Sien die foto van die stoepe. Hier is twee groot biblioteke, maar met jaargeld van Dhs 400... R850. Kan julle julle voorstel dat ons soveel sal betaal om lid van 'n biblioteek te word? 
Hulle bied allerhande klasse en vertonings aan en daar is 'n pragtige uitstal ruimte waar Suid Afrika ookal 'n uitstalling gehad het. Die foto's is tydens 'n vorige besoek geneem.


Daar was klomp van hierdie pragtig geverfde kamele toe Elriza , James en Corli Desember hier was.
Ver op die agtergrond kan julle "siderman" sien. Ekskuus ek het nie nader gegaan vir die foto nie, maar het ek julle al vertel dat dit VREESLIK warm was Saterdag?
Binne is dit heerlik koel en deur die week is daar by hierdie Arabiese tent koffie en dadels. Nie Nescafe nie, Arabiese koffie. As mens nie verwag dit moet soos koffie smaak nie is die skok van die smaak daarvan nie so groot nie.
Daar is die oulikse kafeetjie vol plante en bont meubels en hulle speel die mooiste klasiek musiek terwyl mens vrugtesap of tee drink of eet teen 'n fraksie van die prys wat ons by Emirates Paleis betaal het.
Net so om die draai van die kafeetjie is 'n groot sitkamer met 'n hele klomp sitplek en soms speel iemand klavier daar. Dit het ek nog nie beleef nie en ek vermoed dis ook iets wat in die week gebeur. Daar is ook 'n groot ouditorium waar hulle musiek utvoerings hou en eenkeer 'n week kan mens van die nuutste flieks daar gaan kyk vir toegansgeld van Dhs5. Meeste van die musiekuitvoerings word deur een van die Sheikh's geborg.
Ouens, die land se vrouens kan nie 'n kleedkamer gebruik nie. Die vloere en alles is altyd sopnat. Ek sal nou nie op die detail ingaan nie, maar mens sukkel soms om neersit plek te kry vir handsakke en stuff. Kyk wat het Amelia met die goed wat sy gekoop het gedoen om haar hande gewas te kry. Annie en Corli, ons praat gereeld van hoe skoon die kleedkamers in Nieu Zeeland was.
Ek moet sĂȘ ek dink nie ek besoek die plek genoeg nie. Ek hou van die atmosfeer. Ek vertel julle volgende keer van die ete by Le Meridien ....
Groetnis tot dan

