Ek gaan dr toe vir die laaste voorskrif vir die vyfjaarlange hormoon behandeling vir borskanker... Arimidex.. 'n tipe chemo wat die hormone vernietig, omdat die borskanker waarmee ek gediagnoseer is in 2003, hormoonpositief is. Dis nie uniek nie. Dis die geval met meeste borskankerlyers. Ek is so opgewonde soos 'n kind om die behandeling te staak, want vir 5 jaar het ek erge hotflashes en pyn in my gewrigte en tel ek ses keer makliker gewig op as om dit te verloor. Die dr probeer nog verduidelik van die nuutste navorsing en sewe tot tien jaar behandeling, maar ek staan vas... genoeg is genoeg. Die dr stel 'n kompromie dat ek met die behandeling kan ophou as 'n volledige reeks toetse normaal is... dit beteken bloedtoetse, mammogram en CT scan. Ek onthou van die vorige keer dat die CT scan nogal onaangenaam was. Toe ek amper al weer vergeet het van die toets bel die hospitaal my om voorbereidings mediaksie te kom haal. Die tegnikus verduidelik van twee dae se voorbereiding en dan kontrasmiddel drink vooor die toets... ek onthou net van een dag, maar as hy so se... hy gee ses pilletjies wat ek drie keer 'n dag moet neem. Dis nou om my sisteem leeg en skoon te kry...Die pilletjies lyk onskulddig genoeg. Maar dan hoor ek moet vytig (50) ml kasterolie aan die einde van elk van die twee dae drink.. ek dog ek hoor verkeerd, ek vra: '5 ml kasterolie?'.. hy se, nee 50, five zero ma'm... jinne wat is nou weer die storie uit my kinderdae van die kasterolie boom en die vergiftiging? Is kasterolie hoegenaamd nog op die rakke? Ek haat kasterolie ouens. Ek drink liewer Engelse sout as dit dan nou moet. Aan die einde van die tweede nag voel ek bewend en taamlik goed leeggemaak. Die laaste deel van die voorbereiding is drie liter water met kontrasmiddel in vier ure voor die toets. Ek is vroeg die oggend reeds by die hospitaal nadat die radioloog my die vorige aand 8 uur gebel het om te se ek moet eers die kreatien bloedtoets doen voor hulle die ct csan kan doen. Ek wil my erre, maar die nursie hou vol die toets eerste en dat ek dit maar vroeg die oggend kan doen want die uitslae neem net twee uur... as die lab nie te besig is nie... die oggend voor die toets is ek bereid om die lab assistent met sjokolade of iets om te koop om die toets uitslae deur te kry, want ek sien glad nie kans vir nog twee sulke leegtap dae nie, maar Vader is weereens daar om die pad vir my gelyk te maak en uiteindelik stap ek met 'n drinkpensie VOL water na die toetskamer toe... ag dankie tog. Dit moet nou net verby kom. Toe ek met die blou hospitaaljurk op die baie smal bedjie klim kry ek sowaar nog 'n beker vol kontras... 500 ml. Ek dog die man maak 'n grap, maar nee, hy is dood ernstig.
Eers die breinscan.... die tannie in die masjien se brein se vir mens: take a deep breath... hold your breath.....tik tik tik tik tik maak die scanner... breathe... se die masjien... en weer en weer en weer... tot die toraks en abdomen ook mooi deurgescan is. Dan kom druk die tegnikus 'n naald in my arm wat hy sommer daar los en ek onthou van die drip. Met die eerste CT scan het die ou my aar te styf toegedruk en toe hy die naald indruk, toe spuit die bloed... die keer het dit nie te sleg gegaan nie. Ek kry 'n buis kontras in my are... hoe die kontras weet om my maag in te kleur weet ek nie, maar wie is ek nou om te stry... as dit klaar is, nog 'n buis kontras vir die torasks.... ek le met my arms bo my kop en die tegnikus spuit die laaste buis kontras sommer so onderstebo in. Ek voel hoe my arm brand maar ek le maar stil... die brein word nou ingekleur... die baie smal bedjie beweeg stadig duer die scanner koepeltjie en ek wonder wat maak ek as daar iewers iets is wat nie reg is nie, maar terselfdertyd weet ek dat niks op mens se pad kom wat te swaar is om te dra nie....'n uur later kan ek aantrek. "Everything is normal" se die tegnikus en vir 'n oomblik flits dit deur my gedagtes... "al die vir niks", maar dan spoel die dankbaarheid en verligting deur my... my lyf is skoon van kanker. Ek kan skaars my arm buig so dik staan hy van die spul goed wat die tegnikus ingespuit het... "stupid!!"... maar toe ek uitkom om vir hom te vra wat het hy gedoen en hoe lank gaan ek so lyk, is hy weg. Dis 'n duur toets. My 15% bybetaling is AED 600, sowat R1500. Ek het drie dae met die dik arm geloop, maar vyf jaar se behandeling is uiteindelik agter die rug... dankie Pappa vir U groot genade.