Friday, March 6, 2009

My handsak

Sandra het my getag om te vertel en te wys wat in my handsak is:

Post a picture of whatever bag you are carrying as of late. No, you can’t go into your closet and pull out your favourite purse! We want to know what you carried today or the last time you left the house. List how much it cost. And this is not to judge. This is for entertainment purposes only. So spill it. And if there is a story to go along with how you obtained it, we’d love to hear it.Show us what’s in your purse. Spill it out! Take pictures! Tell us what it is!Tag some chicks. (sorry boys, but I’m guessing not a lot of you carry bags around anyway, except maybe the Korean lads).

Hierdie handsak was 'n kersgeskenk van my sus Lorraine. Ek ruil nie graag handsakke nie, maar ek het ander kleure ook. Dis net te veel PT om altyd oor te pak an seker te maak alles is in. Ek hou ook van 'n vakkie handsak, maar die een is ook 'n grou een. Ek hou van handeroom in my handsak en veral lavender. My fotos is swak, ek weet, maar dis tipies ekke en het besluit om dit nie oor te neem nie, want dit was al klaar baie werk om die handsak uit te pak en te besluit wat by wat hoort.. Ek hou ook van grimereing dra vir 'n noodgeval en het eintlik net die basiese in my sak. Lipstiffie en maskara en flos en 'n borsel en lappie van een of ande restaurant. Ek het nooit tissues in my handsak nie... en verwens myself daaroor. Maar het wel in my kar tissues. Dan is daar 'n klein spieeltjie en 'n skerpmaker, want ek het al by kindergroep aangekom met potlode sonder punte....
Dan dra ek my sakbybeltjie, 'n kersgeskenk van Sandra... en dis baie handig. Kan nie meer daarsonder nie. Ook my beursie en 'n iPhone guide, want ek doen nou iPhone opleiding. Ek gebruik nie die een nie. Die iPhone opleiers van Apple het dit vir ons gegee. Ek dra ook die "sleutel" waarmee ek in my bank kan inkom en skoonmaak goed vir my bril en my flashdisks met my aanbiedinge op... die een met die toutjie aan is Sandra sin wat ek vir haar moet teruggee. My werkfoon is ook in my sak... en partykeer hoor ek hom nie lui nie. Groot moeilikheid!! ;-)
Ek het pos in my sak wat ek Dinsdag oppad uit van die kantoor af saamgeneem en nog nie uitgehaal het nie en ook die kwitansie van die hotel waar ek die laaste twee aande gebly het. Ook my ID boek, Internasionale lisensie en paspoort ry saam met my. Daar is 'n paar visitekaartjies in my sak en 'n kaartjie van die bank met my spaarrekening nommer op

Pille vir hoofpyn en verkoue wat ek net nie afgeskud kry nie en suiglekkers wat eintlik nog van die vakansie in Suid Afrika afkom. 'n Oulike blikkie met minte... dis nou leeg... en 'n "stokkie" waarmee ek my tee kan roer as ek oppad is . Ek kry veskriklik oorpyn as ek vlieg en hou sommer die oorproppies in my sak.
Die klein pienk kaartjie het 'n versie op wat se: " Peace I leave with you, My peace I give unto you: not as the world givith, give I unto you. Let not your heart be troubled, neither let it be afraid." John 14:27

Ek het dit saam met die rekening by 'n restaurant gekry waar ek en Riza gedurende Desember geeet het, en gedink dis baie spesiaal.

Ek tag vir Muriel, as jy nie al getag is nie. Wat van jou Annie? En jy Meis?

Wednesday, February 25, 2009

C T S C A N !!!

