Friday, February 26, 2010

'n Instrument in Sy hand

Die laaste tien dae was warrelwind dae vol opwinding van ervaar hoe Ons Pa met ons jongmense werk en die voorreg te he om deel daarvan te wees en te sien hoe Riza haar liefde vir Ons Pa uitleef. Die Afrikaanse kerk het haar ingebring om te kom help met die jaarlikse kamp vir die jeug en watter wonderlike geseende tyd was dit nie....en natuurlik vol van die normale uitbundige vrolikheid, ondeundheid , lawaai en stout wees wat mos maar deel is van kindwees. En vir die van ons wat elke jaar gaan saamkamp is dit nie net 'n seen nie maar ook 'n pyn van min slaap en kommer oor die kinders se welsyn, fisies en geestelik. Die eerste aand al het hierdie drie besige manne van die Hebreers nie net hulle vaandel nie, maar ook hulle gesigte geverf. Riza en Sandra in ernstige gesprek oor....ek weet nie wat nie :-) en Hermien wat geammuseerd lyk oor dit wat sy sien en ervaar. Riza het die kinders ook 'n koordans geleer. Ek het hoedervleis staan en kyk en luister en toe ek later uitstap, staan daar 'n dogter by die deur en haar woorde aan my ....tannie, dis amazing.... en ek het so verstaan wat sy se, want die lywe het gewys wat in die kinders se harte gebeur. Na die kamp en ek en Sandra saam met Riza van Al Ain na Abu Dhabi na Dubai gegaan sodat Riza met die tieners en jongmense kon gaan deel hoe mens se verhouding met Jesus nie net die diepste romanse is nie, maar ook die grootste avontuur kan wees. Ons het die voorreg gehad om in die Hotel op Jebel Hafeet te gaan slaap...sommer net vir so bietjie ekstra bederf . Hier is Riza teen die agtergrond van die plante wat soos 'n gordyn teen drie verdiepings afhang. Die foto is die uitsig oor die woestyn landskap wat deel van Saudi uitmaak. Aan die voet van Jebel Hafeet is die Green Mubazarah... Riza staan by die pyp waar die vuurwarm mineraalryke water uit die berg uitspuit. Dis 'n pragtige plek waar ons dalk in die toekoms jeugkampe kan hou. Die laaste besoekpunt was DubaI en terwyl Riza die ds en sy vrou ontmoet, kuier ek en Sandra bietjie by die "digterlike Shakespeare en CO... die keer het ons buite gesit. Ek is gek oor die fyn blompatrone van die kussings op die rottangstoele... soos 'n kuier op die plaasstoep en die laaste voor die somer in sy volle sterkte ons weer binne vaskluister. Die vliee was al klaar ekstra lastig. Voor ons terug is na ons hotel het ons gou by die Ibn Battuta gaan hot choc drink...en ek kon nie help om vir die soveelste keer 'n foto te neem van die mooi deel van die mall waar mens jou kan verbeel jy sit onder die blou hemel in die middel van Andelusia. En toe is die besoek verby. Elriza is terug in Suid Afrika en ek het 'n yslike keelinfeksie, maar daar is 'n gevoel van groot afwagting vir wat Vader verder vir die jeug in die UAE beplan.... my gebed is dat Hy die goeie werk wat begin is sal klaarmaak, dat ons Sy stem sal hoor en dat Sy Koninkryk uitgebrei sal word...ook hier in die woestynland onder die Islamitiese sekelmaan.

Saturday, February 6, 2010

'n Digterlike plek

In die tyd van kits en vinnig en simplisties of wat mens dit ookal noem, is daar in Dubai die restauraant wat Shakepeare and Co heet. Met die inloopslag voel mens die atmosfeer van rustigheid waar die tyd vir 'n rukkie kan stilstaan. Die detail van die muurversiering skep 'n romantiese atmosfeer.
Hierdie versiering wat soos 'n mooi borsspeld lyk, is teen die toonbank waardie kassier is.


