hulle in die hande kry. Die twee het nounet begin vleis eet en moet nog so maand by haar bly voor hulle reg is vir die "plaas". Op die oomblik is dit te warm. Maar Ronel vertel dat al die diere se hokke lugversorg is. Ek belowe ons sal gaan kyk en ek sal foto's neem.
Ek het intussen my eie "leeu" en ons twee doen alles saam... in die badkamer...
dan in die kombuis, waar hy sy eie glas het en wat ek altyd moet vol hou met yskoue water. Hy drink nie kraanwater nie, maar ek kan verstaan. Ek bad op die oomblik in die water uit die koue kraan. Ek draai nie eers die warm krane oop nie. Praat van sonverwarming....
En dan slaap hy onder andere ook in die wasgoedmandjie.
Mens sien orals in die mall die klein Arabiertjies met hulle Katooras en gister het ek moed bymekaar geskraap en die klein patroon se pa gevra of ek maar 'n foto mag nee. Die mannetjie se naam is Ghaith. Hy het eers sy stokkie heen en weer geswaai en gelyk of hy wil wegkruip, maar toe ontspan hy en "pose" so mooi vir die foto. Julle moet hierdie goeterjies sien as hulle nog doek dra met die lang wit rokke....
Ons het ook diere en kindertjies in die land... tot leeus!!!! en ek het 'n blou tandmerk op my been om dit te bewys.

Niël, my oudste, sal hierdie mail nogal geniet, want hy het diere in die sak... of het hulle hom in die sak? Hier is hy met Tavid .....in sy sak ....en met Nala by die dam.....wat sê sy vir jou seun? en soentjie van Jimmy. Een van die Suid Afrikaanse vrouens wat hier is, werk vir die Sheikh en "bestuur" sy diere. Ons loop haar in die winkel raak en sy is haastig, want sy sê sy het twee leeutjies in die kar... ja ek weet. Ons het haar ook nie geglo nie, maar toe sê sy, "kom kyk".
Hierdie twee bly in haar villa, in haar kamer en slaap in die campcot. Aanvanklik was hulle maar baie skrikkerig vir ons, maar toe hulle ons gewoond raak, kon ons foto's neem en aan hulle vat. Dit was so wonderlik!!! 
Die dogtetjie wat hier onder die tafel sit, het die mooiste wakker ogies en sy is ook die meer ekstrovert. Haar boetie is meer versigtig, baie ondeund en toe William vir Mercedes, die dogterjie, op die skoot vashou het hy ook nader gekom en William met sy poot gekrap om hom ook op te tel. Oulik... ek stem saam, maar wil ek hulle in die huis... in my kamer hê? Ek dink nie so nie. Ronel het haar hande vol met die twee en slaap amper niks en kan nêrens gaan nie. En sy sê hulle eet alles wat hulle in die hande kry. Die twee het nounet begin vleis eet en moet nog so maand by haar bly voor hulle reg is vir die "plaas". Op die oomblik is dit te warm. Maar Ronel vertel dat al die diere se hokke lugversorg is. Ek belowe ons sal gaan kyk en ek sal foto's neem.
Ek het intussen my eie "leeu" en ons twee doen alles saam... in die badkamer...
dan in die kombuis, waar hy sy eie glas het en wat ek altyd moet vol hou met yskoue water. Hy drink nie kraanwater nie, maar ek kan verstaan. Ek bad op die oomblik in die water uit die koue kraan. Ek draai nie eers die warm krane oop nie. Praat van sonverwarming....
En dan slaap hy onder andere ook in die wasgoedmandjie.
Mens sien orals in die mall die klein Arabiertjies met hulle Katooras en gister het ek moed bymekaar geskraap en die klein patroon se pa gevra of ek maar 'n foto mag nee. Die mannetjie se naam is Ghaith. Hy het eers sy stokkie heen en weer geswaai en gelyk of hy wil wegkruip, maar toe ontspan hy en "pose" so mooi vir die foto. Julle moet hierdie goeterjies sien as hulle nog doek dra met die lang wit rokke.... Ek gesels gou weer. Hou die blinkkant bo
Subscribe to:
Posts (Atom)