Ek is so gelukkig om die een te hê wat baie dapper... en honger is.
Gedryf deur 'n magie wat gor, het hy dit uit sy veilige bokskamer gewaag om sy ma te gaan soek.
Gelukkig het hy nie te ver geloop voor sy mamma hom raakgeloop het nie.
Sy voer en lek en troos maar ewe geduldig. Is hulle nie te pragtig nie!!
Die jongste boetie wat die meeste soos Didi lyk is nou gekies en hy sal een van die dae 'n huis hê.
Die oudste boetie het nog nie 'n huis nie en Riza lyk nie te gretig om vir hom huis te kry nie. Intussen kry hulle sommer baie drukkies en soentjies van hulle ounooi.... en mamma Beth.


No comments:
Post a Comment