Welkom Nicholas Phillip Brooke.
Die klein man moes eers Kersfees gekom het en toe kies hy sy eie datum en besluit op 19 November. Hy weeg 3,7 kg... yslik groot en reg om met die twee boeties te speel. Kyk hoe absoluut pragtig is die seun.

Die boeties het Kersvaderpakke gekry omdat hulle Kersvader speel in die skool se opvoering. En hulle het vir Kersvader by die mall vertel hy hoef vir hulle niks te gee nie want hulle kry 'n boetie by ma en pa vir Kersfees. Daarom die kerspakke om die nuwe boetie te gaan verwelkom in die hospitaal sien.
Pete sê Nicholas gaan nog vir baie verassings sorg, so ons hou ons reg. Nicholas Phillip beteken "Victory of the people / Lover of Horses" . Baie geluk Pete en Eunice en Steven en David!! Baie liefde en Vader se rykste seën vir julle.

2 comments:
hey mam, dis 'n pragtige seuntjie ja, so lief vir mam. Elriza
Ja, hulle is al drie pragtig en goed vir die Brooke familienaam. Jy en DJ moet maar sorg vir die dogtertjies... :-)
Post a Comment