Friday, September 18, 2009

Chocholate story

Ek was bietjie lank van blog af en het 'n week lank heerlik in Suid Afrika gaan kuier en vars koel lug diep in my longe ingeasem en allerhande wonderlike dinge gedoen waarvan ek natuurlik sal vertel. Ek het ook al vir julle vertel dat ek na storieman geluister het oppad Dubai toe en terug, maar ek is deur al daardie cd'S. Kan julle glo... so, ek is terug by radio en nes by die huis , kan ek die musiek net tot op 'n punt hanteer dan raak dit te veel vir my. So nou skakel ek oor na BBC en luister tot ek sein verloor of hulle oorskakel na Arabies. Nou die dag het ek die beste goeie nuus stories gehoor in 'n lang lang tyd en kon nie wag om dit met julle te deel nie.


Rondom 1879, het Lord Cadbury sy sjokolade fabriek van Birmingham na Bournville geskuif. ( Ja, nou weet ek Cadbury kom nie oorspronlik van Suid Afrika af nie en ook nie van New Zealand nie, dit is Engels) Die Lord Cadbury het gesien sy sjokolademakers ( mens kan nie se werkers nie....die werk is te lekker daarvoor) bly in moeilike omstandighede in Birmingham in die industriele gebied en het baie sosiale probleme, soos in elke industriele gebied in die wereld. Die huise was klein en meestal nie teogerus met warm water of elektriesiteit nie. In 1895 besluit hy om 2.5% verbande beskikbaar te stel vir eerste huiskopers. In 1919 is nog 363 sulke eenhede gebou.

Die bou en ontwikkeling in Bournville gaan steeds voort. Hierdie is van die nuwer eenhede wat daar gebou is en ja, die Cadbury mense bly steeds daar, maar enige iemand anders ook. Lord Cadbury het van die begin af gedink dit is goed dat die sjokolade makers ook met ander mense meng en assosieer.

Hulle het ook onderhoude gehad met van die mense wat oorspronklik daar gebly of grootgeword het en die een vrou vertel watter groot verskil dit was van die industriele area na Bournville, hoe die sosiale probleme verminder en die mense se eiewaarde gestyg het. Ek het sommer hoendervleis gekry. 1928 is die "sunshine houses" gebou. So genoem oor die groot suidfront venters, en die "ten shilling houses", so genoem omdat die maandelikse huur tien shillings was.

Lord Cadbury het in 1922 St George's Court gebou en voldoen aan 'n groot behoefte aan behuising vir ongetroude professionele jong dames. Dit het betaan uit 49 semi gemeubuleerde woonstelle... "bedsitters"...as iemand weet wat dit beteken.

In 1950 begin werk aan hulle grootste projek ooit. 750 Eenhede en winkels vir die The Shenley Fields Neighbourhood ontwikkeling.1979 bou hulle meer eenhede vir enkellopendes en jong gesinne, en in 1983 word die grootste solar village vir die tyd in Oos Europa gebou. In 1989 volg die projek in Meadow Rise en in 1994 word die laaste 15 akker onontwikkelde grond ook bebou. Dit sluit ook die grond in waarop die David's House, ( 'n seun van Lord Cadbury) gestaan het.

Die ou deel van die dorp ( village) is in 1996 herbou waarna meer ontwilkkeling volg. Bloomsbury se laaste fase in 1997 en 1998 en uiteindelik nog 800 eenhede in 2001, 2004 en 2005, die "Shopshire More" ontwikkeling , en so gaan die verhaal aan en aan... mens kan amper se en almal het vir altyd baie gelukkig gewoon.
Die omgewing en die tuine is pragtig. Ek lees op die internet dat daar jaarliks 'n Bournville festival gehou word. Die joernalis skryf dat die mense van Bournville vriendelik en gemaklik is.

