Ek weet ek skuld julle 'n storie oor die gebruik van die "goeters", maar dit kom. Ek wil nou eers 'n lastige ouma wees en nog fotos van die kleinkinders wys, want dis mos maar hoe oumas is dan nie?
Die twee manne, Steven en David, het vir my die titel "Grandma C" besorg. En ek het sommer nuwe respek gekry vir die twee besige knape en die oënskynlik maklike gebruik van die "swim gear" Wow!! Ek het goed agter gekom dis glad nie so maklik soos dit lyk nie en vir ouens wat nog net halfpad tussen twee en drie is, haal ek my hoed vir julle af.
Spesiaal vir julle twee manne... foto's van Tavid en Lady Beth. Riza vertel dat sy hulle kussing gewas het en siende dat dit nog so bietjie koud is in Johannesburg, het Tavid 'n warm plekkie op Riza se hondjiepantoffel gesoek en natuurlik moes die Lady ook nader skuif vir bietjie hitte. Ek wonder waraom sy haar tongetjie so vir ons uitsteek.
Ek gesels sommer gou weer.
Liefde vir almal