Saturday, December 19, 2009

Elriza vang graad

Na 'n paar jaar se groot jaar se groot vasbyt, het Elriza haar graad in Teologie behaal.Ek sou nie kon verlof neem nie, maar gelukkig het die land se EID presies op die regte tyd gekom en kon ek vir tien dae Suid Afrika toe gaan om deel te he aan die spesiale oomblik in Elriza se lewe. Ons het die eerste oggend na my aankoms eers salon toe gegaan om te gaan hare regmaak en die middag se aantrek was amper soos om vir 'n troue reg te maak. Die meisiekind het baie mooi gelyk ... Sy was die afgelope jaar ook die kollege se Worship leader. Die hele worship span is leiers in die verskillende kerke waar hulle ingeskakel is en die musiek was wonderlik.

Anders as gradeplegtigheid by die groot Universiteite en kolleges, kon soveeel mense as wat wou die studente se gradeplegtigheid bywoon, so, behalwe die familie, was al die lede van die omgeegroep by wien Elriza inskakel, ook daar. Dit was vir my besonder kosbaar. Ons is almal baie trots op Riza, want behalwe dat sy haar graad Cum Laude geslaag het, is sy ook aangewys as die beste vierde jaar student. Mooi so meis, jy het jou knap gedra... mag daar altyd 'n lig op jou pad skyn.

Friday, November 20, 2009

Kuier saam met Alessia

Die lekker van die werk vir die kerk in Dubai is dat mens so bietjie saam met die familie kan kuier en natuurlik baie pret met Alessis he wat regtig so vinnig groot word. Sy vertel nou vir my... "you are big, and I am small" "See your dress.... see my pretty dress"... Ek weet nie of dit beteken my rok is nie mooi nie.

Sy is vol dingetjies en die hele tyd aan die gang... julle kan sien die gesiggie spreek boekdele

Sy het te veel miere. Hulle laat haar glad nie toe om te sit nie. :-) soos julle kan sien.. en sy voer vir my ook van haar broodjie en sy wys sy het brood in haar mond en ek moet ook wys...


En dan die groot vreugde en afwagting van 'n geskenk van oom Sean kry. die rede is om haar besig te hou sodat ons kan eet, maar julle weet dit werk nie heeltemal so nie want grootmense is net so opgewonde en nuuskierig oor persente

Sy is heeltemal genee dat Angela help om die drade los te woel. Sy weet vroeg al wat sy kan en wat nie...slim kind :))


Ek was defnitief baie opgewonde oor die feetjie. Julle weet mos dis een van my favorite dinge

Oom Sean sukkel om die feetjie op die perd te laat ry. En die ander feetjies staan nuuskierig nader om die doenigheid te aanskou. Dink julle nie ons koop vir kinders geskenke wat ons self graag mee wil speel nie? Soos ons gaan kinderflieks kyk saam met die kinders omdat ons graag wil? Heeltemal weggevoer na feeland is die gesiggie nou die ene ernstige konsentrasie


Staan feetjies. Wys vir almal julle mooi blink rokkies. En die feetjies gesels terug. is, so lyk dit vir my ...Wonder wat hulle van Alessia dink? :-)


Toe kom sing die mense vir ons Shosoloza . Kyk hoe speel die Fillipyne die Afrika drom en sing hartlik saam, en hulle is goed daarmee hoor. In die middel van Dubai. Moet darem vir julle se die restaurant is Meat en Co. Dis baie lekker om vir 'n paar uur te voel mens is by die huis.

Alessia is soos 'n Renoster, sy glo as daar vuur is moet dit dood. Teen die tyd het sy al die kerse op die tafel doodgeblaas so die een kon nie vryspring nie. Maar sy wil nie saam met my roomys eet nie. Sy wil haar eie in 'n cone he. Roomys is "ifeeem."

Op die ou end eet sy haar eie roomys uit 'n eie klein bakkie en die Unicorn kry ook.

