Terwyl ek wag om ouma te word, het ek hierdie instaan seuns wat altyd vol pret is as mens so half lam gewerk en effens geirriteerd by die huis kom. Die drie diereseuns het net die regte uitwerking op my gemoed. Sandra en Nelmari kuier en ons Wii... gelukkig skryf mens dit so bietjie anders as wat mens dit uitspreek, en Nelmari deel haar grondboontjie eiertjies met ons. Toe die eiertjies val, het dit vir groot sports gesorg. Ek en Nelmari skarrel om dit op te tel
Maar voor ons kon keer het elkeen van die seuns 'n eietjie gesteel. Dee speel kat-en-muis met syne
Die ander twee dink die veiligste plek vir die eiertjies is op my skoot... 
Taffee vind gou uit dis baie lekker en steel sommer Didi sin ook


Didi is glad nie seker of hy moet byt of uitspoeg nie


Hulle probeer die bal by Nelmari afneem

Maar hulle speel nie net nie, soms werk hulle ook fluks saam met ons...Didi scrap solank vir Vanessa en hou haar koffie vir haar onder oog

Taffee is meer geinteresseerd in mail lees


Hierdie diereseuns is dierbare besige goetertjies. As ek saans gaan bad gooi die twee honde die bal in die bad, en Dee probeer my drooglek. Daar is regtig nie 'n ledige oomblik nie. Ek geniet hulle so. Dankie maat dat jy altyd naby is met die kamera. Hoe anders sal ek die pret met almal kan deel.