Mens het baie keuses vir partytjies om die geleentheid te vier, soos formele dinees en hi teas en stuff, maar Sandra vra vir 'n kinderpartytjie. Wel so gese so gemaak.
Nelmari oortref haarself met die mooiste versiersuiker hoedjies , handsakkies, rosies en 'n Cupcake verjaarsdagkoek met een silwer kersie...baie oorspronlik en kyk hoe mooi.
Ons sit balonne by, Corinne en ek en Nelmari blaas onsself rooi in die gesig maar die eindproduk is heel mooi.
Didi is ook reg vir die partytjie. Tafee hol so rond dat ek nie 'n foto geneem kan kry nie.
Party van ons trek girlie aan, ander het nie meer sulke baie girly klere in ons kaste nie, maar Marina gaan koop vir haar 'n T Shirt om by die geleentheid te pas. Kyk hoe oulik.
Ons het almal rosies in ons hare en Amelia bring Barbie krone en siedaaar, 'n egte kinderpartytjie. 
Ons speel musical chairs en met net so klein bietjie kroek wen Amelia die sjokolade voor Marina se neus weg.
Na die opwinding moes almal eers asem skep. Toe maak ons lekkergoedinsekte. Kyk hoe ernstig is ons besig en kyk net al die kleurvolle insekte!! 
Moeilik om 'n wenner te kies. Nelmari se naaldekoker en Marina se skerpioen is taai kompetisie vir Mariette se skoennlapper, maart op die ou end wen die skoenlapper. Daarna kan ons verjaarsdagmaat haar kersie doodblaas.
Klein Dante sal later jare nie kan glo hy was op "ouma" Sandra se 50tigste kinderpartytjie nie. Dan is dit persente oopmaaktyd.
Sandra is baie in haar skik met al haar stuf, en die blou pantoffels en heerlike voetbederfgoed is 'n groot treffer. Die res van die middag le ons weg aan melktert, souttert, pampoen muffins, cupcake sjokolade verjaardagsdagkoek.
Amelia en Heleen deel 'n grappie...julle lyk gruwwelik skuldig hoor!! Heerlik pret gehad, maar dan kom die sooibrand en die behoefte aan Enos en mens weet soos jy weet jy is nie meer 5 nie. Dalk sou 'n formele dinee 'n goeie idee wees.
Dankie aan julle almal vir die heerlike pretdag en lekker saamspeel. Julle is kosbaar.
Saturday, January 30, 2010
Ons hou partytjie
My maatjie Sandra word op 2 Februarie 50!! Shame... maar welkom by die groot 5 maat. Dis wanneer die pret begin, so se die mense.
Thursday, January 28, 2010
Nuwe gesig
So baie dankie aan my maat Sandra en blogmaat Thea vir die pragtige nuwe gesig vir my blog. Ek voel geinspireerd om weer met nuwe ywer aan die inhoud en fotos en alles te werk.
Die blog voel soos ek met die laventel en die ou kaste en kruike. Almal wat op my blog kom kuier: ek nooi julle plegtig vir 'n koppie tee op my blogplaasstoep. Mag ons baie goeie en kosbare memoirs met mekaar deel wat oor die jare brandhout sal wees waarby ons onsself kan warm maak in tye wanneer ons dit die nodigste het.
Baie dankie nogmaals Sandra en Thea. Die bos blomme vir julle
Die blog voel soos ek met die laventel en die ou kaste en kruike. Almal wat op my blog kom kuier: ek nooi julle plegtig vir 'n koppie tee op my blogplaasstoep. Mag ons baie goeie en kosbare memoirs met mekaar deel wat oor die jare brandhout sal wees waarby ons onsself kan warm maak in tye wanneer ons dit die nodigste het.
Baie dankie nogmaals Sandra en Thea. Die bos blomme vir julle
Thursday, January 14, 2010
Besige Desember, wonderlike herhinneringe
Ek was so bevoorreg om tenmiste twee van my kuikens by my te he Desember, na my oudste die dag van die vlug uitgevind het dat sy paspoort weg is. Dis eintlik 'n storie wat 'n hele blog regverdig, maar in kort kon nie eers die baie vinnige tydelike paspoort en 'n besoek aan die Suid Afrikaanse ambasade die situasie red nie. Abu Dhabi regering aanvaar nie tydelike paspoorte as 'n wettige reisdokument nie en Niel moes by die huis bly. Ja, dit was inderdaad baie sleg vir ons almal, maar ek glo dat Vader Sy spesiale rede gehad het daarvoor en dan buig ons die wil. Wiehann het so paar dae voor Elriza gekom wat nog eers 'n 12 dae lange kerkkamp bygewoon het. Ons twee het Dubai gaan aandurf en baie lekker in die Dubai mall gekuier.
Wiehann in die tonnel waar die haaie soo oor en om mens swem. Ek dink dit moet hulle so frustreer dat hulle nie kan hap nie, maar dan moet hulle eers kan ruik voor hulle wil byt. Dis baie gelukkig.
Mooiste gespikkelde vis met strepies vinne...ek is nie baie goed met inligting of feite blogs nie. Jammer dat ek nie die naam van die visse ken nie, maar ek is seker van julle sal weet. Vertel dan vir ons ook ok?
Ek lief die klein helderkleurige vissies




