Wednesday, October 10, 2007

Baba honde seuntjies

Ons het meisie mensebabas en seuntjie honde babas en as ek iets oor die meisies sê dan kan ek nie van die seuntjies vergeet nie.
Die goetertjies is nou 'n week oud en word baie gou groot. Beth tel mooi gewig op en haar pelsie blink, so als wel.Net pa Tavid wat so bietjie verleë lyk. Hy mag nie in die boks by ma en die babas nie. Foetog. Riza vertel darem sy gee so bietjie ekstra aandag aan hom. Yes I know DJ, problems hey :-)
Die een met die kolletjie op die kop is MYNE (baie dankie DJ en Riza) en sy naam is Didi. Hy is 'n monster, sê ounooi Riza. Hy skree die hardste, eet die meeste en loop sommer agter Beth aan aan sy haar draaitjies loop.
Hier is Beth besig om haar oudste se doek om te ruil. Die arme ou staan omtrent op sy kop.
Sommer net lekker om te kan sê dit gaan goed met die hondegesinnetjie. Riza kan nie wag dat hulle ogies oopgaan nie en ek vermoed sy weet nie wat wag as die kleuters begin rondhardloop nie, want Sandra gee raad en sê Riza moet solank 'n campcot gaan soek vir daardie fase... of 'n playpen...

2 comments:

Anonymous said...

Kyk my oulike babies!!! Lief vir mam. Elriza

Anonymous said...

Hulle is baie oulik my meis. Lief vir jou