Niël is halpad oppad na die museum deur die kameelman opgelaai. Ek het gelukkig 'n verskoning gehad waarom ek nie op die kameel kan ry nie, want ek het 'n romp aangehad. Ek kan mos nie vir die mense nee sê nie.
Hierdie swart gevaarte is 'n soort "huisie langs die water" waar ek dink die sheikh in tuisgegaan het vir visvang. Moenie die storie aan die koerante verkoop nie. Ek het dit self opgemaak, maar dit het langs die water by die hawe gestaan... daar waar die werf is waar hulle die dohws bou.Die aardbol is 'n reuse karavaan waarin daar agt kamers en ander vertrekke is word ek vertel, maar kon dit nog nooit van binne sien nie
Die massiewe trok was die enigste voertuig wat in die piramide was toe ek die eerste keer daar was. Nou is die plek pragtig omskep in 'n baie indrukwekkende museum vir al die reënboog sheikh se voertuie. (Hy het juis sy naam gekry weens sy liefde vir kleur en ek reken voertuie.)
Hy bv eenkeer sewe Mercedes'e by sy vrou gekry vir sy verjaarsdag in sewe verskillende kleure, spesiaal vir die Sheikh gemaak.
Tot die sitplekke is die kleur van die motor.
Die agtste motor is in al die ander sewe kleure.
Voor die deur van die museum staan nog 'n Mercedes op hierdie WIELE... En ek dink mens kan seker diep in die woestyn inry met die motor. Ek het so een nodig want 'n vier by vier kry my nie deur die sand nie.Toe ek en Niël so halfpad deur die museum is kom se die ou wat verantwoordelik is om die motors skoon te hou dat die museum eintlik toe is weens die sandstorm wat woed. Ons moes onderdeur die staaldeur kruip, maar die glasdeur was oop... ek vra toe maar mooi ekskuus en hy sê dis reg, ons kan maar klaarkyk... ek is bly ons het nie verniet gery nie. Dit sou 'n groot teleurstelling wees. Wat dink julle van hierdie besienswaardigheid? Wiehann, Niël is oortuig dat jy verseker die plek moet kom sien.... ek sien uit om dit vir jou te gaan wys. En ek dink ek sal die plek weer kry.