Tags is fun en alles en moeite soms maar die een is onmoontlik. Ek ken Sandra al 21 jaar en mens kan dus verseker se ons het al 'n sak sout saam opgeeet. Om 21 jaar in een woord vas te vat is regtig onmoontlik. Ons ken mekaar se negatiewe en positiewe kante en alle kante. Ons koop al dieselfde bloesies op verskillende tye en weet nie daarvan nie en dra dit na dieselfde geleentheid :-) en eet baie keer dieselfde kos ook, maar interessant genoeg, hou ons nie noodwendig van dieselfde kosse nie... so nou het ek so gedink:
Ek deel my diepste geheime met haar en sy maak nie issues daarvan nieOns vererg ons soms vir mekaar sonder om 'n grudge te hou
Ons kan baie lekker saam toer want ons laat nie klein verskille in ons pad kom nie
Ek kan lekker by haar afpak as ek 'n goor dag by die kantoor gehad hetSy luister as daar iets spesiaals met my en myne gebeurSy bid saam as daar 'n krises isAs ek haar vra om na my diere te kyk terwyl ek weg is, doen sy dit met liefde en bel selfs om te vertel hoe dit met hulle gaanOns werk lekker saam want ons ken mekaar se swaktes en sterktesOns deel 'n passie vir kinders en hulle ewigheidswaardeOns kan mekaar laat wees wie en wat ons is sonder om mekaar te probeer veranderDaar is geen voorwaardes in ons vriendskap nieOns buit nie mekaar se swakhede uit nie, maar vul aan en hou die einddoel in die oogOns leen niks by mekaar wat ons nie teruggee nie, veral nie geld nieOns kan lekker saam lag en huilOns het baie fun saam en geniet mekaar se kinders... Nelmarie, soos julle weet, is my "ander" dogterSy gaan uit haar pad om my kinders rond te ry as ek werk en hulle kuier hier en doen dit met opregte vreugde en neem selfs fotos :-)Sy ken my en aanvaar my en verstaan my. Ek kan totaal myself wees sonder om te vrees dat sy my ooit sal blootstelEk voel veilig in ons vrienskapEk vertrou haar met my leweso om alles mooi saaam te vat.... sy is BESTEMAAT
En as ek nie genoeg dankie se vir jou vriendskap nie, dan se ek dit nou hier voor almal wat hier lees.... dankie maat Ek tag Naomi om my in een woord te beskryfAl die ander mense wat my so bietjie of meer ken is reeds getag...Ek lees lekker aan die ander blogmaat se stryd om mekaar in een woord te beskryf. Doen so voort.