Na die storie oor Bournville, luister ek toe ook na 'n onderhoud met 'n besigheidsman van Gambia wat dieselfde vir sy werkers doen, gebasseer op soos hy se, sy pa se filosofie dat mense se lojaliteit waardevol is en om in mense te bele. Hy verskaf ook huise en rygoed aan sy mense en na 'n sekere aantal jare by sy firma, word die mense die einaars van die eiendom. Toe die onderhoudvoerder hom vra of dit nie diep delf in sy winste nie, se hy dat dit gierig is om 95 % van die wins te hou en net 5% af te staan aan die mense wat verantwoordelik is vir die welvaart van die maatskappy. Hy se sy mense is lojaal en werk baie hard en sy winste is uitstekend... is dit nie die mooiste stories nie?

Friday, September 11, 2009

eenwoord tag

Tags is fun en alles en moeite soms maar die een is onmoontlik. Ek ken Sandra al 21 jaar en mens kan dus verseker se ons het al 'n sak sout saam opgeeet. Om 21 jaar in een woord vas te vat is regtig onmoontlik. Ons ken mekaar se negatiewe en positiewe kante en alle kante. Ons koop al dieselfde bloesies op verskillende tye en weet nie daarvan nie en dra dit na dieselfde geleentheid :-) en eet baie keer dieselfde kos ook, maar interessant genoeg, hou ons nie noodwendig van dieselfde kosse nie... so nou het ek so gedink:

Ek deel my diepste geheime met haar en sy maak nie issues daarvan nie

Ons vererg ons soms vir mekaar sonder om 'n grudge te hou

Ons kan baie lekker saam toer want ons laat nie klein verskille in ons pad kom nie

Ek kan lekker by haar afpak as ek 'n goor dag by die kantoor gehad het

Sy luister as daar iets spesiaals met my en myne gebeur

Sy bid saam as daar 'n krises is

As ek haar vra om na my diere te kyk terwyl ek weg is, doen sy dit met liefde en bel selfs om te vertel hoe dit met hulle gaan

Ons werk lekker saam want ons ken mekaar se swaktes en sterktes

Ons deel 'n passie vir kinders en hulle ewigheidswaarde

Ons kan mekaar laat wees wie en wat ons is sonder om mekaar te probeer verander

Daar is geen voorwaardes in ons vriendskap nie

Ons buit nie mekaar se swakhede uit nie, maar vul aan en hou die einddoel in die oog

Ons leen niks by mekaar wat ons nie teruggee nie, veral nie geld nie

Ons kan lekker saam lag en huil

Ons het baie fun saam en geniet mekaar se kinders... Nelmarie, soos julle weet, is my "ander" dogter

Sy gaan uit haar pad om my kinders rond te ry as ek werk en hulle kuier hier en doen dit met opregte vreugde en neem selfs fotos :-)

Sy ken my en aanvaar my en verstaan my. Ek kan totaal myself wees sonder om te vrees dat sy my ooit sal blootstel

Ek voel veilig in ons vrienskap

Ek vertrou haar met my lewe

so om alles mooi saaam te vat.... sy is BESTEMAAT
En as ek nie genoeg dankie se vir jou vriendskap nie, dan se ek dit nou hier voor almal wat hier lees.... dankie maat

Ek tag Naomi om my in een woord te beskryf

Al die ander mense wat my so bietjie of meer ken is reeds getag...

Ek lees lekker aan die ander blogmaat se stryd om mekaar in een woord te beskryf. Doen so voort.

Wednesday, August 26, 2009

Lochs en oseane

Toe ek begin het met opleiding in 1995, het die "master trainer" ons 'n speletjie geleer om die mense wakker te hou na middagete en ek moet se, die speletjie het baie emosies geroer. Mense moes onder andere skryf hoe die see hulle laat voel en wat hulle dan vir mekaar vertel het, was hoe hulle oor hulle verhoudings voel. Dit was bedoel om lig te wees, maar soms het die pyl net te naby die kol getref. Ek is gek oor water...en ja, ek is gek oor mense. Die variasies van verhoudings fassineer my intens. Toe ek weer deur my mere en oseane fotos gaan, het ek aan die speletjie gedink en miskien kan ons uit die hoek na die fotos kyk. Hierdie is 'n foto van Loch Ness van die hotel en toeriste sentrum se kant af. Dis baie waters..en mens kan verstaan dat daar 'n Nessie in die dieptes kon huis maak. Maar op die spesifieke tyd het die wolke weer dreigend na reen begin lyk en dit weerkaats in die water. Mens sou kon se dat onse daaglikse moeilikhede en kommernisse in ons verhoudings weerkaats en rimpelings van spanning veroorsaak.

