Tuesday, November 27, 2007

Kuns eksamen

Hallo almal, Ek is terug in Abu Dhabi na 'n baie kort en besige tien dae. Maar ek het darem gesien hoe Niël se laaste Unisa kuns praktiese eksamen vorm aanneem... sien seunskind... ek glo dis die laaste eksamen. Volgende jaar kom vier ons jou "graadvang" .

Niël sny patrone uit 'n stuk plywood... met 'n figuursagie.. en die uiteindelike produk is pragtig, maar dit breek uitmekaar. Ek lê lank wakker die nag en wonder wat Niël kan doen want daar is nie tyd vir iets anders uitdink nie.. my seun werk op adrenalien en op nr 99,99 en ons almal se senuwees gee in.

Ek sien hoe hy die patroon teen iets plak en maak die voorstel van 'n perspeks agtergrond. Ek het nie die eindproduk gesien nie, maar gehoor dat die stuk nog 'n paar keer gebreek en gelas en gebreek is maar uiteindelik gehang het en ek sal foto's kry. Ek beter Niela.
Ek was ook beïndruk met die kamofleer tema en die reuse foto's wat uitgsny en teen 'n geskilderde agtergrond geplak is. Riza wou weet wat hy daarmee gaan maak na die eksamen en Niël sê hy gaan dit verbrand... so moeg kan mens raak vir sukkel. Maar Riza stel voor hy hang dit in die jeuglokaal van die kerk en so gesê so gedaan. Maar die lokaal moet nog ontwikkel word.. praat van prentjies sien wat nog in die toekoms lê.
Ek sal foto's stuur van die kuns wat hang daar in Unisa se eksamenlokaal... julle beter vir my foto's stuur kinders. Ons hou duimvas vir die uitslae Niël. Ek wens net jy het twee naweke vroeër begin werk aan die kuns. Ek het ernstig uitgemis op kuier met jou en die kosbare tye met familie wat mens mis, kry jy nooit weer terug nie.... En 'n krises soos ies wat breek kon rustiger herstel word.

En Meis, dan sal ek graag die jeuglokaal wil sien as dit ontwikkel is en die prente hang teen die muur... reg so?

4 comments:

Anonymous said...

Sak vir die mam fotos stuur...hou vas. Lief vir mam. Elriza

Anonymous said...

Dankie meis. Mens kan altyd op jou staatmaak. Ek sal geduldig wees... of probeer.. Baie lief vir jou.

Anonymous said...

Hallo Moeder, ek kyk na die fotos wat ma geneem het terwyl ek aan't werk en stress was en kry hoendervleis van angs as ek dink deur wat ek daai week is. Soos hulle se wat nie dood maak nie maak sterker en wragtag alles was op die ou einde semi-betyds teen Donderdag daar met katalogus en al. Ek moet egter vir ma se daai Woensdag oggend toe ek moes deur ry om die kuns te gaan opsit sonder 'n katalogus was ek van plan om my reg te maak vir nog 'n jaar van studies...as dit nie vir pa en Elriza was wat my aan gespoor het en gehelp pak het en my aangemoedig het nie, het ek op gegee; en ja die Here doen wonderwerke deur die mense naaste aan jou... By the way, ek glo ek is deur want nou die dag bel die UNISA gallery my en bied aan om een van my werke vir hulle versameling aan te koop. Ek hoop ek's deur want ek's seker hulle sal nie 'n druipeling se kuns wil he nie?? Ek skuld UNISA geld dan sal hulle my eksamen uitslae vry stel...so hou maar nog steeds duimvas en bid asb. Ek sal vir ma fotos deur stuur van my uitstalling sodra Elriza by die huis is.

Anonymous said...

Hallo mam. Baie dankie vir die inset van my kuns op die blog. Dis 'n plesier om te sien en ek moet se die beskrywing is kort, kragtig en op die kop geslaan. Ek het nog steeds nie vir UNISA betaal nie maar ek sal more want vandag is vakansie dag en die banke was toe; gister was mos Bloedrivier/Gelofte Dag/Versoenings dag....een van daai...maar ek het nie vakansie gevat nie ek is by die werk en glad nie lus om te werk nie, eintlik doodmoeg van al die werk aan die huis oor die naweek. Wiehann hou vandag daar partytjie vir sy werks mense so ons het hom behoorlik getekkel en skoon gemaak, reg gepak ens. Ek tel nou die dae af voor ek vir ma kan kom kuier en sien verskriklik uit na 'n goeie rus en opvang met die moeder. Lief vir ma en lekker week verder.