Showing posts with label Familie. Show all posts
Showing posts with label Familie. Show all posts
Tuesday, August 12, 2008
Hannes se verjaardag
Friday, July 25, 2008
Hallo en totsiens
Alle dinge kom tot 'n einde weet ons almal en deel daarvan is dat as een ding verby is, is dit die begin van 'n volgende. Die dag toe ek Riza groet aan die einde van haar vakansie, hoor ek ook ek is uiteindelik, na etlike maande se wag, oorgeplaas van die streekkantoor na hoofkantoor se bemarkings afdeling.
Ek het mooi totsiens se geskenke ontvang. Met hierdie oorlosie aan sal ek moet gaan opera of ballet kyk of hoe? Ek het ook vouchers persent gekry waarmee ek die stoomyster, wat soos 'n alien lyk, gekoop het. En is ek in my skik.. dis nou 'n luukse wat ek nie uit my eie sak sal koop nie. Die hondjies hol vir hom weg... en so van hulle gepraat, ek moes hulle vier dae lank sonder die besige skepseltjies klaarkom terwyl ek kursus by die akademie in Sjarjah bygewoon het.
Terwyl ek daar was, kon ek bietjie saam met Hannes en Angela en Alessia kuier. So terwyl daar niks op my blog aangegaan het nie, was ek besig met allerhande nuwe en lekker dinge.
Terug by die huis is Taffee en Didi hulle besige oulike self. Hulle maak planne om die yaskasdiertjies af te haal, want alles in die huis is hulle sin..Dankie Sandra en Nelmari dat julle so mooi na Taffee en Didi gekyk en vir Dee kom kuier en kosgegee het en vir Angela en Riza vir die mooi sms'e so op die eerste dag by die nuwe afdeling. Hoe sal ons sonder mekaar deur al die dinge kom.
Sunday, July 6, 2008
Ons verstom ons aan die Moskee
Dis nou so lekker dat mens so apmer naby mekaar bly so ver van die huis af.
Die familie wil graag die moskee sien en ek vind uit dat mens so mooi tussen bidtye kan gaan en ek klim op die internet om die bidtye uit te vind en kom op 'n webwerf af wat vertel van bidtye en kleredrag.
Mens ... veral vrouens, moet goed toe wees... langmoue tot by die polse en lang klere tot op die enkels plus die scarf oor die kop en ek laat Hannes en Lorraine weet, maar daar gekom staan Lorraine en Angela in hulle Abajas. Ek erken hulle amper nie.
En ek en Elriza word ook uitgerus... of toegerus. So onthou maar vir die wat die moskee wil besoek... koop maar jou eie Abaja of wees reg om daar een te dra. Hannes neem fotos en Angela sit haar arm om haar man se lyf... die "poliesman" kom se vir haar ... "no touching... and cover your hair" Angela is heel verlee en kom waarsku ons om ons hare onder die serpe in te kry en ons doen dit maar ewe gehoorsaam. Mens het mos nie lus om in die moeilikheid te wees nie.
Ons verkyk ons nogtans en weereens aan hierdie pragtige plek.
Kyk hierdie soliede glas deur...
die pilare...
marmerinsetsels... die torings en tapyt... die grootste in die wereld wat twee jaar lank deur 1200 Iranese vrouens geweef is en
Alessia het nie 'n saak met enige daarvan nie.. sy kruip op die mat rond... kan julle dink hoe sy eendag vir haar kinders die dinge kan vertel. Of dalk sal ons vertel en sy sal die foto's wys..
Monday, June 30, 2008
Hannes en Angela is weer bymekaar
Dit was maar 'n lange drie maande so sonder mekaar en Hannes was so opgewonde dat sy meisies moet kom
Hy het die aand voor hy hulle op die lughawe gaan haal het hier oorgeslaap en ons het lekker gesing terwyl hy kitaarspeel... soos lank terug..Saterdag het Hannes Angela gebring vir 'n kuier.
Ek het dit goed gedink om hulle na Al Dafra .. die Arabiese restaurant by die Abu Dhabi port te neem en hulle het dit so mooi gemaak binne dat ek amper gedink het ons is by die verkeerde plek toe ons instap.