Ek gaan dr toe vir die laaste voorskrif vir die vyfjaarlange hormoon behandeling vir borskanker... Arimidex.. 'n tipe chemo wat die hormone vernietig, omdat die borskanker waarmee ek gediagnoseer is in 2003, hormoonpositief is. Dis nie uniek nie. Dis die geval met meeste borskankerlyers. Ek is so opgewonde soos 'n kind om die behandeling te staak, want vir 5 jaar het ek erge hotflashes en pyn in my gewrigte en tel ek ses keer makliker gewig op as om dit te verloor. Die dr probeer nog verduidelik van die nuutste navorsing en sewe tot tien jaar behandeling, maar ek staan vas... genoeg is genoeg. Die dr stel 'n kompromie dat ek met die behandeling kan ophou as 'n volledige reeks toetse normaal is... dit beteken bloedtoetse, mammogram en CT scan. Ek onthou van die vorige keer dat die CT scan nogal onaangenaam was. Toe ek amper al weer vergeet het van die toets bel die hospitaal my om voorbereidings mediaksie te kom haal. Die tegnikus verduidelik van twee dae se voorbereiding en dan kontrasmiddel drink vooor die toets... ek onthou net van een dag, maar as hy so se... hy gee ses pilletjies wat ek drie keer 'n dag moet neem. Dis nou om my sisteem leeg en skoon te kry...Die pilletjies lyk onskulddig genoeg. Maar dan hoor ek moet vytig (50) ml kasterolie aan die einde van elk van die twee dae drink.. ek dog ek hoor verkeerd, ek vra: '5 ml kasterolie?'.. hy se, nee 50, five zero ma'm... jinne wat is nou weer die storie uit my kinderdae van die kasterolie boom en die vergiftiging? Is kasterolie hoegenaamd nog op die rakke? Ek haat kasterolie ouens. Ek drink liewer Engelse sout as dit dan nou moet. Aan die einde van die tweede nag voel ek bewend en taamlik goed leeggemaak. Die laaste deel van die voorbereiding is drie liter water met kontrasmiddel in vier ure voor die toets. Ek is vroeg die oggend reeds by die hospitaal nadat die radioloog my die vorige aand 8 uur gebel het om te se ek moet eers die kreatien bloedtoets doen voor hulle die ct csan kan doen. Ek wil my erre, maar die nursie hou vol die toets eerste en dat ek dit maar vroeg die oggend kan doen want die uitslae neem net twee uur... as die lab nie te besig is nie... die oggend voor die toets is ek bereid om die lab assistent met sjokolade of iets om te koop om die toets uitslae deur te kry, want ek sien glad nie kans vir nog twee sulke leegtap dae nie, maar Vader is weereens daar om die pad vir my gelyk te maak en uiteindelik stap ek met 'n drinkpensie VOL water na die toetskamer toe... ag dankie tog. Dit moet nou net verby kom. Toe ek met die blou hospitaaljurk op die baie smal bedjie klim kry ek sowaar nog 'n beker vol kontras... 500 ml. Ek dog die man maak 'n grap, maar nee, hy is dood ernstig. Eers die breinscan.... die tannie in die masjien se brein se vir mens: take a deep breath... hold your breath.....tik tik tik tik tik maak die scanner... breathe... se die masjien... en weer en weer en weer... tot die toraks en abdomen ook mooi deurgescan is. Dan kom druk die tegnikus 'n naald in my arm wat hy sommer daar los en ek onthou van die drip. Met die eerste CT scan het die ou my aar te styf toegedruk en toe hy die naald indruk, toe spuit die bloed... die keer het dit nie te sleg gegaan nie. Ek kry 'n buis kontras in my are... hoe die kontras weet om my maag in te kleur weet ek nie, maar wie is ek nou om te stry... as dit klaar is, nog 'n buis kontras vir die torasks.... ek le met my arms bo my kop en die tegnikus spuit die laaste buis kontras sommer so onderstebo in. Ek voel hoe my arm brand maar ek le maar stil... die brein word nou ingekleur... die baie smal bedjie beweeg stadig duer die scanner koepeltjie en ek wonder wat maak ek as daar iewers iets is wat nie reg is nie, maar terselfdertyd weet ek dat niks op mens se pad kom wat te swaar is om te dra nie....'n uur later kan ek aantrek. "Everything is normal" se die tegnikus en vir 'n oomblik flits dit deur my gedagtes... "al die vir niks", maar dan spoel die dankbaarheid en verligting deur my... my lyf is skoon van kanker. Ek kan skaars my arm buig so dik staan hy van die spul goed wat die tegnikus ingespuit het... "stupid!!"... maar toe ek uitkom om vir hom te vra wat het hy gedoen en hoe lank gaan ek so lyk, is hy weg. Dis 'n duur toets. My 15% bybetaling is AED 600, sowat R1500. Ek het drie dae met die dik arm geloop, maar vyf jaar se behandeling is uiteindelik agter die rug... dankie Pappa vir U groot genade.

Monday, February 23, 2009

Lekker verjaar my seun







Wiehann, mag hierdie nuwe lewensjaar vol verassings en vreugdes wees.



Mag jy elke dag Vader se liefde ervaar en weet Hy is nie ver van jou nie.



Baie geluk met jou verjaarsdag.



Ek is baie lief vir jou.



Mam

Wednesday, February 4, 2009

Een maand oud

Hier is die nuutste en jongste klein seunskind in die familie, James... en hy is een maand oud. Is dit nie die mooiste paar blou ogies nie...:-) Dankie tannie/ouma Rina, vir die pragtige foto.Ek raak sommer filosofies as ek na sulke klein perfekte wesentjies kyk. Watter ongelooflike verantwoordelikheid om seker te maak dat hulle die pad suiwer loop. Na die kindergroep week en die besoek van Tanya en Werner ... klik hier...besef ek net weer watter invloed ons op hierdie wonderwerkies uit God se hand het en bid ek vanoggend vir almal wat ouers, grootouers, onderwysers, groepleiers en op watter manier ookal by kinders betrokke is, dat die merkies wat ons op hulle sal maak, positief en opbouend sal wees.

Monday, February 2, 2009

VEELS GELUK LIEWE MAATJIE!!!