Wiehann maak 'n ballet pose... hy het die nuwe waterskoene gekoop spesiaal vir die roei uitstappie...kliek op die link om die res van die pret te sien. Ek moet darem vertel dat die pose vir die ander manne een te veel was maar dat hy die naam van die pose geken het.....???!! :-))
Net so voor Wiehann terug is het ons een van my ginsteling dinge gedoen, die perdewedrenne. Behalwe vir 'n heerlike braaivleis buffet, sien mens ook die resies wat elke halfuur gebeur. Hier staan Wiehann terwyl Eddie, William en Nelmari op die agtergrond seker bespiegel wie se perd gaan wen. Wiehann was die keer die ou wat die meeste geld gewen het met ons informele tafelweddingskappe. Groot pret!!
Ek is absoluut gek oor die akwarium. Hierdie is net so paar van die baie fotos wat ek daar geneem het. 



Seeperdjies wat soos kant lyk...is ons Pa nie amazing nie !! 'n Wonder wereld van deurskynende bloublasies. Ek kan ure voor die tenk staan
Wiehann in die tonnel waar die haaie soo oor en om mens swem. Ek dink dit moet hulle so frustreer dat hulle nie kan hap nie, maar dan moet hulle eers kan ruik voor hulle wil byt. Dis baie gelukkig.
Mooiste gespikkelde vis met strepies vinne...ek is nie baie goed met inligting of feite blogs nie. Jammer dat ek nie die naam van die visse ken nie, maar ek is seker van julle sal weet. Vertel dan vir ons ook ok?Dubai mall is ook bekend vir die waterval met die duikers.

Nog 'n foto in die mall sommer net om die verdiepings te wys om julle lus te maak om te kom besoek afle en solank te waarsku dat mens jou voete kan deurloop in die mall. Dis masief.

Ek sal nogal nie my maandelikse inkopies hier kom doen nie, want as ek nie verdwaal nie, sal ek die helfte van die goed net los oor dit te ver is om te loop.

Ek sal nogal nie my maandelikse inkopies hier kom doen nie, want as ek nie verdwaal nie, sal ek die helfte van die goed net los oor dit te ver is om te loop.
Ek en Wiehann het ook saam met die Holloways Shamas toe gegaan. Sandra het al oor die restaurant geblog. Wiehann geniet sy vleisdisse.
Toe Elriza eers by ons aansluit, het ons saam met Sandra hulle by Tiara, die draai restaurant in die Marina Tower gaan eet. Op die agtergrond kan julle Abu Dhabi se liggies sien. 'n Pragtige uitsig. Die restaurant neem so ongeveer 'n uur om reg rondom te draai.

Kersfees het ons saam met Hannes en Angela en Sandra hulle en nog ander Suid Afrikaners deurgebring. Hier maak Elriza haar My Little Pony oop, wat sy by Nelmari vir kersfees gekry het.... en Alessia speel saam. Hoe dan anders.
Kliek hier om te luister hoe mooi Riza en Hannes vir ons perform het. Dis baie besonders om ver van die huis af so baie spesiale kersatmosfeer te he. Dankie vir almal...
Ons het nie Kersfees af by default nie en ek het twee dae verlof ingesit om die kinders Global Village toe te neem. Die Village is net oor die wintermaande oop vir die obvious rede dat mens dit nie in die somer in die buitelug -wonder -van- 'n -plek sal oorleef nie. Eitlik het mens 'n langnaweek van aande nodig om alles te sien en te doen wat mens graag sou wou. Die Village maak eers teen 4 die middag oop en bly dan oop tot 12 uur, Nog 'n voetedeurloop plek. Ons het Pizza geeet in die Music Express gery en perel oorbelletjie gekoop wat AED10 'n paar kos. Die kunsmatige bome staan voor die Ethiopiese saal. Kyk hoe verander die liggies van kleur... 'n skouspel op sy eie