Dis altyd 'n heerlike eet-ervaring. Angela was beindruk met die smaak van die Arabiese kosse. Na die ete het ek vir Angela gaan wys waar die "eetboot" vasgemeer staan en sy vra ons moet haar net waarsku voor ons haar op die boot neem dat sy kan pille drink vir seesiek raak. Ek dink dis 'n goeie idee... veral as eet eintlik die hoofding vir die "bootreis" is.
Die "eetboot" is 'n Al Dafra restaurant op die water met dieselfde tipe kosse. Ons sal nog eendag gaan ... dink ek. Die boot gaan eers laat uit... iets soos agtuur of nege uur die aand. Dis mos nie 'n goeie tyd vir aaandete nie?? Welkom in die UAE Angela en Alessia. Ons is bly julle is hier.
Friday, June 27, 2008
Mooie meisies
As ek skryf oor die diereseuns, dan moet ek ook vertel van ons mensemeisies.
Elma stuur die mooi foto van Amica, Ilke en Xenia an kyk net hoe groot word Xeni. Sy kruip en begin praat. Voeltjies is tjies-ties en sy kan Tikkie se... dis die groot hond se naam. Sy se ook Dadda.. En het sy nie die mooiste twee ousussies nie. Elma se die oumading is WONDERLIK... ek glo haar en ek is so jaloers.
Intussen geniet ek klein Alessia wat nou saam met mamma Angela gekom het om by Hannes, wat al van einde Maart hier is, aan te sluit.
Sy speel peek a boo en het vir haarself 'n sleutelspeletjie ontwerp. Sy maak so bromgeluidjie as sy die sleutel in haar hand het, dan laat sy dit val en bly tjoepstil... dan kom die handjie in die lug.. regte Italiaanse gebaar en mens kan haar stukkend druk.
Hannes laai haar in die kar en sy maak seker haar ma kom ook.
Ek hou so lekker vas aan die babalyfie. SOOO lekker om sulke ou kleintjies in die familie te he.
Elma stuur die mooi foto van Amica, Ilke en Xenia an kyk net hoe groot word Xeni. Sy kruip en begin praat. Voeltjies is tjies-ties en sy kan Tikkie se... dis die groot hond se naam. Sy se ook Dadda.. En het sy nie die mooiste twee ousussies nie. Elma se die oumading is WONDERLIK... ek glo haar en ek is so jaloers.Tuesday, May 20, 2008
Alessia
Hoewel ek nie kleinkinders het nie, weet julle wat my bietjie ken, dat ek erg broeis is oor die kleingoed. Ons het sulke mooi foto's geneem van Alessia dat ek darem net so paartjies met julle wil deel. Sy is 'n wakker, nuuskierige en sosiale klein aspatat wat vir baie vermaak sorg. Sy is saam met almal op die stoep en kuier en gesels terwyl sy eintlik moet slapies.
Hier sit sy in die skottel bo-op die eetkamertafel sodat mamma Angela haar onder beheer kan kry om te voer. Ek moet bysê dat dit nie eintlik gewerk het nie.
Na ete wys sy vir my en Niël die blomme.
Sy en ouma Bessie op die stoep terwyl ons wag vir koek en koffie.
Riza en Alessia wys vir ons haar "love" tights. Ons geniet haar vreeslik. Een van die dae is sy hier naby en dan sal die F.R.O.G. seker gereeld die pad Dubai toe vat om te gaan kuier en bederf.
Thursday, April 24, 2008
Dag een en twee...
En terwyl ek hier sit en skryf, is ek al besig met dag drie... die tyd gaan so vinnig verby. Dit was so lekker om die kinders weer te sien en met blomme begroet te word. Die ongemaklike sit en kannie slaap op die vliegtuig skoon vergete.
Ons is sommer reguit na Petwings se kantore om vir die hondjies se vlieg te finaliseer en gesien dat hulle nie net hulle eie hokkies kry wat spesiaal vir hulle gemaak word nie, maar dat hulle ook gourmet kosse gevoer word op die vliegtuig.

