Na aanleiding van my vorige post, stuur Riza toe vir my hierdie baie pragtige stuk oor Jesus en Santa en ek deel dit graag met julle. Ek vertaal dit en dis nie deur my uitgedink nie. Dis met volle erkenning aan die persoon wat die stuk geskryf het met so mooi seëngroet daarby.
Santa bly in die Noordpool, Jesus is oral. Santa ry in 'n slee, Jesus ry op die wind en loop op water. Santa kom net eenkeer 'n jaar, Jesus is altyd en alomteenwoordig. Santa maak mens se kerskouse vol goetertjies, Jesus voorsien in elke behoefte. Santa klim ongenooid deur jou skoorsteen, Jesus staan by die deur van jou hart en klop.. en maak Sy woning in jou hart. Mens moet in die ry staan om Santa te sien, Jesus is so naby soos die noem van Sy Naam. Santa laat jou op sy skoot sit, Jesus gee jou rus in Sy arms. Santa weet nie wat is jou naam nie. Al wat hy kan sê is "hallo klein meis/ meneertjie, wat is jou naam?"Jesus het jou naam geken voor jy gebore is. Hy ken nie net jou naam nie, maar ook jou adres. Hy ken ons verlede en ons toekoms, Hy weet selfs hoeveel hare op ons koppe is. Santa het 'n jelliepensie, Jesus het 'n hart VOL liefde... Hy IS liefde. Al wat Santa bied is ho.. ho... ho... , Jesus bied "hope, health and help. " Santa sê: "Moenie huil nie", Jesus sê: "Werp al jou bekommernisse op My, want Ek sorg vir jou."
En toe kry ek ook hierdie pragtige foto's van drie klein engeltjies daar ver in Johannesburg. Ousus Amika, ondeunde Ilke en baba engel, Xenia.

Tavid en Beth is sulke oulike ouers en kry baie liefies van ounooi Riza. Hulle gebruik ook die tydjie om mekaar so bietjie te liefkoos. Is dit nie pragtig nie. Pancho moet een van die dae na sy nuwe huis toe gaan. Ek weet... my hart wil namens Riza en die res van die gesinnetjie breek, maar dis mos maar hoe dit is. Ons bid dat hy na 'n liefdevolle huis toe gaan en sal sorg vir groot pret.


Wel ek het... en ek hoop ek oorleef dit om die storie te vertel, maar soos hulle sê: "Hou die spasie dop." Hannes ek wens jy was hier om te help, maar ook miskien goed want dalk sal jy vir my lag.