Op die agtergrond is die "Eifeltoring" by die Europese saal. Die ouens wat van die Randse Paasskou hou, sal die Global Village vreeslik geniet. Ek het ook handgemaakte Turkse roomys geeet... taai en heerlik :-)
Ons het nie Kersfees af by default nie en ek het twee dae verlof ingesit om die kinders Global Village toe te neem. Die Village is net oor die wintermaande oop vir die obvious rede dat mens dit nie in die somer in die buitelug -wonder -van- 'n -plek sal oorleef nie. Eitlik het mens 'n langnaweek van aande nodig om alles te sien en te doen wat mens graag sou wou. Die Village maak eers teen 4 die middag oop en bly dan oop tot 12 uur, Nog 'n voetedeurloop plek. Ons het Pizza geeet in die Music Express gery en perel oorbelletjie gekoop wat AED10 'n paar kos. Die kunsmatige bome staan voor die Ethiopiese saal. Kyk hoe verander die liggies van kleur... 'n skouspel op sy eie


Op die agtergrond is die "Eifeltoring" by die Europese saal. Die ouens wat van die Randse Paasskou hou, sal die Global Village vreeslik geniet. Ek het ook handgemaakte Turkse roomys geeet... taai en heerlik :-)
Die volgende besoekpunt...Atlantis. Kyk die hotel!! Is dit nie feetjieland mooi nie.
Een van DJ se kersgeskenke aan Elriza was die ervaring om saam met die dolfyne te swem. Haar kommentaar daarna was dat sy 'n dolfyn wil he, dat sy dit elke jaar vir kersfees wil he en dat dolfyne wonderlik is. 

en kry 'n ekstatiese drukkie van Elriza
Elriza pose mooi vir haar ma vir 'n foto. Dis nou nie die July se "modeparade" nie maar mooi prentjie teen die navy aandlug. Op die agtergrond is die klubhuis, en op die stoep is die tafels. Lyk sommer gesellig.
Ons het die Nuwe jaar ingeeet.... Baie lekker buffet by die Beach Rotana. Regtig een van die beste hotelle in Abu Dhabi. Elriza lyk baie in haar skik met haar sjokolade mouse
En toe Barney verby kom, moes hy eers saam met Riza en Nelmari pose..... nee, hy het nie vir ons gesing nie en ons ook nie vir hom nie.
Ek wens al my blogvriende 'n wonderlike 2010 toe. Ek het so paar nuwejaars voornemens om bv meer gereeld te blog. Die besig wees moenie 'n verskoning wees nie, want ek mis julle. Ek is van voornemes om van elke dag 'n pereldag te maak, nie selfsugtig te wees nie, dankbaar te wees en my vreugde in my Groot Pa te vind.
Lief julle
Saturday, December 19, 2009
Elriza vang graad
Na 'n paar jaar se groot jaar se groot vasbyt, het Elriza haar graad in Teologie behaal.
Ek sou nie kon verlof neem nie, maar gelukkig het die land se EID presies op die regte tyd gekom en kon ek vir tien dae Suid Afrika toe gaan om deel te he aan die spesiale oomblik in Elriza se lewe.
Ons het die eerste oggend na my aankoms eers salon toe gegaan om te gaan hare regmaak en die middag se aantrek was amper soos om vir 'n troue reg te maak.
Die meisiekind het baie mooi gelyk ...
Sy was die afgelope jaar ook die kollege se Worship leader. Die hele worship span is leiers in die verskillende kerke waar hulle ingeskakel is en die musiek was wonderlik.
Anders as gradeplegtigheid by die groot Universiteite en kolleges, kon soveeel mense as wat wou die studente se gradeplegtigheid bywoon, so, behalwe die familie, was al die lede van die omgeegroep by wien Elriza inskakel, ook daar. Dit was vir my besonder kosbaar.
Ons is almal baie trots op Riza, want behalwe dat sy haar graad Cum Laude geslaag het, is sy ook aangewys as die beste vierde jaar student. Mooi so meis, jy het jou knap gedra... mag daar altyd 'n lig op jou pad skyn.
Friday, November 20, 2009
Kuier saam met Alessia
Die lekker van die werk vir die kerk in Dubai is dat mens so bietjie saam met die familie kan kuier en natuurlik baie pret met Alessis he wat regtig so vinnig groot word. Sy vertel nou vir my... "you are big, and I am small" "See your dress.... see my pretty dress"... Ek weet nie of dit beteken my rok is nie mooi nie.
Sy is vol dingetjies en die hele tyd aan die gang... julle kan sien die gesiggie spreek boekdele

