Hierdie is 'n baie besondere foto wat Sandra van Elriza geneem het tydens een van ons kindergroep byeenkomste. Die son wat deur die venster was op hierdie oomblik soos 'n soentjie van Groot Pappa ...en die storie wat ek nou gaan vertel, onderstreep die feit dat Hy nie net na haar nie, maar na ons almal kyk... altyd. Ons moet net leer raaksien dat daar Engele in baie vorms en gedaantes om ons is. Het Jesus nie vir Sy disippels gese as ons swyg, sal die klippe uitroep en ja, ek glo dit sal, want Hy kan 'n donkie maak praat en hou 'n man lewend in 'n vis se maag vir drie dae.
Ek praat verlede week eendag met Riza en sy vertel dat iemand probeer inbreek het by een van die simpleks eenhede in die kompleks... niks nuuts nie, dis mos die verhaal van ons lewe in Suid Afrika. Riza is maar erg onrustig na die vorige baie nare ervaring wat hulle gehad het. Die volgende oggend bel ek om te hoor of sy ok is en sy vertel dat Tavid die vorige aand baie onrustig was en kort kort na die heining se kant toe geknor het... ai tog, "maar ma," vertel sy, "toe ek op 'n stadium by die vester uitkyk, sien ek twee yslike groot honde die heining patrolleer. Miskien is dit Pappa wat my laat weet dat Hy na my kyk." Sy het later die dag gaan uitvind van die honde....waarvan niemand geweet het nie. Geen partrollie honde by die kompleks nie... Ek het die heeldag met so heerlike warm gevoel rondgeloop. Is ons Pa nie amazing nie..... dit het my ook herhinner aan my eie ervaring met honde toe ek net begin skoolgaan het...... baie jare terug.... My pa is dood binne twee weke na ek my eerste skooljaar begin het en ons het na 'n woonstel toe getrek vanwaar ek moes skool toe stap, want my ma het al 7h00 soggens begin werk. Ek was maar onseker want dit was oor die eerste robot en dan regs en dan oor die volgende robot en en so en so. Die eerste oggend toe ek by die robot staan en wag, was daar skielik die groot hond langs my...en ek wou net heeltemal lam raak van vrees want ek was bitterlik bang vir honde, maar ek het vreemd ok gevoel. Die hond het saam gestap tot by die skool...en die middag toe ek uitkom, het hy by die skoolhek vir my gewag ....en sowaar saam met my gestap tot by die laaste robot voor ek die woonstel bereik. Die volgende oggend was die hond weer by die robot en die middag weer by die skoolhek vir my gewag.. 'n paar dae na mekaar. Ek het heeltemal my vrees vir honde oorkom en kon later my hand op sy kop sit. Ek het baie gemaklik geraak met die pad skool toe. Een oggend was die hond net nie weer daar nie.

Toe ek 'n paar jaar terug vir Sandra kom kuier het hier in die UAE, het sy my Dubai lughawe toe geneem en baie vroeg oggend in stikdonker en baie digte mis, moes terug ry Abu Dhabi toe. Sy het maar baie voel voel gery en die volgende oomblik was daar 'n trok voor haar. Sy besluit toe, eerder as om verby te steek sal sy agter die trok aanry en die liggies volg en op die pad bly. Toe sy uiteindelik Abu Dhabi inry, was die die mis weg, maar ook die trok....
As iemand wat hier lees, dalkies alleen, bang en onseker voel, weet dan: Hy sal Sy Engele aangaande jou opdrag gee, om jou te beskerm, waar jy ookal gaan. Ps 91:11