Betty dra vier of vyf nuwe klein hondjies en dis 'n goeie tyd vir die tieners om uit die huis te kom dat die mamma kan rustig raak voor die kraam. Ons het lekker saam kos gemaak en gekuier en al die honde om ons...
hier sit Jimmy onder my romp en wat julle nie kan sien nie is dat een van die Chihuahuas ook onder die romptent sit. As dag een hoofsaaklik kinders en honde was was dag twee familie en kerk. Riza lei die praise en worship... (foto's volg) Ek is nog nie heeltemal papprazzi... of mammarazzi nie, maar dis spesiaal vir DJ.
Na kerk het ons heerlik gaan eet en kuier by Angela en Hannes se huis. Hannes het die tafelgebed met sms gedoen en ons het die familie in Dubai sommer baie gemis. Hier sit ons aan die tafel voor die ete en Hannes,
die foto van Angela en Alessia is spesiaal vir jou. Ek het vir Roxanne die drukkie van jou gegee sus. Sy mis jou ook baie.

Ek moes opsluit eers saam met die kinders huis toe om met die hondjies te gaan begin bond... so sê my dogter. Hulle was baie vrolik en vol dinge en probeer die kat van die kas af kyk omdat sy daar sit en eet en hulle kan nie bykom nie.
Ek het baie tyd met Alessia spandeer. Sy is agt maande oud en by dierbaar verby.
Sy het haar behoorlik verkyk aan Niël met die kamera en
by Elriza gesit en speel met die hondjie... wat ook soentjies gekry het. Ek praat sommer gou weer... intussen het ek gaan warm skoene koop want to ek vanoggend wakker word was dit 2... ja twee... (2) grade. Jinne wanneer laas het ek so koud gekry.. Ek hou julle op hoogte. Lief julle almal
Tuesday, February 26, 2008
Hartplekke en spesiale mense
Harrismith het altyd vir my soos "huis" gevoel en ek dink nie daar is 'n Kapenaar wat so lief is vir Tafelberg soos ek vir Platberg nie.
Meeste van die tyd is ek heeltemal gelukkig en tevrede so ver van die huis af, tot ek hierdie foto van Hannes kry.... en dan weet mens net weer jou plek is jou plek. Ek het lekker verlang trane gehuil. Maar is dit nie kosbaar dat ons Vader altyd wys Hy is daar vir ons. Soms is dit 'n lied, ander kere 'n skrif, 'n mooi brief, goeie vriende, kinders se laggies en soms is dit, soos op die foto.... 'n reënboog.
Ek en Hannes en Lorraine is nou aldrie in die UAE.... Angela en Alessia sluit een van die dae by Hannes aan. Steyn, jy moet groot vasbyt by die nuwe skool en weet ons dink aan jou. Dis goed dat jy so gelukkig is.
Alessia is gedoop die naweek en het kliphard saam gesels en gelag en was heeltemal reg om te bad nadat die lekker warm watertjies oor haar koppie uitgegooi is.
Meeste van die tyd is ek heeltemal gelukkig en tevrede so ver van die huis af, tot ek hierdie foto van Hannes kry.... en dan weet mens net weer jou plek is jou plek. Ek het lekker verlang trane gehuil. Maar is dit nie kosbaar dat ons Vader altyd wys Hy is daar vir ons. Soms is dit 'n lied, ander kere 'n skrif, 'n mooi brief, goeie vriende, kinders se laggies en soms is dit, soos op die foto.... 'n reënboog.
