Wednesday, April 15, 2009

'n Spierwit klippie en 'n kroon

Die naweek se Ester... Ken jou naam - konferensie was amazing. Ek het hoe verwagtinge gehad uit vorige ervaring, maar Pappa is so vol verassings en het ons uit ons nate kom seen met Ds Elza Meyer se wonderlike gemaklike manier van praat, en Wanda de Kock Bam, Louis Britz en Lize Leversage se lofprysing. Ons kon met mekaar die vreugdes deel van die werk wat Vader in elkeen van ons doen.

Ons leer God se name ken. Hy is Yahweh Nissi, die Naam bo elke Naam, Hy is Yahweh Rapha, Geneesheer en Hy is Jahweh El -Olam, Ewige God, Yahweh Shalom, God wat ons vrede gee.
Ons kan Hom volg en vertrou en volkome aan Hom oorgee.

Ons staan voor Jahweh Shalom en le alles af wat ons vrede steel. Al die bitterheid en sondes waarmee ons nie klaarmaak nie.
Ons staan voor Jahweh Rapha en ontvang genesing vir ons liggame.

Dan staan ons voor Jahweh Nissi om onder Sy banier te staan... Sy Naam oor ons almal. vir altyd.
Uit Openbaring 2:17 hoor ons dat Johannes vir die gemeente van Pergamum die woorde bring van die Een wat 'n tweesnydende swaard het vir die mense wat in Pergamum leef waar Satan sy troon het. (klink vir my baie soos die wereld waarin ons leef) God wys hulle sonde vir hulle uit en vir die wat die verkeerde dinge afle, gee Hy 'n spierwit klippie met en 'n nuwe Naam wat daarop geskryf staan wat net die een ken wat die klippie dra.... en Hy deel met ons van die versteekte manna.

En ek wonder so by myself, hoe kan mens in sonde bly leef as ons God soveel teer beloftes het vir die wat Hom volg... Jahweh Nissi

Ons leer ook van ons name en die betekenis daarvan. Dat God se plan vir ons lewens ook verband hou met die naam wat ons dra. My naam beteken "singer" en die geestelike betekenis is blydskap... die oomblik toe ek dit lees, dink ek aan hoeveel kere ek nie die blydskap ervaar nie, omdat soveel dinge my vreugde steel.... dan lees ek die versie wat spesiaal net vir my gegee is uit Jeremia 15:16 " when Your Words came, I ate them; they were my joy and my heart's delight, I bear Your Name, o Lord God Almighty..."
Dan kry ons die kans om te kies of ons vir altyd onder die banier van Jahweh Nissi wil loop en die kroon dra van Hom wat se: "So you will be My people and I will be yor God."

Hoe sou ons dan nie die kroon kies nie.
Ek bid vir elkeen wat hier lees die vrede van Jahweh Shalom, want vrede beteken om heel te wees.
Hier is amper almal van ons omgeegroep met ons krone... sussies in Jesus
Gaan kyk na die pragtige video op Sandra se blog .

Monday, April 6, 2009

Ons kamp saam

Die kamp is al lankal in die argiewe en ek kom nou eers by die blog uit... verskoon maar ouens. Ek was nie baie lus om die twee hondeseuntjies in die kennels te gaan los vir die naweek nie maar was darem ook bekommerd oor hoe hulle hulle sou gedra in die kar en op die kamp, maar hulle het my verras. Ek probeer hard om hulle te leer om agter in die kar te ry, maar nee, my skoot is die enigste plek vir hulle. Baie soet, ek moet se...

Didi le my skoot vol, so Taffee besluit my nek is net die plek. Hy doen dit van hy hier aangekom het. So kan hy lekker by die venster uitloer.


