Showing posts with label platberg. Show all posts
Showing posts with label platberg. Show all posts

Tuesday, February 26, 2008

Hartplekke en spesiale mense

Harrismith het altyd vir my soos "huis" gevoel en ek dink nie daar is 'n Kapenaar wat so lief is vir Tafelberg soos ek vir Platberg nie.Meeste van die tyd is ek heeltemal gelukkig en tevrede so ver van die huis af, tot ek hierdie foto van Hannes kry.... en dan weet mens net weer jou plek is jou plek. Ek het lekker verlang trane gehuil. Maar is dit nie kosbaar dat ons Vader altyd wys Hy is daar vir ons. Soms is dit 'n lied, ander kere 'n skrif, 'n mooi brief, goeie vriende, kinders se laggies en soms is dit, soos op die foto.... 'n reƫnboog.Ek en Hannes en Lorraine is nou aldrie in die UAE.... Angela en Alessia sluit een van die dae by Hannes aan. Steyn, jy moet groot vasbyt by die nuwe skool en weet ons dink aan jou. Dis goed dat jy so gelukkig is.Alessia is gedoop die naweek en het kliphard saam gesels en gelag en was heeltemal reg om te bad nadat die lekker warm watertjies oor haar koppie uitgegooi is.