Teen die einde van die aand is aspatat lekker vakies, maar ons twee pose vir oulaas op die skoenepoets troon. Die volgende dag het ons elkeen 'n beurt gehad om haar in haar kar rond te stoot. Ek het eendag gestaan en kyk hoe 'n kleintjie die stuurwiel draai en sien die kar ry nie waar hy wil gaan nie en toe klim hy sommer so in die ma se loop uit. Kleingoed is so vol pret.

Sy het nogal nie baie daarvan gehou om op my skouers te ry nie. Sien die benoude handjie. Mom....Pappa.... iemand, help bietjie!! Maar sy was erg in haar skik met die vlinder oor die gesiggie en nie te lank gelede nie het sy oom Sean se gesig ook probeer verf hoor ek.

Ons kinders is kosbaar. Ons moet hulle geniet en lief he sodat hule sal leer en weet en ervaar dat hulle Skepper hulle ook lief het en dat hulle vir hom spesiaal en uniek en enig is.

Sommer net gedink om te wys hoe groot ons klein Alessia geword het.

Monday, November 9, 2009

Eendag van ryk wees/voel

As enige iemand 'n behoefte het ...ag waarvan praat ek, as enige iemand die tyd het, moet julle regtig dink aan so dag by die Mangwanani Spa in Fourways. Riza bel my die week voor ek Suid Afrika toe vlieg om te se dat ek Donderdag moet oophou, want DJ gaan ons bederf... en ek mag die hele tyd nie weet hoe en waarmee nie, maar sien vreeslik uit en my verwagtinge is heerlik oortref. Toe ons halfnege daar aankom, word ons met sang en tromme verwelkom en aangese om ons japonne te gaan aantrek...

Riza vou haar japon omtrent dubbel om haar lyf, maar haar ma sin kom net net toe en ek sien al hoe loop ek en keer, so ek vra toe vir 'n groter een wat hulle gelukkig toe het. Ons eet 'n ligte ontbyt van yogurt, muffins en skons en die klein mossie eet tog te lekker saam aan die muffins en tjirp alte vrolik 'n Hele groep van terapeute het gereed gestaan om ons persoonlik te begelei na ons eerste " stasie". Om almal te akkommodeer begin almal by verkillende punte. Ons het eerste die hand en arm massering gehad. Ek het nie geweet mens se hande het soveel spanning nie. Dis baie lekker seer...

En elke keer as een groep klaar is by 'n stasie, word alles so mooi skoongemaak en lyk heeltemal vars en skoon vir die volgende groep.
Riza sien natuurlik dadelik die sonneblomme raak...sy mag maar dink dis spesiaal vir haar... :-) Die tweede massering was rug en skouers... ek moet se, die skouers het heelwat aandag gekry. Ek het die een baie geniet. die olies ruik wonderlik en mens se vel voel soos fluweel. Op 'n stadium voel ek hoe my rug plek plek warm word. Ek dog eers die terapeut se hande het aan die brand geslaan, maar toe onthou ek van die "hot stones" Dis 'n ongelooflike gevoel.

Oral rondom die oop lapas is daar so half ongerepte "tuin" wat mens laat dink jy is in die veld. Die voeltjies sing en die son skyn helder. Dis soos om 'n rukkie in die paradys te kuier. Die laaste massering voor middagete is voete en bene... ek wou sommer net daar bly sit met my voete in die warm seepwater, maar toe is die olie invryf nog beter.

Dan is dit tyd vir middagete. Toe ons by die nagereg kom, begin die terapeute sing... almal wat vir 'n spesiale geleentheid daar is soos 'n verjaarsdag, of paartjies wat getroud is of gaan trou, of 'n baba wat oppad is, word spesiaal geseen met die sang.. ek wou net tjank

Na ete kom die nek en skouer massering. As die hande lekker seer was, kan die een seer lekker genoem word. Die hoendervleis slaan oor mens se lyf uit. Die finale van die sessie is olie wat hulle in jou hare en kopvel invryf. Daarna lyk mens maar sleg, maar ai, die lyf voel sooo lekker. Sag van die geurige olies en ontspanne warm gemasseer.