Hierdie is Loch Ness uit die hoek van die Urquhart kasteel wat op die oewers gebou is en al bestaan het toe Alexander die Grote groter mag gesoek het tussen 1198 en 1249. Later het die Skotte die kasteel teruggewen maar dit aan die Engelse moes afstaan...en weer terug geneem...en dan in Skotse hande het die MacDonald clan hard probeer om die kasteel oor te neem. Die aanvalle het honderde dood agtergelaat .... tot in die 1600's, toe die mense van die Great Glen besluit het genoeg is genoeg en die kasteel se mure begin afbreek het om hulle huise mee te bou. Watter seer stories sou die oenskynlik kalm waters kon vertel

Die foto het ek uit die kar in die ry geneem terwyl ons na Skotse musiek luister. ( Ek het drie cd's gekoop) Onder andere sing hulle van die donker waters van Loch Lomond... sou dit so lyk? Soms kan ons verhoudings baie diep en donker voel, maar kyk hoe helder breek die son deur. Daar is altyd iemand wat mens se gees warm en lig laat voel

Die Teems en die Tower of London brug... Die troebel waters laat my dink aan ons verhoudings in die besigheidswereld. Die brug lig natuurlik op om die reuse skip deur te laat, soos ons partykeer agteroor buig om te werk en geld bymekaar te maak sodat ons kan bly voorsien in ons en ons andere se behoeftes.

Hier kruip die see tussen die eilandpunte van Isle of Sky in... spieelglad en rustig, in afwagting van nog water uit swaar grys wolke. Sou dit kon herhinner aan volwasse verhoudings wat kan absorbeer en verwerk sonder om die walle te breek?
London Bridge wat al 'n paar keer afgebreek en gebrand en herbou is, span steeds styf oor die Teems om mense veilig van een kant na die ander te bring. So bou ons brue om mekaar te bereik al is daar baie pogings om die kontak te breek en die verhoudings te laat skipbeuk ly
Ai, een van my gunsteling fotos. Dit is die Ierse kus, of deel daarvan, en herhinner my aan my verhouding met God. Klein en nietig teen die grootheid van Sy skepping. Die pragtige skakerngs van blou en pienk is soos die nuanses van aanbidding.. soms wil mens net stil saam met Hom die pad

Nog Ierse waters en uitbundende wind wat huppelende branders maak. Daar is sulke vreugevolle oomblikke van verspot wees wat soos medisyne in ons verhoudings werk om seerplekke te salf en die bande weer sterk te maak.

Dan is ons weer terug by die Ierse kus en die keer is dit erg klipperig en onherbergsaam, maar asemrowend mooi. En ja, ek dink weer aan my verhouding met Vader as daar dinge is waaroor ek bid en dan ander antwoorde kry as die wat ek verwag. Al sulk ek soms so bietjie oor ek nie my sin kry nie, kan ek terugstaan en my verwonder aan die uitkoms as Vader se planne vir ons lewe in plek val.
En dan die grand finale!!!! die Cliffs of Moher... en hier raak my woorde op. Klik op die foto en maak dit mooi groot oop en vertel vir al die blogmats waaraan in ons verhoudings dit herhinner... anders, geniet net hierdie onbeskryflike grootheid van die Skepping saam met my.

Lief vir julle.