Sy het te veel miere. Hulle laat haar glad nie toe om te sit nie. :-) soos julle kan sien.. en sy voer vir my ook van haar broodjie en sy wys sy het brood in haar mond en ek moet ook wys...

En dan die groot vreugde en afwagting van 'n geskenk van oom Sean kry. die rede is om haar besig te hou sodat ons kan eet, maar julle weet dit werk nie heeltemal so nie want grootmense is net so opgewonde en nuuskierig oor persente
Sy is heeltemal genee dat Angela help om die drade los te woel. Sy weet vroeg al wat sy kan en wat nie...slim kind :))

Ek was defnitief baie opgewonde oor die feetjie. Julle weet mos dis een van my favorite dinge
Oom Sean sukkel om die feetjie op die perd te laat ry. En die ander feetjies staan nuuskierig nader om die doenigheid te aanskou. Dink julle nie ons koop vir kinders geskenke wat ons self graag mee wil speel nie? Soos ons gaan kinderflieks kyk saam met die kinders omdat ons graag wil?
Heeltemal weggevoer na feeland is die gesiggie nou die ene ernstige konsentrasie
Staan feetjies. Wys vir almal julle mooi blink rokkies. En die feetjies gesels terug. is, so lyk dit vir my ...Wonder wat hulle van Alessia dink? :-)
Toe kom sing die mense vir ons Shosoloza . Kyk hoe speel die Fillipyne die Afrika drom en sing hartlik saam, en hulle is goed daarmee hoor. In die middel van Dubai. Moet darem vir julle se die restaurant is Meat en Co. Dis baie lekker om vir 'n paar uur te voel mens is by die huis.
Alessia is soos 'n Renoster, sy glo as daar vuur is moet dit dood. Teen die tyd het sy al die kerse op die tafel doodgeblaas so die een kon nie vryspring nie.
Maar sy wil nie saam met my roomys eet nie. Sy wil haar eie in 'n cone he. Roomys is "ifeeem."

Op die ou end eet sy haar eie roomys uit 'n eie klein bakkie en die Unicorn kry ook.
Teen die einde van die aand is aspatat lekker vakies, maar ons twee pose vir oulaas op die skoenepoets troon.
Die volgende dag het ons elkeen 'n beurt gehad om haar in haar kar rond te stoot. Ek het eendag gestaan en kyk hoe 'n kleintjie die stuurwiel draai en sien die kar ry nie waar hy wil gaan nie en toe klim hy sommer so in die ma se loop uit. Kleingoed is so vol pret.
Sy het nogal nie baie daarvan gehou om op my skouers te ry nie. Sien die benoude handjie. Mom....Pappa.... iemand, help bietjie!!
Maar sy was erg in haar skik met die vlinder oor die gesiggie en nie te lank gelede nie het sy oom Sean se gesig ook probeer verf hoor ek.
Ons kinders is kosbaar. Ons moet hulle geniet en lief he sodat hule sal leer en weet en ervaar dat hulle Skepper hulle ook lief het en dat hulle vir hom spesiaal en uniek en enig is.
En dan die groot vreugde en afwagting van 'n geskenk van oom Sean kry. die rede is om haar besig te hou sodat ons kan eet, maar julle weet dit werk nie heeltemal so nie want grootmense is net so opgewonde en nuuskierig oor persente
Sommer net gedink om te wys hoe groot ons klein Alessia geword het.
Subscribe to:
Posts (Atom)