Die houttafels, wat nie almal dieselfde lyk en dieselfde groote is nie, maak dat mens 'n "gunsteling" tafel kan he en skep 'n gevoel van indivdualiteit.... uniekheid

.

Teen die een muur is hierdie ou wereldse glastoonbankkas waar mens handgemaakte sjokolade, nougat en die mooiste nageregte en koek vir 'n hi-tea kan uitkies

Selfs die sjokolade is keurig in die mooiste blommetjies papiertjies toegewoel en saam met die handgeverfte hout boksie lyk dit soos 'n gedig.

Alles saam 'n spesiale plek van rus en kunstige detail waar mens tot stilstand kom en die fyn draadjie wat terugloop tot in die verre lank gelede weer kan optel en deel voel van 'n sprokie.

Mag elkeen van julle iewers in die week wat kom 'n tydjie beleef van spesiaal en uniek voel waar die sekondes kleurvol en gedetaileerd jou in 'n gediggie toespin .


Liefde

Saturday, January 30, 2010

Ons hou partytjie

My maatjie Sandra word op 2 Februarie 50!! Shame... maar welkom by die groot 5 maat. Dis wanneer die pret begin, so se die mense.


Mens het baie keuses vir partytjies om die geleentheid te vier, soos formele dinees en hi teas en stuff, maar Sandra vra vir 'n kinderpartytjie. Wel so gese so gemaak. Nelmari oortref haarself met die mooiste versiersuiker hoedjies , handsakkies, rosies en 'n Cupcake verjaarsdagkoek met een silwer kersie...baie oorspronlik en kyk hoe mooi.Ons sit balonne by, Corinne en ek en Nelmari blaas onsself rooi in die gesig maar die eindproduk is heel mooi. Didi is ook reg vir die partytjie. Tafee hol so rond dat ek nie 'n foto geneem kan kry nie.Party van ons trek girlie aan, ander het nie meer sulke baie girly klere in ons kaste nie, maar Marina gaan koop vir haar 'n T Shirt om by die geleentheid te pas. Kyk hoe oulik. Ons het almal rosies in ons hare en Amelia bring Barbie krone en siedaaar, 'n egte kinderpartytjie. Ons speel musical chairs en met net so klein bietjie kroek wen Amelia die sjokolade voor Marina se neus weg. Na die opwinding moes almal eers asem skep. Toe maak ons lekkergoedinsekte. Kyk hoe ernstig is ons besig en kyk net al die kleurvolle insekte!! Moeilik om 'n wenner te kies. Nelmari se naaldekoker en Marina se skerpioen is taai kompetisie vir Mariette se skoennlapper, maart op die ou end wen die skoenlapper. Daarna kan ons verjaarsdagmaat haar kersie doodblaas. Klein Dante sal later jare nie kan glo hy was op "ouma" Sandra se 50tigste kinderpartytjie nie. Dan is dit persente oopmaaktyd. Sandra is baie in haar skik met al haar stuf, en die blou pantoffels en heerlike voetbederfgoed is 'n groot treffer. Die res van die middag le ons weg aan melktert, souttert, pampoen muffins, cupcake sjokolade verjaardagsdagkoek. Amelia en Heleen deel 'n grappie...julle lyk gruwwelik skuldig hoor!! Heerlik pret gehad, maar dan kom die sooibrand en die behoefte aan Enos en mens weet soos jy weet jy is nie meer 5 nie. Dalk sou 'n formele dinee 'n goeie idee wees. Dankie aan julle almal vir die heerlike pretdag en lekker saamspeel. Julle is kosbaar.

Thursday, January 28, 2010

Nuwe gesig

So baie dankie aan my maat Sandra en blogmaat Thea vir die pragtige nuwe gesig vir my blog. Ek voel geinspireerd om weer met nuwe ywer aan die inhoud en fotos en alles te werk.