Skape en Highland beeste

Die diere in Skotland en Ierland is ook gepantser teen die koue... hoe dan anders.. ons Groot Pa sorg mos vir alles en almal. Dis nou nie dat ek nie skape en beeste ken nie. Ek het mos nie verniet in die Vrystaat op 'n plaas my grootword jare se vakansies deurgebring nie. Ek se trouens ek het op die plaas grootgeword, want dis hoe ek voel. Die diere van die UK is anders. Hierdie foto het ek in die VINNIGE verbygaan geneem en einlik die kalfie met sy hare wat so in sy oe hang gemis. Ek dog ek sien verkeerd, maar later het ons weer by van die Highland beeste verby gery. Kyk hoe pragtig nestel Fort William teen die hang van die berg.Die skape het sulke lang wol jasse aan. Seinde begin somer begin die skape juk op plekke waar hulle nie kan krap nie en die wal moes maar die doel dien vir die ene :-) Toe ek dit sien het ek verstaan waarom daar oral teen die drade en walle sulke wolle vassit.

Die lammetjies is opvreetbaar oulik en ek wou so graag enetjie 'n drukkie gee. Maar hulle wou nie. Hulle is mollig en pragtig en lyk meer soos soft toys as skape. Kyk hoe waai die vroegsomer wind die drie se woljasse.

Ek moet net vir julle wys hoe hang hulle se hare in hulle se oe. Is dit nie cute nie. Ek het die foto van die internet af gesteel vir julle. Ek was ongelukkig nie so naby aan die beeste nie. Hulle het my so fassineer dat ek vir Alessia 'n boek gekoop met met 'n storie oor Heather the Highland cow, maar seinde nog nie heeltemal twee nie, het sy die boek terug gesit in die speelgoedlaai vir eendag en liewer met die klei feetjies gespeel :-)
Ek het baie van hierdie fotos van die groen weivelde met die skape. Hierdie is een van die mooies wat pas by: Hy laat my neerle in groen weivelde, na waters waar rus is lei Hy my heen.
En toe ons op 'n stadium oor 'n bult ry, kom ons op hierdie tienerskaap af wat sy oggend bo-op die klipmuur deurbring en nie weghol vir die karre en fietse wat verby kom nie. Toe ons stilhou het hy opgestaan en baie te se gehad, maar steeds nie afgespring nie. Wie se skape het nie ook persoonlikhede nie. Ai, dit laat my nou dink aan die hanslam wat ons op die plaas grootgemaak het wat saam met ons en die honde gaan stap het en die honde se krummelpap en melk geeet het....

Die storie van die klipmure is dat die boere die klippe uit die landerye en weiveld moes kry en dit opmekaar begin stapel het. Op die plaas moes die klip aangery word om die mure te pak. Elke klip se plek word gesoek, amper soos puzzle bou. Geen druppel sement word gebruik nie. Nou verlang ek darem plaas toe!!!

Tuesday, August 18, 2009

Honde - en ander soort Engele

Hierdie is 'n baie besondere foto wat Sandra van Elriza geneem het tydens een van ons kindergroep byeenkomste. Die son wat deur die venster was op hierdie oomblik soos 'n soentjie van Groot Pappa ...en die storie wat ek nou gaan vertel, onderstreep die feit dat Hy nie net na haar nie, maar na ons almal kyk... altyd. Ons moet net leer raaksien dat daar Engele in baie vorms en gedaantes om ons is. Het Jesus nie vir Sy disippels gese as ons swyg, sal die klippe uitroep en ja, ek glo dit sal, want Hy kan 'n donkie maak praat en hou 'n man lewend in 'n vis se maag vir drie dae. Ek praat verlede week eendag met Riza en sy vertel dat iemand probeer inbreek het by een van die simpleks eenhede in die kompleks... niks nuuts nie, dis mos die verhaal van ons lewe in Suid Afrika. Riza is maar erg onrustig na die vorige baie nare ervaring wat hulle gehad het. Die volgende oggend bel ek om te hoor of sy ok is en sy vertel dat Tavid die vorige aand baie onrustig was en kort kort na die heining se kant toe geknor het... ai tog, "maar ma," vertel sy, "toe ek op 'n stadium by die vester uitkyk, sien ek twee yslike groot honde die heining patrolleer. Miskien is dit Pappa wat my laat weet dat Hy na my kyk." Sy het later die dag gaan uitvind van die honde....waarvan niemand geweet het nie. Geen partrollie honde by die kompleks nie... Ek het die heeldag met so heerlike warm gevoel rondgeloop. Is ons Pa nie amazing nie..... dit het my ook herhinner aan my eie ervaring met honde toe ek net begin skoolgaan het...... baie jare terug....

