Wednesday, August 27, 2008

Alessia is een jaartjie oud

Hierdie fotos so vyf dae oud. Hannes en Angela het bietjie kom kuier en Alessia was vol pret. Sy en die hondjies het mekaar al om die koffie tafel gejaag. Daarna het sy peek -a -boo met ons gespeel in die restarant. Terug by die huis het sy borrels gejaag en gevang. Kyk net hierdie hartjie op die boudjies!!
Baie geluk met jou verjaarsdag Missy... Jy is 'n bron van groot vreugde.



Kom ons dans saam met haar die nuwe lewensjaar in.

Baie liefde ....t Charmaine xxx

Monday, August 25, 2008

Die lente kom

Vir almal by die huis wat gaan koud kry die naweek wil ek net se vasbyt ouens. Die lente is oppad... ons wens weer dit wil asseblief net bietjie afkoel, maar as dit warmer word by die huis gaan dit koeler raak hier en dan huppel ons almal en geniet die buite wees en die wonder van ons Pa se skepping. Bloeisels van Elma wat ek graag met almal deel. Sy se hierdie ruik ook lekker.....



Asem al die negatiewe frustrasies, haat, bitterheid en irritasie uit.............. dan asem ons vrede en vergifnis diep diep in....... ruik die heerlikheid van Pa se liefde vir ons en voel hoe dit elke sel in ons liggame indring..... geniet die bloeisels.. Lief julle!!!

Sunday, August 24, 2008

Steyn jou verjaarsdag!!

Baie geluk seunskind. Jy moet 'n fees van 'n dag he en weet ons dink aan jou. Hoop die jaar wat voorle gaan wonderlik wees. Baie liefde T Charmaine

Saturday, August 23, 2008

Roxanne it is your birthday!!!

Happy Birthday Rox!!We wish you a wonderful day and a year full of really good surprises. Lots of love Charmaine

Tuesday, August 19, 2008

As ons alleen by die huis is

Ek het al baie gewonder wat my drie skermunkel seuns maak as ek nie by die huis is nie en vanoggend is ek siek en kan lekker by die huis bly en ek werk bietjie op die laptop. Die twee hondeseuns is altyd by en om my as ek huis toe kom, maar toe ek besig raak vanoggend verdwyn hulle en ek gaan loer... hulle le voor die venster in die son... elkeen met sy eie sagte speelding... wat eintlik myne is... en 'n waslap... nou weet ek hoekom ek altyd 'n waslap moet loop soek as ek wil bad saans. Ons het 'n roetine... een oggend toe ek Dee wil kos gee, het ek die bakkie laat val en die kos het oral oor die gladde teels gespat.. maar die twee "stofsuiertjies" was gou by om die vloer skoon te maak. Nou wag hulle elke oggend vir die spatsel kos oor die kombuisvloer wat hulle dan soos hoendertjies oppik. Dee slaap agter die kas en bly uit hulle pad. Didi kruip ook partykeer onder die kombersie in en neem sy sagte speelding saam. Ek sal tog probeer om 'n video te maak van Dee en die hondtjie se koerante "toilet". Hy KANNIE verstaan dat hulle so mors nie en as hy verby stap dan krap hy net toe... en kan dan ook nie verstaan dat al sy gekrap nie enige effek het nie... ek wil my dood lag vir hom. Een van die dae as dit begin koeler raak, sal ek en die hondeseuns weer bietjie gaan stap. Intussen kry hulle baie raas oor hulle die mat vor die venster uitkrap. Vanoggend het ek ook 'n stuk van die marmer vloerlys en 'n skroef gekry. Dink julle die twee is besig met prison break? Ek dink nie die skroef kom uit die muur nie... hmmmm??

Tuesday, August 12, 2008

Hannes se verjaardag

Ek kon regtig die eerste keer in baie jare saam met Hannes en Angela wees vir sy verjaarsdag en ek kon sien die twee mis die mense by die huis, familie wat kom inloer en als. Dis die prys wat mens betaal vir in verre lande werk. Maar vir my het dit die groot heerlikheid ingehou van kuier met die kleine meis waarna haar ouma Bessie so verlang. Kyk hierdie pragtige poppie. Die klere wat sy aanhet, se mamma Angela, het sy self van die rak afgehaal en wou dit nie weer terugsit nie. Ek sien hier kom 'n ding. Hannes het 'n handi cam by die hele familie persent gekry en ek kon sien hoe hy met die kamera gesels. Hy sal dit wel baie gou uitsorteer. Ons het heerlik buffet gaan eet so reg langs die strand waar mense... ek dink hulle is van die Noordpool want dit was so vrek warm gister, op die strand en in die son le en gaarkook. Ek wou nie hulle lywe he gisteraand nie... Alessia het gekraai van die lag vir die spinnekop wat teen die venster vassuig en haar verkyk aan die ballon diertjie en soos julle wel regraai, dis nie ek wat daardie ballon so gebuig en geknoop het nie. Dit kan ek glad nie regkry nie, al gee jy my ook 'n bakkie poeding. Ek het heerlik saam gekuier.

Sunday, August 10, 2008

Tagged

Sandra het my getag oor die brands wat ek gebruik:

Tandepasta: Aquafresh

Wasgoedseep: Ariel ... vir dubbelbalies

Skottelgoedseep: Pril

Lyfseep: Lavender

Parfuum: Op die oomblik L'Occetaine se Mirre en Incense

Sjokolade: Kit Kat

Chips: Pringles

Kougom: suikervry .. gegeurWaatlemoen en Suurlemoen en Grapefruit

Aanmaakkoeldrank: nee, ek drink dit nie regtig nie

Kruidenierswinkel: Spinneys en Abela

Kar: Honda Jazz (lig blou)

Klere: Woolworths en tailor en ek self

Bank: Absa en Nat bank of Abu Dhabi

Selfoon: Nokia maar ek dink aan Samsung vir die twee simkaarte.. hoe is Samsung?