Op hierdie 2de dag van Februarie vier ons saam met my maatjie Sandra haar.....hmmmmm hoeveelste verjaarsdag nou weer?? Baie geluk en vreugde op jou verjaarsdag maat... ek wens vir jou 'n jaar van baie liefde, goeie gesondheid en diep innerlike vrede.

Dankie vir jou vriendskap en menswees.

Jy is baie kosbaar.

Vir jou Psalm 71:14

"But as for me, I will always have hope
I will praise You more and more..."

Liefde

Charmaine

Tuesday, January 20, 2009

Volstoom 2009

Oral waar ek lees sien ek dis nie net vir my wat 2009 so in overdrive is nie. Ek was skaars twee dae op kantoor toe pak ek weer my tas vir 'n vier dae lange kursus... en meer van die kursus sal ek liewer nie se nie. Net toe ek bly word dat die kursus verby is, hoor ek ek is weer drie dae hierdie volgende week in Dubai by die akademie... nog 'n kursus.. mens voel heeltemal buite beheer en as ek bestuur en die gevoel kom oor my, dan ry ek stadiger, sit musiek op en haal diep asem.. My asem skep in hierdie vroee stadium van die nuwe jaar is die herleef van die heerlike tyd in Suid Afrika waar ek net weer besef het hoeveel vrede die natuur in my kom bere... ek deel graag met julle.
Ons jaag so rond en op die ou end werk mens vir die toilet en die ashoop... so het my oupa altyd gese... en die Here se hy klee die lelies van die veld sonder dat hulle 'n steek doen... en maak dit mooi om ons... skep onder andere die mooisterooiste rose sodat ons vir mekaaar kan se hoe ons oor mekaar voel. (Wiehann het die mooi naby foto geneem van rose wat DJ vir Riza gestuur het om sy ma 'n les te gee in fotografie.)
As ek dit geweet het sou hierdie foto van die seepoele by Waenhuiskrans soveel beter uitgekom het... maar ek staan altyd verstom oor die detail van ons Skepper se handewerk..
Dan die wonder van aanhou ... hoe lank moes die seewater teen die rotse slaan om hierdie seegrotte uit te kalwe... as ons kan aanhou met uithou, is niks onmoontlik nie..
Hoe lekker om op die stoep van 'n lekker eetplek te wees met dierbares en vriende en 'n uitsig oor die Noordelike koppe van Johannesburg... of tussen die plante op Bredasdorp.

Mens kan ook in jou gedagtes langs die see gaan stap by Aghullas en diep ma en dogter geselsies he...
Of sommer net oor die see uitkyk en weet ons God is groot.

En dan die dag afsluit met 'n gesellige aandete by Ons Huisie by Bloubergstrand... warm vriendelike vuurtjie in die kaggel laat brand
en bewus wees van God se hand oor ons vir geslagte lank
En nou het ek sommer weer stoom vir die volgende fase van die besige vinnige jaar... hou vas ouens... lief julle almal...

Saturday, January 10, 2009

Totsiens en hello

Dis vervlaks aaklig om totsiens te se. Mens moet senuwees en 'n hart van staal he om dit te oorleef... of tenminste dan tydelik. Dis makliker om diere te groet as die mense so na aan mens se hart. Ek het nie eers laaste groetfotos geneem van my geliefdes nie. Ek konsentreer te veel op deur die afskeid kom. Riza se viertjies het so op my laaste oggend lekker styf teen mekaar in die sonkolletjie gesit. Die bietjie warmte was nodig na die vorige nag se storm wat die temperatuur sommer drasties laat val het... welliswaar net tydelik.


Bonita het die heel vakansie by my geslaap en as my oe oopgaaan in diee oggend styf teen my kop le en kliphard gespin.. Die ou vroutjie word ook nou oud.


Terug by die huis wil Didi net op my skoot sit. Die stoelsittery is nie op mails te lees nie, maar hy weet dis waar ek gaan wees. en Taffee wil fetch speel. En as ek nie meer die bal wil gooi nie, dan rol hy sommer vir homself die bal van die stoel se rugreeling af en speel fetch met homself

Dee sit hoog en droog op die tafel... buite bereik van die besige Chihuahua boeties sodat hy naby my kan wees.
En toe doe groot bederf van 'n kuier van Hannes en Angela en Alessia..die aspatat word so groot. Sy sit soos 'n wafferse dame op die stoel en wieg

en toe ons nie haar kersgeskenk wil aanmekaar sit nie, klim sy sommer bo-op en lyk asof sy lesse gehad het in kryt vashou en teken. Kyk die konsentrasie.

Hannes probeer my fotoprogram uitsorteer. Sy ousus is eintlik rekenaar gestremd.



Ag dankie weer vir almal se liefde by die huis en weer terug in Abu Dhabi. Dankie vir William en Sandra en Liam en Armand en Vanesa vir die oppas van die huis en diere. Ons skuld julle groot

En sien, ek het 'n baie wonderlike L'Occetaine persent van Hannes en Angela gekry... dankie dankie.. X X X


Ons sal daarwees vir mekaar deur die jaar. Didi en Taffee en Dee se BAIE DANKIE