.
Maar kyk hoe raak hy en Crispin eers gewoond aan die foon.
Die foon is baie nuut in die UAE en ek moet se ek droom nou al snags van alles waarvan my nie-tegniese kop vol is.
Eers die breinscan.... die tannie in die masjien se brein se vir mens: take a deep breath... hold your breath.....tik tik tik tik tik maak die scanner... breathe... se die masjien... en weer en weer en weer... tot die toraks en abdomen ook mooi deurgescan is. Dan kom druk die tegnikus 'n naald in my arm wat hy sommer daar los en ek onthou van die drip. Met die eerste CT scan het die ou my aar te styf toegedruk en toe hy die naald indruk, toe spuit die bloed... die keer het dit nie te sleg gegaan nie. Ek kry 'n buis kontras in my are... hoe die kontras weet om my maag in te kleur weet ek nie, maar wie is ek nou om te stry... as dit klaar is, nog 'n buis kontras vir die torasks.... ek le met my arms bo my kop en die tegnikus spuit die laaste buis kontras sommer so onderstebo in. Ek voel hoe my arm brand maar ek le maar stil... die brein word nou ingekleur... die baie smal bedjie beweeg stadig duer die scanner koepeltjie en ek wonder wat maak ek as daar iewers iets is wat nie reg is nie, maar terselfdertyd weet ek dat niks op mens se pad kom wat te swaar is om te dra nie....'n uur later kan ek aantrek. "Everything is normal" se die tegnikus en vir 'n oomblik flits dit deur my gedagtes... "al die vir niks", maar dan spoel die dankbaarheid en verligting deur my... my lyf is skoon van kanker. Ek kan skaars my arm buig so dik staan hy van die spul goed wat die tegnikus ingespuit het... "stupid!!"... maar toe ek uitkom om vir hom te vra wat het hy gedoen en hoe lank gaan ek so lyk, is hy weg. Dis 'n duur toets. My 15% bybetaling is AED 600, sowat R1500. Ek het drie dae met die dik arm geloop, maar vyf jaar se behandeling is uiteindelik agter die rug... dankie Pappa vir U groot genade.
Baie geluk en vreugde op jou verjaarsdag maat... ek wens vir jou 'n jaar van baie liefde, goeie gesondheid en diep innerlike vrede.