Lyk die lapas nie mooi met hulle houtstoele en spierwit handdoeke en vrolike oranje kussings en strikke nie? Die voorlaaste behandeling is 'n facial, maar hulle se duidelik dit is nie skoonheidsterapie nie, maar vir ontspanning. Mens le heeerlik met toe oe en as hulle klaar is, sit hulle 'n lappie oor jou oe , en daar raak ek aan die slaap...en ek snork myself wakker en hoor hoe Elriza giggel...sies...dis nie mooi nie.

Ons laaste behandeling was 'n vol lyf massering met sout of mieliemeel of borsels. My lyf was op daardie stadium baie broos. Ek het net kans gesien vir die mieliemeel. Dit was nogal baie lekker. Mens stort daarna die stuff van mens af en dan eindig die dag af met Amaroela likeur en sjokolade. Daarna kon ons 'n uur lank by of in die swembad gaan le. En raai wat doen Riza voor ons huis toe gaan? Sy gaan stort.. en toe ek by die huis kom het ek gaan bad...:-) En hare gewas... my hare was vir 'n was of twee daarna nog so syerig van die olie. Dis wonderlik!!

Klink dit na groot bederf of wat... dankie weereens DJ.

Sunday, October 18, 2009

My plekkie in die son

Gister, 'n maand terug, het ek Suid Afrika toe gevlieg vir Eid en een heerlike besige week spandeer wat my gees en liggaam verkwik het. Ons dae is sooo vol van allerhande dinge en die dae word weke en die weke maande en iewers moet mens van die oomblikke in ons lewe probeer vasvang. Ek het 'n hele sak voel baie oulike sagte speelgoed in my sak gehad... al die pad van DJ in Hawai om Riza se nuwe huis meer kindervriendelik te maak...aldus DJ. Ek wonder hoekom hmmm? Die honde en die nuwe sagte speelgoed moes eers hallo se voordat die speelgoed hoog bo op die boekrak in die studeerkamer 'n plekkie gekry het, want soo die foto bo wys, het Tavid uiteindelik besluit hy hou die meeste van Eor en wou hom sommer in die mandjie tel.
Die hondefamilie hou ook baie van hulle nuwe huis en die mandjie in die son voor die skuifdeur is 'n gunsteling plek

Ek kon nie genoeg buite wees om die koel vars lug, son en stukkie tuin te geniet nie
Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval. ja my erfenis is vir my mooi Ps 16: 6

Ons het selfs probeer om Maandag by die kwekery se teetuin te gaan slaai eet, maar na besige naweke is die teetuin toe op Maandae en het ons nuwe Malvas vir die potte gekoop. Terwyl Riza aan haar assignment werk het ek blomme geplant en my naels en hande vol potgrondd gekry....en elke oomblik geniet.



Toe is ons vlooimark toe om die kleure en geure en klanke in te drink. Is ons land nie wonderlik kleurvol nie. Ek wou sommer armsvol van die kleurvolle geverfde bekers en blikborde koop, maar heelaas het ek geen plek meer in die kaste hier in Abu Dhahi nie en Riza het al reeds haar blikborde.



'n Heerlike plek om in rond te dwaal en te kuier...die African Market in Rosebank.



En terwyl ons Thai kos eet, doen die groep Afrika danse met 'n storie.... ongelooflike ritme. Mens wil net saam dans
Die man speel sy kitaar en sing tog te mooi

En die klein blonde asjas sit hom en verluister en vergaap aan alles terwyl hy aan sy roomys smul

En toe die kersie op die koek. DJ het my en Riza bederf met 'n hele dag van wonderlike masserings by die Mangwanani spa in Fourways. Thank you uncle DJ. Dit was amazing. Mens sit op die stoepe in die buitelug en uitkyk oor die stukkies ongerepte natuur... en luister na die vrolike voel klanke.