By die kamp aangekom is die twee uit hulle velle en hardloop uitgelate oor die gras. In die park hier in die stad bly hulle om my voete en is maar skrikkerig vit die geraas en die verkeer. Hier moes ek net keer, want hulle verken sommer die hele terrein... en ek is half nie lus om so rond te hol nie. Dit was nogtans so lekker om die twee so te sien.
Ek sien ook hulle het nie juis 'n saak met wie in die bed slaap nie. Daar was vier beddens in die kamer en hulle het hulle net tuis gemaak... en snags by almal gaan inkruip...tot my ontsteltenis :-0 bedags ook by enige een wat so gelukkig was om 'n middagslapie te vang.... nie ons nie... :-) Ek wens!!

Almal op die kamp het aandag gegee en water gegee en vasgehou en gespeel. Middagete by die eetsaal was dit erg warm en Hentie gee sommer vir hulle water so uit sy hand. Glad nie vreemd nie drink hulle gulsig.
Die kinders het hulle net so geniet en behoorlik tou gestaan om hulle vas te hou.
James se arms bied 'n welkome veilige hawe vir so bietjie wegkom van al die baie handjies af.

Die dors was groter as gewoonlik in die hitte. Kyk hoe probeer die twee uit dieselfe glasie drink... dit sukkel maar
Maar as mens beurte vat, dan gaan dit beter
Hulle is vodde toe ons die pad terugvat huis toe. Taffee wil nie sy kop neersit dat ons kan sien hy slaap nie, maar hy kan sy oe nie oophou nie. Didi het nie 'n saak nie. Hy slaap net
Terug by die golfbaan wil Minri se ma ook sien hoe lyk die twee.

Maar terug by die huis is daar nie sprake van slaap nie. Hulle is reg vir fetch speel... en ek wil net so bietjie rus...

Dit was heerlik om hulle op die kamp te he. Dankie vir almal wat gehelp het en maar toegelaat het dat die twee hansgoed sommer so by hulle in die bed inkruip. Vicky wat nie net tee aangedra het soggens vroeg nie, maar ook die twee uitgeneem het vir vroegoggend piepies op die gras. Jy is 'n blink sterretjie Vicky. Ons waardeer jou so baie. Dankie maat vir die fotos dat jy altyd instaanmamma is. Lief julle almal.

Sunday, March 29, 2009

Alessia se eerste kindergroep

Ek het Vrydag die eerste keer kans gehad om Alessia alleen op te pas terwyl Hannes en Angela 'n konsert in die tuine van die Emirates Paleis gaan bywoon het. Ek dink as ons eerlik wil wees. was ek en hulle ewe bekommerd dat die lank wegwees van Mamma en Pappa vir haar te veel kan raak. Ek en sy is hier weg met Hannes se kar want my FROG het mos nie 'n babastoel nie. Alessia is nie so seker wat om te dink van die tannie wat agter die stuur inskuif nie... maar sy hou haar baie dapper. Ons luister na haar musiek en op 'n stadium hoor ek sy brom sing so saggies saam. Ons laai vir Sandra en Nelmari op vir kinderkerk en maak ons gebruiklike stop by ADNOC vir koffiekrag vir die aand wat voorle.. Sy haal vir haar die kleinste pers teddie van die rak af en is sommer heeltemal tuis. My hart is baie bly en ek wens Angela en Hannes in my gedagtes 'n wonderlike aand uit toe. By die "kerk" aangekom is sy katjie van die baan.

Hier hardloop sy saam met Liam rond wat nie vanaand die baba in die groep is nie.
Sy is pragtig en klein en vrolik en niemand kan haar weerstaan nie.
Sy sing Carry the light of the Lord
en I go to Jesus.
Sy sit heerlik op Toinette se skoot
Toe ons buite kom is dit donker en ons het ons hande vol maar klein meis kies die ooptes oor die driving range en speel en speel.
Oppad huis toe kan ek sien haar wieletjies is pap, en ek begin so effens kommer oor die lee huis met die dat mamma en pappa nie daar is nie. Die honde en Dee kom groet oordadig...Sy laat haar tannie vir haar 'n bad tap, eet 'n hele klomp van haar noedel sop en toe hou sy haarself wakker met die dvd's wat sy self kies..... soos sy ook by die kindergroep gedoen het. Klaar baie tuis met die tegnologie
So halfpad deur Happy feet, besluit sy eerder Wall 'ee sien en so amper teen die einde kry Aristocats 'n beurt. Sy veg teen die vaak en is nog vol lewe en energie toe Hannes en Angela by die huis kom. Ons het mekaar so geniet... en o ja, ek is nou Mimi.... :-) Baie dankie Nelmari vir die lekker besig hou en agter haar aan hardloop en tannie Sandra vir die mooi fotos.

