Wednesday, February 4, 2009
Een maand oud
Hier is die nuutste en jongste klein seunskind in die familie, James... en hy is een maand oud. Is dit nie die mooiste paar blou ogies nie...:-) Dankie tannie/ouma Rina, vir die pragtige foto.
Ek raak sommer filosofies as ek na sulke klein perfekte wesentjies kyk. Watter ongelooflike verantwoordelikheid om seker te maak dat hulle die pad suiwer loop. Na die kindergroep week en die besoek van Tanya en Werner ... klik hier...besef ek net weer watter invloed ons op hierdie wonderwerkies uit God se hand het en bid ek vanoggend vir almal wat ouers, grootouers, onderwysers, groepleiers en op watter manier ookal by kinders betrokke is, dat die merkies wat ons op hulle sal maak, positief en opbouend sal wees.
Monday, February 2, 2009
VEELS GELUK LIEWE MAATJIE!!!
Op hierdie 2de dag van Februarie vier ons saam met my maatjie Sandra haar.....hmmmmm hoeveelste verjaarsdag nou weer??
Baie geluk en vreugde op jou verjaarsdag maat... ek wens vir jou 'n jaar van baie liefde, goeie gesondheid en diep innerlike vrede.
Baie geluk en vreugde op jou verjaarsdag maat... ek wens vir jou 'n jaar van baie liefde, goeie gesondheid en diep innerlike vrede. Dankie vir jou vriendskap en menswees.
Jy is baie kosbaar.
Vir jou Psalm 71:14
"But as for me, I will always have hope
I will praise You more and more..."
Liefde
Charmaine
Tuesday, January 20, 2009
Volstoom 2009
Oral waar ek lees sien ek dis nie net vir my wat 2009 so in overdrive is nie. Ek was skaars twee dae op kantoor toe pak ek weer my tas vir 'n vier dae lange kursus... en meer van die kursus sal ek liewer nie se nie. Net toe ek bly word dat die kursus verby is, hoor ek ek is weer drie dae hierdie volgende week in Dubai by die akademie... nog 'n kursus.. mens voel heeltemal buite beheer en as ek bestuur en die gevoel kom oor my, dan ry ek stadiger, sit musiek op en haal diep asem.. My asem skep in hierdie vroee stadium van die nuwe jaar is die herleef van die heerlike tyd in Suid Afrika waar ek net weer besef het hoeveel vrede die natuur in my kom bere... ek deel graag met julle.
Ons jaag so rond en op die ou end werk mens vir die toilet en die ashoop... so het my oupa altyd gese... en die Here se hy klee die lelies van die veld sonder dat hulle 'n steek doen... en maak dit mooi om ons... skep onder andere die mooisterooiste rose sodat ons vir mekaaar kan se hoe ons oor mekaar voel. (Wiehann het die mooi naby foto geneem van rose wat DJ vir Riza gestuur het om sy ma 'n les te gee in fotografie.)
As ek dit geweet het sou hierdie foto van die seepoele by Waenhuiskrans soveel beter uitgekom het... maar ek staan altyd verstom oor die detail van ons Skepper se handewerk..
Dan die wonder van aanhou ... hoe lank moes die seewater teen die rotse slaan om hierdie seegrotte uit te kalwe... as ons kan aanhou met uithou, is niks onmoontlik nie..
Hoe lekker om op die stoep van 'n lekker eetplek te wees met dierbares en vriende en 'n uitsig oor die Noordelike koppe van Johannesburg... of tussen die plante op Bredasdorp.
Mens kan ook in jou gedagtes langs die see gaan stap by Aghullas en diep ma en dogter geselsies he...
Of sommer net oor die see uitkyk en weet ons God is groot.
En dan die dag afsluit met 'n gesellige aandete by Ons Huisie by Bloubergstrand... warm vriendelike vuurtjie in die kaggel laat brand
en bewus wees van God se hand oor ons vir geslagte lank
Saturday, January 10, 2009
Totsiens en hello
Dis vervlaks aaklig om totsiens te se. Mens moet senuwees en 'n hart van staal he om dit te oorleef... of tenminste dan tydelik. Dis makliker om diere te groet as die mense so na aan mens se hart. Ek het nie eers laaste groetfotos geneem van my geliefdes nie. Ek konsentreer te veel op deur die afskeid kom. Riza se viertjies het so op my laaste oggend lekker styf teen mekaar in die sonkolletjie gesit. Die bietjie warmte was nodig na die vorige nag se storm wat die temperatuur sommer drasties laat val het
... welliswaar net tydelik.
Bonita het die heel vakansie by my geslaap en as my oe oopgaaan in diee oggend styf teen my kop le en kliphard gespin.. Die ou vroutjie word ook nou oud.