Die terapeute staan gereed om ons te bederf. Alles so mooi en netjies en skoon
Riza is tog te in haar skik. Hier sit sy en wag vir die nek en en skouer masering... ons koppe was op die stadium vol olie.... ons het tog te lekker geruik. Dit het my laat dink aan Ps 23 U maak my hoof vet met olie, my beker loop oor.
Ek doen geen reg aan die spa ervaring met die kriptiese inskrywing nie. Ek sal 'n hele blog daaroor doen...voor nog 'n maand verby is. :-)
Ons het 'n wonderlike land.... geniet elke oomblik van die heerlike lentedae en weet dat Vader in beheer van ons lewens is, elke dag.

Lief julle almal

Friday, September 18, 2009

Chocholate story

Ek was bietjie lank van blog af en het 'n week lank heerlik in Suid Afrika gaan kuier en vars koel lug diep in my longe ingeasem en allerhande wonderlike dinge gedoen waarvan ek natuurlik sal vertel. Ek het ook al vir julle vertel dat ek na storieman geluister het oppad Dubai toe en terug, maar ek is deur al daardie cd'S. Kan julle glo... so, ek is terug by radio en nes by die huis , kan ek die musiek net tot op 'n punt hanteer dan raak dit te veel vir my. So nou skakel ek oor na BBC en luister tot ek sein verloor of hulle oorskakel na Arabies. Nou die dag het ek die beste goeie nuus stories gehoor in 'n lang lang tyd en kon nie wag om dit met julle te deel nie.


Rondom 1879, het Lord Cadbury sy sjokolade fabriek van Birmingham na Bournville geskuif. ( Ja, nou weet ek Cadbury kom nie oorspronlik van Suid Afrika af nie en ook nie van New Zealand nie, dit is Engels) Die Lord Cadbury het gesien sy sjokolademakers ( mens kan nie se werkers nie....die werk is te lekker daarvoor) bly in moeilike omstandighede in Birmingham in die industriele gebied en het baie sosiale probleme, soos in elke industriele gebied in die wereld. Die huise was klein en meestal nie teogerus met warm water of elektriesiteit nie. In 1895 besluit hy om 2.5% verbande beskikbaar te stel vir eerste huiskopers. In 1919 is nog 363 sulke eenhede gebou.

Die bou en ontwikkeling in Bournville gaan steeds voort. Hierdie is van die nuwer eenhede wat daar gebou is en ja, die Cadbury mense bly steeds daar, maar enige iemand anders ook. Lord Cadbury het van die begin af gedink dit is goed dat die sjokolade makers ook met ander mense meng en assosieer.

Hulle het ook onderhoude gehad met van die mense wat oorspronklik daar gebly of grootgeword het en die een vrou vertel watter groot verskil dit was van die industriele area na Bournville, hoe die sosiale probleme verminder en die mense se eiewaarde gestyg het. Ek het sommer hoendervleis gekry. 1928 is die "sunshine houses" gebou. So genoem oor die groot suidfront venters, en die "ten shilling houses", so genoem omdat die maandelikse huur tien shillings was.

Lord Cadbury het in 1922 St George's Court gebou en voldoen aan 'n groot behoefte aan behuising vir ongetroude professionele jong dames. Dit het betaan uit 49 semi gemeubuleerde woonstelle... "bedsitters"...as iemand weet wat dit beteken.

In 1950 begin werk aan hulle grootste projek ooit. 750 Eenhede en winkels vir die The Shenley Fields Neighbourhood ontwikkeling.1979 bou hulle meer eenhede vir enkellopendes en jong gesinne, en in 1983 word die grootste solar village vir die tyd in Oos Europa gebou. In 1989 volg die projek in Meadow Rise en in 1994 word die laaste 15 akker onontwikkelde grond ook bebou. Dit sluit ook die grond in waarop die David's House, ( 'n seun van Lord Cadbury) gestaan het.