Saturday, March 21, 2009

My besige weke

Nou nie dat enige week in hierdie jaar 2009 al as rustig geklassifiseer kon word nie. Dit is regtig nie snaaks soos die wiele van die tyd oor die dae en weke en maande rol hierdie jaar nie. Ek wil nie eers probeer voorgee ek hou by nie en die baie niks wat op die blog aangaan sal my in elk geval weggee. Ek weet darem ook dat ek erg bederf en geseen word so in die rondry en al en deel dit graag met julle.
Ek ry die laaaannng besige pad van Abu Dhabi af ... deur Dubai... deur die woestyn... ry Ras Al Khaimah skoon mis en kom sterk skemer by hierdie pragtige nuwe hotel aan. The Cove. Ek dink eendag moet ek weer daarheen teruggaan en die spa en swembad en see gebruik... is dit nie mooi nie...
Hierdie foto's het ek die volgende oggend geneem. En toe is ek eers spyt dat ek nie vroeer by die hotel aangekom het nie
Dan laatmiddag die volgende dag van Ras Al khaimah na Fujeirah . Die verkeer bestaan hoofsaaklik uit trokke, maar die ander voertuie ry teen die spoed van witlig by mens verby op regtig gevaarlike paaaie wat mens totaal opstress... maar kyk hierdie berge. Soos die see se kleure, het ek hierdie berge al in grou grys en vaal vuil wit en amper swart gesien, maar hierdie keer is die berge die kleur van die verf waarmee Elriza die nuwe woonstel se sitkamermure mee wil verf.... iets soos Freestate dusk. Of so dink ek?? :-) So baie mooi..
Dan kom ek stokflou by die hotel aan en in die kamer op die TV skerm word ek by my naam welkom geheet... die bed is oopgeslaan en daar is vrugte met komplimente van die hotel... lekkkeeerr voel ek soos 'n ryk vrou.... le lank in die warm skuimbad en bestel kos om in die kamer te eet.

Een week is verby en die volgende week is niks minder besig nie. Hierdie is vroegoggend mistigheid oppad Al Ain toe, maar waar ons gaan, skyn die genade van God se son oor ons en weet ons Hy laat ons nooit los nie. Hy laat die meetsnoere vir ons in lieflike plekke val.

Saturday, March 14, 2009

Baie geluk Angela

Dis jou verjaarsdag skoonsus!!
Mag dit 'n wonderlike en geseende dag wees.
Mag jy vandag en elke dag van die jaar Vader se liefde vir jou voel

Ek wens jou geluk en vrede en goeie gesondheid

Baie liefde
Charmaine

Tuesday, March 10, 2009

Wie wil 'n iPhone he?

Vandat ek teruggekom het van my vakansie in Desember, is ek besig met die iPhone. Eers moes ek vir ses dae opleiding bywoon in groot geheimhouding... want as die kompetisie voor die vrystelling van die foon uitvind dat ons die kontrak met Apple gesluit het.... groot moeilikheid... weet nie wat sou gebeur nie, maar dit het my nogal aan my weermag dae by Militere inligting laat dink waar mens jou naam met 'n uitveer moes skryf.... :-). Dit was sommer ons grappie. Stap twee was om saam met die span, wat basies uit twee bestaan, rond te hol en te organiseer om ander mense opgelei te kry. Dit het so in fases gebeur van tegniese opleiding wat byna 'n data overload veroorsaak het, tot vrede maak met die foon tot gehook raak.... tot ander mense geinteresseerd kry. Sandra wil nie aan die foon vat nie, maar hoop ek sal een koop om ons deur Engeland te kry in Mei :-) en Greg was so effens skepties, want die foon is duur en so aan en daar is darem baie ander goeie fone op die mark
.