My pa is dood binne twee weke na ek my eerste skooljaar begin het en ons het na 'n woonstel toe getrek vanwaar ek moes skool toe stap, want my ma het al 7h00 soggens begin werk. Ek was maar onseker want dit was oor die eerste robot en dan regs en dan oor die volgende robot en en so en so. Die eerste oggend toe ek by die robot staan en wag, was daar skielik die groot hond langs my...en ek wou net heeltemal lam raak van vrees want ek was bitterlik bang vir honde, maar ek het vreemd ok gevoel. Die hond het saam gestap tot by die skool...en die middag toe ek uitkom, het hy by die skoolhek vir my gewag ....en sowaar saam met my gestap tot by die laaste robot voor ek die woonstel bereik. Die volgende oggend was die hond weer by die robot en die middag weer by die skoolhek vir my gewag.. 'n paar dae na mekaar. Ek het heeltemal my vrees vir honde oorkom en kon later my hand op sy kop sit. Ek het baie gemaklik geraak met die pad skool toe. Een oggend was die hond net nie weer daar nie.

Toe ek 'n paar jaar terug vir Sandra kom kuier het hier in die UAE, het sy my Dubai lughawe toe geneem en baie vroeg oggend in stikdonker en baie digte mis, moes terug ry Abu Dhabi toe. Sy het maar baie voel voel gery en die volgende oomblik was daar 'n trok voor haar. Sy besluit toe, eerder as om verby te steek sal sy agter die trok aanry en die liggies volg en op die pad bly. Toe sy uiteindelik Abu Dhabi inry, was die die mis weg, maar ook die trok....

As iemand wat hier lees, dalkies alleen, bang en onseker voel, weet dan: Hy sal Sy Engele aangaande jou opdrag gee, om jou te beskerm, waar jy ookal gaan. Ps 91:11

Wednesday, August 12, 2009

Kom ons gaan berge toe

Ek weet ek is nie die enigste persoon vir wie berge 'n baie groot bekoring en aantrekkingskrag inhou nie. As ek tientalle fotos van vensters geneem het, het ek honderdtal fotos van berge geneem... en mere. Maar daaarvan vertel ek volgende keer. Ek voel soos Petrus gevoel het toe die verheerliking op die berg plaasgevind en hy so vasgevang was deur die magiese oomblik dat hy sommer 'n hut daar wou bou waar almal kon bly. Hierdie berge laat my so voel... Ek kan sommer net daar gaan bly... al le die berge nog so blou Berge is vestings en daar is talle van hieride murasies wat so op 'n hoogte gebou is. En dan besef mens dis nie die plek waar die tempel van die Here staan en waarheen ons in die laaste dae sal stroom soos Miga 4:1 se nie.

Die suide van Skotland is heuwelryk, maar nie bergagtig nie. Die dag toe ons die pad vat van Edinburgh na Fort William, het dit algaande al hoe reeneriger, donkerder en kouer geraak... vertel die foto die storie? Ek het erg benoud geraak dat ek gaan verkluim en die landskap was erg onherbergsaam. Dreigend eerder as verwelkomend.

Die hooglande... die land van die Skotse tribes... vurige veglustige mense. En baie taai... wil ek byvoeg, want as dit vroegsomer so lyk en so koud is, dan moet mens 'n 'n krokkodilvel he om in daardie kort Skotse rompe en "bobbie-socks" die winter te oorleef.

