Thursday, June 11, 2009
Naomi se Rascal
Friday, May 29, 2009
Ek het my kasteel gevind
Julle weet soms voel mens mos jy hoort eintlik in ‘n ander tydsvak. Of dit nou is omdat ek in my vorige lewe as ‘n lady…of prinses, in ‘n kasteel gewoon het, of sommer net omdat daar drome in elkeen van ons ingeplant is… weet ek nie, maar vandag het ek gevoel hierdie wonderlike mooi kasteel is my plek. Ek hoef niks verder te se nie. Die kasteel van buite
van binne,
die tuine…selfs ‘n walled garden (secret garden :-))
Die blomme …alles.
Droom lekker saam met my... lief julle
Sunday, May 24, 2009
Mooiste geboue
Die sprokie duur voort met die mooi geboue uit ‘n hele paar eeue gelede. Dis so lekker om na die geboue te kyk en te weet dat baie vorige geslagte dieselfde gedoen het. Ek sal later vertel van die Lochness monster wat ongelukkig besig was die dag toe ons gaan kuier het... maar dan het ons nie die Whisky ding gedoen nie
Ons het tot by Inverness gery. Dit was die hoofstad van die Viking tyd… kan julle dink. Hierdie is die binnekant van die mall.. Mens wil net koop maar die tasse is bietjie klein.. Ek het wel nog CD's gekoop vir luister in die kar. En deur die musiek het ek 'n hele klomp geleer van die Skotse kultuur en wat die mense laat sing
Hierdie is die stadshuis in Inverness en dis nog in volle gebruik. Daar is kantore van Advokate en prokureurs
En kyk hierdie kerkgebou. Ek het julle vertel van die klooster by Jedburgh wat 84 jaar geneem het om te voltooi... hoe lank sou hulle aan hierdie kerk gebou het? As mens deesdae in die strate van Abu Dbabi of Dubai ry, lyk die strate van een week na die volgende totaal anders soos die geboue soos paddastoele opspring... en dalk sal hulle ook net so lank soos paddastoele hou.. nie 5 eeue nie.
Hierdis is 'n ry van sulke ou geboue in Edinburgh. Ek geniet die feit dat dit nie monumente is nie, maar dat mense nog daar woon en shop en leef.. Dis baie spesiaal.
Ek probeer gou weer gesels. Ek het eintlik 'n duisend dinge wat ek wil deel en foto's wat ek wil wys.
Friday, May 15, 2009
Eerste indrukke
Dan het julle op Sandra se blog gelees van hoe ons tussen stasies en treine gehardloop het. Julle weet daardie liedjie van Lochner de Kock en Richardt van der Westhuizen... maar ons klim na twee en 'n half uur stokflou gehardloop by Watford stasie af en daar is 'n fietswiel aan 'n heining vasgemaak. Toe wonder ons.... is die res van die fiets gesteel, of wat... en ek hou my sak stywer vas.
Ons is, soos julle op die foto kan sien... ook Engeland uit en Skotland in... mens kan amper se die wind waai ons uit die een land in die ander land in. Die huise is stokoud... pragtig. Julle gaan nog moeg raak vir al my straattonele , maar Niel, jy sal vir jou mam prentjies maak daarvan ne? Dit voel heeltyd of ek in 'n sprokie is.
Alles is pragtig groen, en julle sien ook stukke van die muur wat die Romeine gebou het as die verste Noordelike grens van hulle ryk... Ek sal fotos wys van die kastele en dinge, maar sien solank die foto van die Abby by Jedburgh.. ek het eers gedink dis 'n tronk, maar toe nie. Die tronk kom nog....die Abby het 84 jaar geneem om te bou. Dis sover my storie en mengelmoes van fotos... Ek sal beter doen met die stories en geskiedenis, want soos julle weet, is die geskiedenis van die amazing land, baie indrukwekkend. So deurmekaar soos die eerste inskrywing klink, so oorweldig het ek die eerste twee dae gevoel deur alles wat ek sien en ervaar. Lief julle almal..
Tuesday, May 12, 2009
Alessia se kuier
Sy gaan weer saam met ons omgeegroep toe. Ons kry 'n dooie gecco onder die tafel en sy gaan wys almal wat inkom.
Na die les klaar is, is dit tyd vir buite speel en klein meis ontdek saam met die ander kinders, die poel water van die spreiers op die driving range en toe begin die groot pret van spat en speel. Toe sy terug is by my, moet die nat klere uit.
Ek dink nie ek was om die draai nie, toe raak sy aan die slaap. Dankie vir die kuier. Ek gaan julle mis die volgende maand... Lief julle Saturday, May 9, 2009
Opera en Simfonie bederf
Monday, May 4, 2009
Die eienaardighede van Abu Dhabi
Maar die ander oulike ding van hierdie, meestal handelaars uit Indie en Iran en Pakistan, is die name van die winkels. Ek het baie pret soggens as ek deur die strate kantoor toe stap om te probeer uitmaak waarom 'n materiaal winkel "Honey", of "Gulf Tower", of "Blue Sky" of "Aroma Clothes" genoem word
Wat is a decent saloon....
en wat is "My Shop"?
Een van die klerewinkels is sommer net "Happy"...
Die duiwe is 'n ander storie. Daar was eers baie baie meer van hulle. Die rede hoekom hulle minder word mag wees dat dit nou te warm word hier, of dat die meeste liewer in die oggend vroeg eet... want die eintlike rede, en die een wat ek nie wil glo is waar nie, is dat daardie man wat hulle voer, soms 'n net oor hulle gooi en van hulle vang.... vir wat??? Die pot? En dis tog te aaklige gedagte.
Lief julle almal

