Ons is vroeg oggend al deur om in die hotel op die berg, die Mirage, te gaan eet, maar was te laat vir die buffet. Nogtans 'n heerlik ontbyt gehad wat gehou het tot koffietyd. Ons is die berg op tot bo, mens doen dit so, maar kon nie regtig foto' s neem nie omdat die lug te vol stof was en dit was KOUD op die berg!! Ons het vinnig 'n draai gemaak by die plek waar die BAIE warm water uit die berg kom maar kon nie foto's neem nie omdat daar Arabiese vrouens was. Niël het sy voete in die baie warm water gehad. Ek moet tog uitving hoeveel grade die water is, maar glo my, dis te warm om in te bad. 
Ek het darem 'n mooi foto kon neem van die uitsig op die berg met die fontein en groen grasperke op die voorgrond.
Daarna na die Palace museum. Daar is soveel slaapkamers en elke slaapkamer het sy sitkamer gedeelte.
Dan ook 'n koffiekamer en ouens....
ek het die kombuis gesien waar die m.... groot potte waarvan ek julle lank terug vertel het, op die houtvure staan. Mens sit nie die potte op 'n stoof nie, weet ek nou.
Die Sheikh se eerste Jeep staan voor die paleis.
Die banke in die privaat skoolkamer waar die seuns geleer is om te lees lyk vreeslik hard en ongemaklik... soos skoolbanke behoort te wees. Die wag by die hek het graag vir ons posseer vir 'n foto.
Ons is ook deur die oase en Annie en Sandra, die keer het ek die regte hek en ingang gevind.
Ons is by die Al Ain museum en fort ook in en in teenstelling met die gras en plaveisel in die paleis musem, is hier nog regtig sand soos dit moes wees. Die palmtakkamers lyk ook soos dit toe gelyk het.
Ons het probeer foto's neem van die foto's oor hoe Abu Dbabi in die sestigs gelyk het. Kan mens die transformasie glo!!
Na die besoek aan die museum waar Niël regte Arabiese koffie kon drink en in 'n regte Arabiese tent kon sit, was ons baie reg vir lekker koffie in die Rotana hotel.
Kyk die mooie kersversierings.
Laaste foto's oppad terug van die woestyn. Al Ain is altyd 'n baie interessante plek vir besoekers en selfs vir my elke keer 'n plesier.
Die ou loop om die kameelhokke en beduie van "baby one"... ek sien die ou babatjie by sy/haar mamma lê. 