Die blog voel soos ek met die laventel en die ou kaste en kruike. Almal wat op my blog kom kuier: ek nooi julle plegtig vir 'n koppie tee op my blogplaasstoep. Mag ons baie goeie en kosbare memoirs met mekaar deel wat oor die jare brandhout sal wees waarby ons onsself kan warm maak in tye wanneer ons dit die nodigste het. Baie dankie nogmaals Sandra en Thea. Die bos blomme vir julle

Thursday, January 14, 2010

Besige Desember, wonderlike herhinneringe

Ek was so bevoorreg om tenmiste twee van my kuikens by my te he Desember, na my oudste die dag van die vlug uitgevind het dat sy paspoort weg is. Dis eintlik 'n storie wat 'n hele blog regverdig, maar in kort kon nie eers die baie vinnige tydelike paspoort en 'n besoek aan die Suid Afrikaanse ambasade die situasie red nie. Abu Dhabi regering aanvaar nie tydelike paspoorte as 'n wettige reisdokument nie en Niel moes by die huis bly. Ja, dit was inderdaad baie sleg vir ons almal, maar ek glo dat Vader Sy spesiale rede gehad het daarvoor en dan buig ons die wil. Wiehann het so paar dae voor Elriza gekom wat nog eers 'n 12 dae lange kerkkamp bygewoon het. Ons twee het Dubai gaan aandurf en baie lekker in die Dubai mall gekuier.

Ek is absoluut gek oor die akwarium. Hierdie is net so paar van die baie fotos wat ek daar geneem het.
Seeperdjies wat soos kant lyk...is ons Pa nie amazing nie !! 'n Wonder wereld van deurskynende bloublasies. Ek kan ure voor die tenk staan
Wiehann in die tonnel waar die haaie soo oor en om mens swem. Ek dink dit moet hulle so frustreer dat hulle nie kan hap nie, maar dan moet hulle eers kan ruik voor hulle wil byt. Dis baie gelukkig.
Mooiste gespikkelde vis met strepies vinne...ek is nie baie goed met inligting of feite blogs nie. Jammer dat ek nie die naam van die visse ken nie, maar ek is seker van julle sal weet. Vertel dan vir ons ook ok?
Ek lief die klein helderkleurige vissies
Dubai mall is ook bekend vir die waterval met die duikers.

Nog 'n foto in die mall sommer net om die verdiepings te wys om julle lus te maak om te kom besoek afle en solank te waarsku dat mens jou voete kan deurloop in die mall. Dis masief.


Ek sal nogal nie my maandelikse inkopies hier kom doen nie, want as ek nie verdwaal nie, sal ek die helfte van die goed net los oor dit te ver is om te loop.

Ek en Wiehann het ook saam met die Holloways Shamas toe gegaan. Sandra het al oor die restaurant geblog. Wiehann geniet sy vleisdisse.


Toe Elriza eers by ons aansluit, het ons saam met Sandra hulle by Tiara, die draai restaurant in die Marina Tower gaan eet. Op die agtergrond kan julle Abu Dhabi se liggies sien. 'n Pragtige uitsig. Die restaurant neem so ongeveer 'n uur om reg rondom te draai.


Kersfees het ons saam met Hannes en Angela en Sandra hulle en nog ander Suid Afrikaners deurgebring. Hier maak Elriza haar My Little Pony oop, wat sy by Nelmari vir kersfees gekry het.... en Alessia speel saam. Hoe dan anders.

Kliek hier om te luister hoe mooi Riza en Hannes vir ons perform het. Dis baie besonders om ver van die huis af so baie spesiale kersatmosfeer te he. Dankie vir almal...

Ons het nie Kersfees af by default nie en ek het twee dae verlof ingesit om die kinders Global Village toe te neem. Die Village is net oor die wintermaande oop vir die obvious rede dat mens dit nie in die somer in die buitelug -wonder -van- 'n -plek sal oorleef nie. Eitlik het mens 'n langnaweek van aande nodig om alles te sien en te doen wat mens graag sou wou. Die Village maak eers teen 4 die middag oop en bly dan oop tot 12 uur, Nog 'n voetedeurloop plek. Ons het Pizza geeet in die Music Express gery en perel oorbelletjie gekoop wat AED10 'n paar kos. Die kunsmatige bome staan voor die Ethiopiese saal. Kyk hoe verander die liggies van kleur... 'n skouspel op sy eie
Op die agtergrond is die "Eifeltoring" by die Europese saal. Die ouens wat van die Randse Paasskou hou, sal die Global Village vreeslik geniet. Ek het ook handgemaakte Turkse roomys geeet... taai en heerlik :-)

Die volgende besoekpunt...Atlantis. Kyk die hotel!! Is dit nie feetjieland mooi nie.


