Ek is so bitter spyt ek kon nie by die reunie wees nie, maar dit was baie lekker om foto's en nuus te hoor van Elma en Lorraine. Baie dankie daarvoor.
Dis vir my baie wonderlik dat al my ooms en tannies en ma nog lewe. Kyk hoe goed lyk almal nog!! ALMAL bo sestig... Net Talitha wat nie daar kon wees nie.
Hier is die kleinste splinternuwe meisies, Zenia by tannie Lorraine en 'n paar ander dogsterretjies, soos Riza hulle noem. Almal vir hierdie tannie baie vreemd en tog kyk mens na hulle en weet dis bloed van jou bloed en die emosies bevestig dat daar 'n band is.
En klein pop Alessia, wat ek sommer baie gou gaan kan vashou. Kyk die tongetjie!
Almal wat aan my behoort, ma sus en swaer, skoonsus en broer en nefie Steyn.
Elma en Xenia en haar mamma, pappa en sussies... of amper. Wie het die foto geneem en koppe afgesny hmm. Weet julle nie hoe nuuskierig ek is nie? Ook Erika en Izak. Ek sal so graag al die fotos wil wys en stories vetel maar ek het 27 foto's en daar is tien families!!
Ek en my kroos skitter in ons afwesigheid. Dis 'n hartseer saam met die vreugdes. Dis goed om te weet dat dit met almal goed gaan. Vader is goed vir ons
Dankie oom Sarel vir al die reëlings. Hier is hy ernstig besig om met met die familiedinge. Ek is lief vir julle almal. Ek hou julle in my gedagtes... altyd!!


No comments:
Post a Comment