Terug by die huis wil Didi net op my skoot sit. Die stoelsittery is nie op mails te lees nie, maar hy weet dis waar ek gaan wees.
en Taffee wil fetch speel. En as ek nie meer die bal wil gooi nie, dan rol hy sommer vir homself die bal van die stoel se rugreeling af en speel fetch met homself

Dee sit hoog en droog op die tafel... buite bereik van die besige Chihuahua boeties sodat hy naby my kan wees.
En toe doe groot bederf van 'n kuier van Hannes en Angela en Alessia..die aspatat word so groot. Sy sit soos 'n wafferse dame op die stoel en wieg

en toe ons nie haar kersgeskenk wil aanmekaar sit nie, klim sy sommer bo-op en lyk asof sy lesse gehad het in kryt vashou en teken. Kyk die konsentrasie.

Hannes probeer my fotoprogram uitsorteer. Sy ousus is eintlik rekenaar gestremd.

Ag dankie weer vir almal se liefde by die huis en weer terug in Abu Dhabi. Dankie vir William en Sandra en Liam en Armand en Vanesa vir die oppas van die huis en diere. Ons skuld julle groot
En sien, ek het 'n baie wonderlike L'Occetaine persent van Hannes en Angela gekry... dankie dankie.. X X X

Ons sal daarwees vir mekaar deur die jaar. Didi en Taffee en Dee se BAIE DANKIE
Bonita het die heel vakansie by my geslaap en as my oe oopgaaan in diee oggend styf teen my kop le en kliphard gespin.. Die ou vroutjie word ook nou oud.
Terug by die huis wil Didi net op my skoot sit. Die stoelsittery is nie op mails te lees nie, maar hy weet dis waar ek gaan wees.
Dee sit hoog en droog op die tafel... buite bereik van die besige Chihuahua boeties sodat hy naby my kan wees.
En toe doe groot bederf van 'n kuier van Hannes en Angela en Alessia..die aspatat word so groot. Sy sit soos 'n wafferse dame op die stoel en wieg
en toe ons nie haar kersgeskenk wil aanmekaar sit nie, klim sy sommer bo-op en lyk asof sy lesse gehad het in kryt vashou en teken. Kyk die konsentrasie.
Ag dankie weer vir almal se liefde by die huis en weer terug in Abu Dhabi. Dankie vir William en Sandra en Liam en Armand en Vanesa vir die oppas van die huis en diere. Ons skuld julle groot
En sien, ek het 'n baie wonderlike L'Occetaine persent van Hannes en Angela gekry... dankie dankie.. X X X
Friday, January 2, 2009
Nuwe jaar en nuwe baba
Die jaar is twee dae oud en 'n nuwe babaseuntjie in ons familie, James, is twee weke oud. Ons het so bietjie by my niggie Kiki en haar man Scott gaan kuier om die nuwe kleinding te ontmoet. Hy het net 2.6 kg geweeg, maar in die twee weke reeds 400g opgetel. Hy is breekbaar klein, maar jinne kan hy drink. Hy is defnitief vasbeslote om 'n blonde hartebreker te word.
Sunday, December 28, 2008
Krismiskat en hondeliefde
Na Kersfees en die gees van vrede en liefde leef voort hier tussen die diere. Een oggend terwyl Riza kamer aan die kant maak het die twee groot buite honde kom more se. Abby, die Bokser, en Jimmy die Jackrussel word vriendelik deur die Chihuahuas gegroet en dit ontaard in 'n algehele leksessie.
Op die bed kry Wally 'n liefie van Swart en Wit kat... ja , die meisie het nie 'n ander naam nie. Enige voorstelle ouens?
Wednesday, December 24, 2008
Geseende Kersfees
Hier in Johannesburg het ons 'n lekker rustige Oukersaand. Ons het al vroeg vanmiddag Kersboom gehou en so baie soetgoed geeet dat ons skaars lus het vir tee...
Voor die seuns weg is Jeffrey's toe, het ons... in Wiehann se woorde.. kleuterskool kos geeet met kershoede op en sommer vroeg al reeds van die geskenke oopgemaak. Die kleuterskoolkos was visvingers en chips, pampoen en patats... net vir die bietjie soetigheid sien, want Wiehann en Elriza het 'n 24 uur maagvirus onderlede gehad en ons moes maar versigtig wees met die kerskos.
Subscribe to:
Posts (Atom)

