Terwyl ek wag om ouma te word, het ek hierdie instaan seuns wat altyd vol pret is as mens so half lam gewerk en effens geirriteerd by die huis kom. Die drie diereseuns het net die regte uitwerking op my gemoed. Sandra en Nelmari kuier en ons Wii... gelukkig skryf mens dit so bietjie anders as wat mens dit uitspreek, en Nelmari deel haar grondboontjie eiertjies met ons. Toe die eiertjies val, het dit vir groot sports gesorg. Ek en Nelmari skarrel om dit op te tel
Taffee vind gou uit dis baie lekker en steel sommer Didi sin ook
Didi is glad nie seker of hy moet byt of uitspoeg nie
Hulle probeer die bal by Nelmari afneem
Maar hulle speel nie net nie, soms werk hulle ook fluks saam met ons...Didi scrap solank vir Vanessa en hou haar koffie vir haar onder oog
Taffee is meer geinteresseerd in mail lees
Hierdie diereseuns is dierbare besige goetertjies. As ek saans gaan bad gooi die twee honde die bal in die bad, en Dee probeer my drooglek. Daar is regtig nie 'n ledige oomblik nie. Ek geniet hulle so. Dankie maat dat jy altyd naby is met die kamera. Hoe anders sal ek die pret met almal kan deel.









