Gister, 'n maand terug, het ek Suid Afrika toe gevlieg vir Eid en een heerlike besige week spandeer wat my gees en liggaam verkwik het. Ons dae is sooo vol van allerhande dinge en die dae word weke en die weke maande en iewers moet mens van die oomblikke in ons lewe probeer vasvang.
Ek het 'n hele sak voel baie oulike sagte speelgoed in my sak gehad... al die pad van DJ in Hawai om Riza se nuwe huis meer kindervriendelik te maak...aldus DJ. Ek wonder hoekom hmmm? Die honde en die nuwe sagte speelgoed moes eers hallo se voordat die speelgoed hoog bo op die boekrak in die studeerkamer 'n plekkie gekry het, want soo die foto bo wys, het Tavid uiteindelik besluit hy hou die meeste van Eor en wou hom sommer in die mandjie tel.
Die hondefamilie hou ook baie van hulle nuwe huis en die mandjie in die son voor die skuifdeur is 'n gunsteling plek
Ek kon nie genoeg buite wees om die koel vars lug, son en stukkie tuin te geniet nie
Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval. ja my erfenis is vir my mooi Ps 16: 6
Ons het selfs probeer om Maandag by die kwekery se teetuin te gaan slaai eet, maar na besige naweke is die teetuin toe op Maandae en het ons nuwe Malvas vir die potte gekoop. Terwyl Riza aan haar assignment werk het ek blomme geplant en my naels en hande vol potgrondd gekry....en elke oomblik geniet.

Toe is ons vlooimark toe om die kleure en geure en klanke in te drink. Is ons land nie wonderlik kleurvol nie. Ek wou sommer armsvol van die kleurvolle geverfde bekers en blikborde koop, maar heelaas het ek geen plek meer in die kaste hier in Abu Dhahi nie en Riza het al reeds haar blikborde.

'n Heerlike plek om in rond te dwaal en te kuier...die African Market in Rosebank.

En terwyl ons Thai kos eet, doen die groep Afrika danse met 'n storie.... ongelooflike ritme. Mens wil net saam dans
Die man speel sy kitaar en sing tog te mooi
En die klein blonde asjas sit hom en verluister en vergaap aan alles terwyl hy aan sy roomys smul
En toe die kersie op die koek. DJ het my en Riza bederf met 'n hele dag van wonderlike masserings by die Mangwanani spa in Fourways. Thank you uncle DJ. Dit was amazing. Mens sit op die stoepe in die buitelug en uitkyk oor die stukkies ongerepte natuur... en luister na die vrolike voel klanke.
Die terapeute staan gereed om ons te bederf. Alles so mooi en netjies en skoon
Riza is tog te in haar skik. Hier sit sy en wag vir die nek en en skouer masering... ons koppe was op die stadium vol olie.... ons het tog te lekker geruik. Dit het my laat dink aan Ps 23 U maak my hoof vet met olie, my beker loop oor.
Ek doen geen reg aan die spa ervaring met die kriptiese inskrywing nie. Ek sal 'n hele blog daaroor doen...voor nog 'n maand verby is. :-)
Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval. ja my erfenis is vir my mooi Ps 16: 6
Ons het selfs probeer om Maandag by die kwekery se teetuin te gaan slaai eet, maar na besige naweke is die teetuin toe op Maandae en het ons nuwe Malvas vir die potte gekoop. Terwyl Riza aan haar assignment werk het ek blomme geplant en my naels en hande vol potgrondd gekry....en elke oomblik geniet.
Toe is ons vlooimark toe om die kleure en geure en klanke in te drink. Is ons land nie wonderlik kleurvol nie. Ek wou sommer armsvol van die kleurvolle geverfde bekers en blikborde koop, maar heelaas het ek geen plek meer in die kaste hier in Abu Dhahi nie en Riza het al reeds haar blikborde.
'n Heerlike plek om in rond te dwaal en te kuier...die African Market in Rosebank.
En terwyl ons Thai kos eet, doen die groep Afrika danse met 'n storie.... ongelooflike ritme. Mens wil net saam dans
Ons het 'n wonderlike land.... geniet elke oomblik van die heerlike lentedae en weet dat Vader in beheer van ons lewens is, elke dag.
Lief julle almal









