Friday, June 20, 2008
En wat van die diere seuns hier in Abu Dhabi?
Ek en die diere seuns het 'n wonderlike tyd saam hier en ons geniet mekaar vreeslik.
Dee drink steeds sy koffie uit die kraan.
Didi en Taffee speel in die sonnetjie voor die venster.
Dee slaap op die kussing en die ander twee by my in die bed.
Ek besluit dis tyd om Didi en Taffee te laat reg maak en is skoon hartseer dat hulle die aand voor die tyd so vrolik is en speel ... Didi, het julle mos gelees se Riza, is 'n skaam enetjie.
Hier is die twee uitgespeel en elkeen kry 'n slaapplek .. Ek het die twee gister oggend veearts toe geneem met so seer hart en bietjie skuldgevoelens. Hulle gaan nie net gesteriliseer word nie, maar ook tande trek. Altwee het 'n melktand of twee wat nie uitgval het nie en dit moet ook uit en terwyl hulle slaap, gaan die toonnaeltjies ook sommer geknip word.
Alles verloop baie goed maar die veearts se as hulle lek moet hulle "lampskerms" kry. Veral Taffee moet net lek en ek keer, maar besef ek sal nie dwarsdeur die nag kan keer nie... so terug veearts toe. Dee verstaan glad nie wat ek met hulle aangevang het nie...
Ai ouens.. kan hierdie gesig nie mens se hart breek nie... Ek het toe maar die skerms weer afgehaal dat hulle kan eet... sagte kos vir so paar dae tot die bekkies beter is, maar Taffee begrawe die sagte kos onder sy kombers en seer bek of te nie... eet hy sy pellets. Ag oor twee of drie dae is alles vergete... ek is seker.. ek sal laat weet. Anders pak hulle dalkies hulle tasse en gaan saam met Riza terug huis toe..:--)
Subscribe to:
Post Comments (Atom)


6 comments:
Ag tog maat, nou het "moeder" theresa nog 'n rede om 'n gesiggie op te sit. Gooi jy sy veil oor die lampskerm nou?
Sies maat dis nie mooi nie. Hulle is twee brawe seuns. Charmaine
Haai Tannie, dis nogal 'n goeie idee ;-) ag shame die arme lyfies, hulle sal oor dit kom though, want Tavid sit dieselfde gesiggie op as ek hom opdress. Ek het by die petshop gesien hulle het springbok suits, nie die rugby truie nie, springbok suits vir die hondjies met horings en als ;-D
Liefde Riza
Ai meis, nou sal ons nou die seuntjies in bokkies verander? :-)en aan wie se kant is jy? Hoe moet Didi voel as hy so mee gespot word.. hmmm Lief jou...jou mam
Toe ek jou blog oopmaak, rek my oë tot by my haarlyn!! 'n Kat in 'n wasbak, dit wil gedoen wees!! Dis te cute!!!
Didi en Taffee op die bank is pragtig. Ek is mal oor diere dus ek "drool" hier oor jou blog.
Ag siestog, gaan dit al beter met hulle??? Jou diere kinders is regtig vreeslik oulik.
Sorry ek sien nou eers Riza se kommentaar.
Riza daardie springbok suits, klink vir my te oulik!! :)
Post a Comment