Maar kyk hoe raak hy en Crispin eers gewoond aan die foon. Dan word hy ekspert en kry Vicky by... en Celandrie, en dan speel almal tog te lekker saam.


Die foon is baie nuut in die UAE en ek moet se ek droom nou al snags van alles waarvan my nie-tegniese kop vol is. Ek dink ek gaan ook een koop... ek sal moet, want ek moet mos in oefening bly of hoe? Enige iemand vir die iPhone?

Friday, March 6, 2009

My handsak

Sandra het my getag om te vertel en te wys wat in my handsak is:

Post a picture of whatever bag you are carrying as of late. No, you can’t go into your closet and pull out your favourite purse! We want to know what you carried today or the last time you left the house. List how much it cost. And this is not to judge. This is for entertainment purposes only. So spill it. And if there is a story to go along with how you obtained it, we’d love to hear it.Show us what’s in your purse. Spill it out! Take pictures! Tell us what it is!Tag some chicks. (sorry boys, but I’m guessing not a lot of you carry bags around anyway, except maybe the Korean lads).

Hierdie handsak was 'n kersgeskenk van my sus Lorraine. Ek ruil nie graag handsakke nie, maar ek het ander kleure ook. Dis net te veel PT om altyd oor te pak an seker te maak alles is in. Ek hou ook van 'n vakkie handsak, maar die een is ook 'n grou een. Ek hou van handeroom in my handsak en veral lavender. My fotos is swak, ek weet, maar dis tipies ekke en het besluit om dit nie oor te neem nie, want dit was al klaar baie werk om die handsak uit te pak en te besluit wat by wat hoort.. Ek hou ook van grimereing dra vir 'n noodgeval en het eintlik net die basiese in my sak. Lipstiffie en maskara en flos en 'n borsel en lappie van een of ande restaurant. Ek het nooit tissues in my handsak nie... en verwens myself daaroor. Maar het wel in my kar tissues. Dan is daar 'n klein spieeltjie en 'n skerpmaker, want ek het al by kindergroep aangekom met potlode sonder punte....
Dan dra ek my sakbybeltjie, 'n kersgeskenk van Sandra... en dis baie handig. Kan nie meer daarsonder nie. Ook my beursie en 'n iPhone guide, want ek doen nou iPhone opleiding. Ek gebruik nie die een nie. Die iPhone opleiers van Apple het dit vir ons gegee. Ek dra ook die "sleutel" waarmee ek in my bank kan inkom en skoonmaak goed vir my bril en my flashdisks met my aanbiedinge op... die een met die toutjie aan is Sandra sin wat ek vir haar moet teruggee. My werkfoon is ook in my sak... en partykeer hoor ek hom nie lui nie. Groot moeilikheid!! ;-)
Ek het pos in my sak wat ek Dinsdag oppad uit van die kantoor af saamgeneem en nog nie uitgehaal het nie en ook die kwitansie van die hotel waar ek die laaste twee aande gebly het. Ook my ID boek, Internasionale lisensie en paspoort ry saam met my. Daar is 'n paar visitekaartjies in my sak en 'n kaartjie van die bank met my spaarrekening nommer op

Pille vir hoofpyn en verkoue wat ek net nie afgeskud kry nie en suiglekkers wat eintlik nog van die vakansie in Suid Afrika afkom. 'n Oulike blikkie met minte... dis nou leeg... en 'n "stokkie" waarmee ek my tee kan roer as ek oppad is . Ek kry veskriklik oorpyn as ek vlieg en hou sommer die oorproppies in my sak.
Die klein pienk kaartjie het 'n versie op wat se: " Peace I leave with you, My peace I give unto you: not as the world givith, give I unto you. Let not your heart be troubled, neither let it be afraid." John 14:27

Ek het dit saam met die rekening by 'n restaurant gekry waar ek en Riza gedurende Desember geeet het, en gedink dis baie spesiaal.

Ek tag vir Muriel, as jy nie al getag is nie. Wat van jou Annie? En jy Meis?