Die ou deel van die dorp ( village) is in 1996 herbou waarna meer ontwilkkeling volg. Bloomsbury se laaste fase in 1997 en 1998 en uiteindelik nog 800 eenhede in 2001, 2004 en 2005, die "Shopshire More" ontwikkeling , en so gaan die verhaal aan en aan... mens kan amper se en almal het vir altyd baie gelukkig gewoon.
Die omgewing en die tuine is pragtig. Ek lees op die internet dat daar jaarliks 'n Bournville festival gehou word. Die joernalis skryf dat die mense van Bournville vriendelik en gemaklik is.

Na die storie oor Bournville, luister ek toe ook na 'n onderhoud met 'n besigheidsman van Gambia wat dieselfde vir sy werkers doen, gebasseer op soos hy se, sy pa se filosofie dat mense se lojaliteit waardevol is en om in mense te bele. Hy verskaf ook huise en rygoed aan sy mense en na 'n sekere aantal jare by sy firma, word die mense die einaars van die eiendom. Toe die onderhoudvoerder hom vra of dit nie diep delf in sy winste nie, se hy dat dit gierig is om 95 % van die wins te hou en net 5% af te staan aan die mense wat verantwoordelik is vir die welvaart van die maatskappy. Hy se sy mense is lojaal en werk baie hard en sy winste is uitstekend... is dit nie die mooiste stories nie?

Friday, September 11, 2009

eenwoord tag

Tags is fun en alles en moeite soms maar die een is onmoontlik. Ek ken Sandra al 21 jaar en mens kan dus verseker se ons het al 'n sak sout saam opgeeet. Om 21 jaar in een woord vas te vat is regtig onmoontlik. Ons ken mekaar se negatiewe en positiewe kante en alle kante. Ons koop al dieselfde bloesies op verskillende tye en weet nie daarvan nie en dra dit na dieselfde geleentheid :-) en eet baie keer dieselfde kos ook, maar interessant genoeg, hou ons nie noodwendig van dieselfde kosse nie... so nou het ek so gedink:

Ek deel my diepste geheime met haar en sy maak nie issues daarvan nie

Ons vererg ons soms vir mekaar sonder om 'n grudge te hou

Ons kan baie lekker saam toer want ons laat nie klein verskille in ons pad kom nie

Ek kan lekker by haar afpak as ek 'n goor dag by die kantoor gehad het

Sy luister as daar iets spesiaals met my en myne gebeur

Sy bid saam as daar 'n krises is

As ek haar vra om na my diere te kyk terwyl ek weg is, doen sy dit met liefde en bel selfs om te vertel hoe dit met hulle gaan

Ons werk lekker saam want ons ken mekaar se swaktes en sterktes

Ons deel 'n passie vir kinders en hulle ewigheidswaarde

Ons kan mekaar laat wees wie en wat ons is sonder om mekaar te probeer verander

Daar is geen voorwaardes in ons vriendskap nie

Ons buit nie mekaar se swakhede uit nie, maar vul aan en hou die einddoel in die oog

Ons leen niks by mekaar wat ons nie teruggee nie, veral nie geld nie

Ons kan lekker saam lag en huil

Ons het baie fun saam en geniet mekaar se kinders... Nelmarie, soos julle weet, is my "ander" dogter

Sy gaan uit haar pad om my kinders rond te ry as ek werk en hulle kuier hier en doen dit met opregte vreugde en neem selfs fotos :-)

Sy ken my en aanvaar my en verstaan my. Ek kan totaal myself wees sonder om te vrees dat sy my ooit sal blootstel

Ek voel veilig in ons vrienskap

Ek vertrou haar met my lewe

so om alles mooi saaam te vat.... sy is BESTEMAAT
En as ek nie genoeg dankie se vir jou vriendskap nie, dan se ek dit nou hier voor almal wat hier lees.... dankie maat

Ek tag Naomi om my in een woord te beskryf

Al die ander mense wat my so bietjie of meer ken is reeds getag...

Ek lees lekker aan die ander blogmaat se stryd om mekaar in een woord te beskryf. Doen so voort.