Ek en Hannes en Lorraine is nou aldrie in die UAE.... Angela en Alessia sluit een van die dae by Hannes aan. Steyn, jy moet groot vasbyt by die nuwe skool en weet ons dink aan jou. Dis goed dat jy so gelukkig is.Sunday, December 30, 2007
Nog bietjie nuus oor Niël se kuier
Die nuus was maar stadig so oor die naweek, want ek was totaal sonder internet nadat my dial up uiteindelik nou iets van die verlede is en ek by die geledere van die "cable" konneksies aangesluit het en nou sommer permanent aanlyn is. Ons het Kersdag gevier ouens... en die groot buffet gaan eet by die Beech hotel. Ek sal dalkies apart daarvan vertel, maar net as dit miskien klink of alles oor kos gaan, vertel ek eers van Al Ain
Ons is vroeg oggend al deur om in die hotel op die berg, die Mirage, te gaan eet, maar was te laat vir die buffet. Nogtans 'n heerlik ontbyt gehad wat gehou het tot koffietyd. Ons is die berg op tot bo, mens doen dit so, maar kon nie regtig foto' s neem nie omdat die lug te vol stof was en dit was KOUD op die berg!! Ons het vinnig 'n draai gemaak by die plek waar die BAIE warm water uit die berg kom maar kon nie foto's neem nie omdat daar Arabiese vrouens was. Niël het sy voete in die baie warm water gehad. Ek moet tog uitving hoeveel grade die water is, maar glo my, dis te warm om in te bad.

ek het die kombuis gesien waar die m.... groot potte waarvan ek julle lank terug vertel het, op die houtvure staan. Mens sit nie die potte op 'n stoof nie, weet ek nou.
Die Sheikh se eerste Jeep staan voor die paleis.
Die banke in die privaat skoolkamer waar die seuns geleer is om te lees lyk vreeslik hard en ongemaklik... soos skoolbanke behoort te wees. Die wag by die hek het graag vir ons posseer vir 'n foto.
Ons is ook deur die oase en Annie en Sandra, die keer het ek die regte hek en ingang gevind.
Ons is by die Al Ain museum en fort ook in en in teenstelling met die gras en plaveisel in die paleis musem, is hier nog regtig sand soos dit moes wees. Die palmtakkamers lyk ook soos dit toe gelyk het.
Ons het probeer foto's neem van die foto's oor hoe Abu Dbabi in die sestigs gelyk het. Kan mens die transformasie glo!!
Na die besoek aan die museum waar Niël regte Arabiese koffie kon drink en in 'n regte Arabiese tent kon sit, was ons baie reg vir lekker koffie in die Rotana hotel.
Kyk die mooie kersversierings.
Laaste foto's oppad terug van die woestyn. Al Ain is altyd 'n baie interessante plek vir besoekers en selfs vir my elke keer 'n plesier.

Ek het darem 'n mooi foto kon neem van die uitsig op die berg met die fontein en groen grasperke op die voorgrond.
Daarna na die Palace museum. Daar is soveel slaapkamers en elke slaapkamer het sy sitkamer gedeelte.
Dan ook 'n koffiekamer en ouens....
ek het die kombuis gesien waar die m.... groot potte waarvan ek julle lank terug vertel het, op die houtvure staan. Mens sit nie die potte op 'n stoof nie, weet ek nou.
Die Sheikh se eerste Jeep staan voor die paleis.
Die banke in die privaat skoolkamer waar die seuns geleer is om te lees lyk vreeslik hard en ongemaklik... soos skoolbanke behoort te wees. Die wag by die hek het graag vir ons posseer vir 'n foto.
Ons is ook deur die oase en Annie en Sandra, die keer het ek die regte hek en ingang gevind.
Ons is by die Al Ain museum en fort ook in en in teenstelling met die gras en plaveisel in die paleis musem, is hier nog regtig sand soos dit moes wees. Die palmtakkamers lyk ook soos dit toe gelyk het.
Ons het probeer foto's neem van die foto's oor hoe Abu Dbabi in die sestigs gelyk het. Kan mens die transformasie glo!!
Na die besoek aan die museum waar Niël regte Arabiese koffie kon drink en in 'n regte Arabiese tent kon sit, was ons baie reg vir lekker koffie in die Rotana hotel.
Kyk die mooie kersversierings.
Laaste foto's oppad terug van die woestyn. Al Ain is altyd 'n baie interessante plek vir besoekers en selfs vir my elke keer 'n plesier.
Subscribe to:
Posts (Atom)