Die groen vertel dat die sneeu gesmelt en die somer gekom het.... of hoe? Wat dan van daardie grys newels...? maar op sy eie manier vreeslik mooi... met die klem op die vreeslik.

Prentjie mooi gooi die berg sy skadu oor die groen vallei. Ek kon nie genoeg fotos neem nie.

Ru....is die woord vir die klipagtige berghang. Maar ek sou hier kon bid en skuil en vir die sagte suising van die wind luister en God se stem hoor.

En alleen met God wees op die plek, soos Moses toe hy die tien gebooie gaan haal het. En niemand sal naby kom nie, want dis donker en geheimsinnig

kyk hoe omarm die berge die vredige stuk water.... waters waar rus is.

En as mens deur die hoogland is, oorweldig die groen mens amper. Wie sou so gelukkig wees om op hierdie berg tussen die bome te bly? Vir die mense het die meetsnoere beslis in lieflike plekke geval. Wonder of hulle die skoonheid nog raaksien elke dag.
Hierdie huisie is op Isle of Sky.... ai, ek wil 'n huisie in die berge he. O ja, ek het net so baie fotos van skape geneem. Ek moes die een eintlik gebere het vir daardie blog. Dis 'n storie op sy eie vir 'n ander dag.

Monday, August 3, 2009

Vensters

Ai, ek is so moeg teen my eie handskrif vasgekyk, maar ek kom nie by blog uit nie. Dit gaan maar rof, maar ek kla niks want ek geniet my werk. Mense vra vir foto's van my vakansie in Ierland en Skortland en toe ek so deur die fotos kyk, kom ak agter hoe baie van die fotos is "venster" fotos. Ek sit en wonder daaroor.... maar tot ek my fassinasie met vensters uitgepluis het, kyk hierna....


Hierdie is natuurlik 'n venster in "my" kasteel met 'n uitsig oor die tuin vanuit die eetkamer... sooo mooi.

Kyk hierdie baie venster van 'n pragtige gebou in Londen... nee ek weet nie wat is hom naam nie :-) maar die vesters lag... dink julle nie?

Die vensters is soms baie laag . Kyk hoe kyk mens so van bo af binne in die winkel in.


Ek hou sommer baie daarvan.

Sandra en Annie deur die venster van die Harry Potter trein tussen Fort William en Mallaig. Annie doen die "pose" ding.

In Inverness, die hoofstad van die Vikings, is hierdie winkel met die mooie vensters binne die mall. Ek kon sommer net neus teen die vester staan en "intuur" na al die kreatiewe kuns goeters binne.

Die vensterbanke van die ouer huise in Skotland is breed met prentjiemooi gordyntjies en meestal 'n mooi blom of ruiker... hierdie is op Holy Island in die suide van Skotland geneem.
Ook op Holy Island in die kerkie van St Mary... elke tweede kerk heet St Mary's... Ek weet baie mense deel die bewondering vir pragtige loodglas vensters.

Die St Mary's katerdraaltjie binne die kasteel in Edinburg spog eeue lank met die venster. So klein vestertjie wat amper teen die dak sit... vir lig glo ek. Mooi gekleurde lig in die grys weer.

St Mary haarself uitgebeeld in een van die vensters van Edinburg kasteel. Kyk die pragtige vlegsels.

Ek lees in die Bybel van die koning van Egipte wat so deur sy venster staan en kyk na Abraham wat sy mooie vrou, Sara, omhels... na hy gejok het dat sy sy suster is.... en van Isebel wat deur die venster uitgegooi is... van die jongman wat onder Paulus se maraton preek aan die slaap raak en hom dood val uit die venster, van Dawid se vrou, Migal, wat met wrewel deur die venster staan en kyk hoe Dawid voor die ark dans....

Toe ek jongmeisie drome gehad het oor hoe my huis eendag moet lyk, was een van die eerste dinge wat ek wou he vensters met bree vensterbanke waarop mens kussings kan sit sodat mens na die tuin kan kyk... soort van buite wees van binne... ek droom steeds oor daardie huis...

Hoe voel my blogmaats oor venster?