Een van DJ se kersgeskenke aan Elriza was die ervaring om saam met die dolfyne te swem. Haar kommentaar daarna was dat sy 'n dolfyn wil he, dat sy dit elke jaar vir kersfees wil he en dat dolfyne wonderlik is.
Die dolfyn swem met haar. Vir 'n video daarvan loer hier.

en kry 'n ekstatiese drukkie van Elriza
Wiehann maak 'n ballet pose... hy het die nuwe waterskoene gekoop spesiaal vir die roei uitstappie...kliek op die link om die res van die pret te sien. Ek moet darem vertel dat die pose vir die ander manne een te veel was maar dat hy die naam van die pose geken het.....???!! :-))

Net so voor Wiehann terug is het ons een van my ginsteling dinge gedoen, die perdewedrenne. Behalwe vir 'n heerlike braaivleis buffet, sien mens ook die resies wat elke halfuur gebeur. Hier staan Wiehann terwyl Eddie, William en Nelmari op die agtergrond seker bespiegel wie se perd gaan wen. Wiehann was die keer die ou wat die meeste geld gewen het met ons informele tafelweddingskappe. Groot pret!!
Elriza pose mooi vir haar ma vir 'n foto. Dis nou nie die July se "modeparade" nie maar mooi prentjie teen die navy aandlug. Op die agtergrond is die klubhuis, en op die stoep is die tafels. Lyk sommer gesellig.

Ons het die Nuwe jaar ingeeet.... Baie lekker buffet by die Beach Rotana. Regtig een van die beste hotelle in Abu Dhabi. Elriza lyk baie in haar skik met haar sjokolade mouse

En toe Barney verby kom, moes hy eers saam met Riza en Nelmari pose..... nee, hy het nie vir ons gesing nie en ons ook nie vir hom nie.
Ek wens al my blogvriende 'n wonderlike 2010 toe. Ek het so paar nuwejaars voornemens om bv meer gereeld te blog. Die besig wees moenie 'n verskoning wees nie, want ek mis julle. Ek is van voornemes om van elke dag 'n pereldag te maak, nie selfsugtig te wees nie, dankbaar te wees en my vreugde in my Groot Pa te vind.
Lief julle

Saturday, December 19, 2009

Elriza vang graad

Na 'n paar jaar se groot jaar se groot vasbyt, het Elriza haar graad in Teologie behaal.Ek sou nie kon verlof neem nie, maar gelukkig het die land se EID presies op die regte tyd gekom en kon ek vir tien dae Suid Afrika toe gaan om deel te he aan die spesiale oomblik in Elriza se lewe. Ons het die eerste oggend na my aankoms eers salon toe gegaan om te gaan hare regmaak en die middag se aantrek was amper soos om vir 'n troue reg te maak. Die meisiekind het baie mooi gelyk ... Sy was die afgelope jaar ook die kollege se Worship leader. Die hele worship span is leiers in die verskillende kerke waar hulle ingeskakel is en die musiek was wonderlik.

Anders as gradeplegtigheid by die groot Universiteite en kolleges, kon soveeel mense as wat wou die studente se gradeplegtigheid bywoon, so, behalwe die familie, was al die lede van die omgeegroep by wien Elriza inskakel, ook daar. Dit was vir my besonder kosbaar. Ons is almal baie trots op Riza, want behalwe dat sy haar graad Cum Laude geslaag het, is sy ook aangewys as die beste vierde jaar student. Mooi so meis, jy het jou knap gedra... mag daar altyd 'n lig op jou pad skyn.