Showing posts with label leeus. Show all posts
Showing posts with label leeus. Show all posts

Tuesday, August 7, 2007

Katte, honde, leeus en kinders

Hallo almal,


Ons het ook diere en kindertjies in die land... tot leeus!!!! en ek het 'n blou tandmerk op my been om dit te bewys.
Niël, my oudste, sal hierdie mail nogal geniet, want hy het diere in die sak... of het hulle hom in die sak? Hier is hy met Tavid .....in sy sak ....en met Nala by die dam.....wat sê sy vir jou seun? en soentjie van Jimmy.


Een van die Suid Afrikaanse vrouens wat hier is, werk vir die Sheikh en "bestuur" sy diere. Ons loop haar in die winkel raak en sy is haastig, want sy sê sy het twee leeutjies in die kar... ja ek weet. Ons het haar ook nie geglo nie, maar toe sê sy, "kom kyk".
Hierdie twee bly in haar villa, in haar kamer en slaap in die campcot. Aanvanklik was hulle maar baie skrikkerig vir ons, maar toe hulle ons gewoond raak, kon ons foto's neem en aan hulle vat. Dit was so wonderlik!!!
Die dogtetjie wat hier onder die tafel sit, het die mooiste wakker ogies en sy is ook die meer ekstrovert. Haar boetie is meer versigtig, baie ondeund en toe William vir Mercedes, die dogterjie, op die skoot vashou het hy ook nader gekom en William met sy poot gekrap om hom ook op te tel. Oulik... ek stem saam, maar wil ek hulle in die huis... in my kamer hê? Ek dink nie so nie. Ronel het haar hande vol met die twee en slaap amper niks en kan nêrens gaan nie. En sy sê hulle eet alles wat hulle in die hande kry. Die twee het nounet begin vleis eet en moet nog so maand by haar bly voor hulle reg is vir die "plaas". Op die oomblik is dit te warm. Maar Ronel vertel dat al die diere se hokke lugversorg is. Ek belowe ons sal gaan kyk en ek sal foto's neem. Ek het intussen my eie "leeu" en ons twee doen alles saam... in die badkamer...
dan in die kombuis, waar hy sy eie glas het en wat ek altyd moet vol hou met yskoue water. Hy drink nie kraanwater nie, maar ek kan verstaan. Ek bad op die oomblik in die water uit die koue kraan. Ek draai nie eers die warm krane oop nie. Praat van sonverwarming....
En dan slaap hy onder andere ook in die wasgoedmandjie.
Mens sien orals in die mall die klein Arabiertjies met hulle Katooras en gister het ek moed bymekaar geskraap en die klein patroon se pa gevra of ek maar 'n foto mag nee. Die mannetjie se naam is Ghaith. Hy het eers sy stokkie heen en weer geswaai en gelyk of hy wil wegkruip, maar toe ontspan hy en "pose" so mooi vir die foto. Julle moet hierdie goeterjies sien as hulle nog doek dra met die lang wit rokke....


Ek gesels gou weer. Hou die blinkkant bo