'n Sterretjie is gebore. Ek dink ons kan ons regmaak vir groot dinge. Hannes vertel sy vat sy vinger sodat hy die note druk vir Twinkle twinkle little star en sy sing saam... Ek kan die dingetjie opvreet!!!
Tuesday, September 16, 2008
A star is born
Friday, September 12, 2008
Lief en leed
Thursday, September 11, 2008
New Zealand se berge
Psalm 65:7 U is met mag omgewe, U laat deur u krag die berge vas bly staan;


Psalm 121:1 Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom?
Tuesday, September 9, 2008
Wat laat Annie sing
En ja natuurlik ek het n kar weer. dit laat my jubel!!!!!!!!!!!!!!!!!!:-0
Was die 12e Julie in ongeluk. Vrou het besluit die agterkant van ons kar was nie mooi genoeg nie toe vou sy hom op. Omdat dit so 'n ou model was besluit die insurance toe dat dit 'uneconomical' is om die kar reg te maak. Daar was structural damage aan die kar. Met die dat ons net die bietjie geld gehad het wat dit assuransie ons gegee het en rerig nie ekstra kon bysit nie was dit maar 'n gedoente. Op die ou end vanoggend besluit ek gaan maar vanaand auction toe. daar was 'n kar wat ek in belang gestel het. Vat toe n vriend saam wat dit al gedoen het. Gerhard het gewerk, en toe siedaar..... Na paar minute het ek 'n kar.
Het vanoggend ook die ok gekry vir my rug. Het ligamente in my pelvis geskeur, spiere in my rug tussen my blaaie en aan linkerkant van my nek gerek, my polse seergemaak en my een voet.
Moet nog versigtig wees en nie die legpress gebruik vir nog 'n week by die gym nie. Verder is ek piekfyn. Ek het nou weer wiele.!!!!!!!!!!!!!!
Baie lief vir julle
Annie
Ons is lief vir jou ook Annie. Kyk mooi na jouself jongie. Klink my jy het ook 'n goeie diens gehad... so in die stilligheid. Ons het nie eers geweet nie.
Die foto's is Annie by die ingang van die paleis museum in Al Ain saam met die wagte in hulle tradisionele drag wat glad nie omgegee het dat ons Annie saam met hulle afneem nie en nogal voorgestel het ek neem die foto teen die agtergrond van die vorige Sheikh se foto.
Die volgende foto is ek in Annie die oggend na die koffiedrink op die toonbank in 'n sopnat Queenstown.
En ek en Annie en Corli besig om regte Duite worse in sulke driehoekige broodrolletjies te eet by die mark in Christchurch. Die sonnetjie was besig om te verdwyn agter nog wolke en koue. New Zealand is so ongelooflik mooi maar heeltemal te na aan die Suidpool vir my. Maar dis alles wonderlike herhinneringe. Ons het selfs op so yskoue dag rooomys in die fliek geeet. Onthou julle... Lakehouse... dit is een van my gunsteling flieks. Friday, September 5, 2008
Wat laat Riza sing
Riza het begin sing toe sy speenoud was... en ek wou nou 'n storie daarvan maak maar besluit om net dit te plaas wat sy self se. Die eerste foto is nie so baie goed nie en nog gescan ook maar sy was 9 of 10 to die foto geneem is en die hele karavaanpark se mense kom luister en saam sing het.
Die tweede foto is tydens haar kuier hier in Abu Dhabi en ek kon haar omtrent nie kry om huis toe te gaan en die singstar bietjie te los nie. wel wat my laat sing soos ek verlede jaar in my testament/getuienis met die jeug
gedeel het is dat ek altyd sou opge-eindig het om te sing, want ek's mal daaroor
en vir my sing ek nie net as als goed en mooi gaan nie, maar ek sing graag as my hart breek - vandat ek vir Jesus leer ken het, het ek meer om oor te sing
Wednesday, September 3, 2008
Ons Kroon
Nes mens dink jy is ok dan span die Duiwel sy perde in om seker te maak hy doen groot skade om die vreugde van mens wees te steel... dan is daar motor ongelukke en beserings en siek kinders en hondjies wat opgooi nadat hulle 'n skoen opgevreet het en al sulke dinge...Maar Ons Groot Kroon is vir altyd en vir altyd.
Baie dankie Muriel (van Rensburg) vir die deel van die stukkie kosbaarheid.
Thursday, August 28, 2008
Wat laat my sing?
Ek weet nie hoe werk dit met ander mense nie, maar sekere reuke kan my onmiddelik op 'n spesiefieke plek bring en emosies laat ervaar en emosie laat my sing... en as ek die volgende vertel, gaan julle nie die ouens van die groendakkies bel om my te kom haal nie gaan julle? Ek waag dit in elk geval.... ek het altyd musiek en 'n liedjie in my kop... partykeer is dit sag en wonderlik en ander kere jazzerig en ek hou van jazz niks... soms is daar 'n irriterende rap in my kop en ander kere 'n hele simfonie of halelujakoor. Kyk August Rush dan sal julle verstaan wat ek se. So wat laat my sing??....alles.
Soos die geur van sakkoffie en varsgebakte brood ... want dit herhinner aan plaaskombuise en my familie en saamwees, liefde en warmte en iewers behoort. Ek koester die voorreg van ousus en dogter en kleindogter en niggie en tannie wees en ek voel so bederf
Die reuk van Bloekomhout wat in die kaggelvuur brand laat my droom en verlang en neem my op verbeeldingsvlugte na net waar ek wil wees... tussen die sterre of in 'n feetjietuin of iewers in 'n kasteel .
As ek die reen ruik sing my gees van ons Groot Pa se oneindige liefde vir ons en voel ek dat alles goed is.
Ruik ek 4711 laventel, sing ek 'n ode aan my ouma en ma en tantes wat elkeen op 'n ander manier aan my vrouwees geskaaf het. Al die lekker geselsies op die stoep op die plaas, wanneer mens ver ente stap, ryp appelkose pluk en gaan kyk of die klein varkies al aangekom het.
Ek sing as ek lavender ruik in die olie waarmee ek my gesig skoonmaak, die seep waarmee ek bad en die lyfroom waarmee ek myself troetel en weet dat ek Pa se dogter is, 'n prinses wat aan Sy tafel sit. Ek het jare lank gesukkel met selfaanvaarding en onbelangrik voel en die Skrif misgelees dat ons ons naaste moet liefhe soos onsself.
Mirre het vir my baie spesiale betekenis gekry. Julle weet hoe Hadassa vir 'n jaar lank met mirre en ander olies behandel is om uiteindelik skoon en geurig te wees en volwardig koningin Ester te word. Ek weet verseker dat die dinge wat diep en seer skaaf uiteindelik al die skurwe plekke glad maak, karakter bou... tot ons God se geur uitstraal... so lekker ruik dat ons mense na ons toe aantrek. Volwaardig ons rol vervul en is wie Hy bedoel het ons moet wees. Ek dra die Mirre en dit voel of my vriendin dogter by my is en ek sing van die vreugde van ma wees
Ek ruik lelies en sing oor die wonder van vriendskap en die sagte kokon wat dit om mens vorm om die aanslae van die lewe makliker te hanteer en die vreugdes groter volume te gee... EN EK SING........
Ek wil graag die mense tag wat nie blogs het nie. Annie en Riza... wat van julle..Skryf vir my dan sit ek dit vir julle op my blog.


