Saturday, August 23, 2008

Roxanne it is your birthday!!!

Happy Birthday Rox!!We wish you a wonderful day and a year full of really good surprises. Lots of love Charmaine

Tuesday, August 19, 2008

As ons alleen by die huis is

Ek het al baie gewonder wat my drie skermunkel seuns maak as ek nie by die huis is nie en vanoggend is ek siek en kan lekker by die huis bly en ek werk bietjie op die laptop. Die twee hondeseuns is altyd by en om my as ek huis toe kom, maar toe ek besig raak vanoggend verdwyn hulle en ek gaan loer... hulle le voor die venster in die son... elkeen met sy eie sagte speelding... wat eintlik myne is... en 'n waslap... nou weet ek hoekom ek altyd 'n waslap moet loop soek as ek wil bad saans. Ons het 'n roetine... een oggend toe ek Dee wil kos gee, het ek die bakkie laat val en die kos het oral oor die gladde teels gespat.. maar die twee "stofsuiertjies" was gou by om die vloer skoon te maak. Nou wag hulle elke oggend vir die spatsel kos oor die kombuisvloer wat hulle dan soos hoendertjies oppik. Dee slaap agter die kas en bly uit hulle pad. Didi kruip ook partykeer onder die kombersie in en neem sy sagte speelding saam. Ek sal tog probeer om 'n video te maak van Dee en die hondtjie se koerante "toilet". Hy KANNIE verstaan dat hulle so mors nie en as hy verby stap dan krap hy net toe... en kan dan ook nie verstaan dat al sy gekrap nie enige effek het nie... ek wil my dood lag vir hom. Een van die dae as dit begin koeler raak, sal ek en die hondeseuns weer bietjie gaan stap. Intussen kry hulle baie raas oor hulle die mat vor die venster uitkrap. Vanoggend het ek ook 'n stuk van die marmer vloerlys en 'n skroef gekry. Dink julle die twee is besig met prison break? Ek dink nie die skroef kom uit die muur nie... hmmmm??

Tuesday, August 12, 2008

Hannes se verjaardag

Ek kon regtig die eerste keer in baie jare saam met Hannes en Angela wees vir sy verjaarsdag en ek kon sien die twee mis die mense by die huis, familie wat kom inloer en als. Dis die prys wat mens betaal vir in verre lande werk. Maar vir my het dit die groot heerlikheid ingehou van kuier met die kleine meis waarna haar ouma Bessie so verlang. Kyk hierdie pragtige poppie. Die klere wat sy aanhet, se mamma Angela, het sy self van die rak afgehaal en wou dit nie weer terugsit nie. Ek sien hier kom 'n ding. Hannes het 'n handi cam by die hele familie persent gekry en ek kon sien hoe hy met die kamera gesels. Hy sal dit wel baie gou uitsorteer. Ons het heerlik buffet gaan eet so reg langs die strand waar mense... ek dink hulle is van die Noordpool want dit was so vrek warm gister, op die strand en in die son le en gaarkook. Ek wou nie hulle lywe he gisteraand nie... Alessia het gekraai van die lag vir die spinnekop wat teen die venster vassuig en haar verkyk aan die ballon diertjie en soos julle wel regraai, dis nie ek wat daardie ballon so gebuig en geknoop het nie. Dit kan ek glad nie regkry nie, al gee jy my ook 'n bakkie poeding. Ek het heerlik saam gekuier.

Sunday, August 10, 2008

Tagged

Sandra het my getag oor die brands wat ek gebruik:

Tandepasta: Aquafresh

Wasgoedseep: Ariel ... vir dubbelbalies

Skottelgoedseep: Pril

Lyfseep: Lavender

Parfuum: Op die oomblik L'Occetaine se Mirre en Incense

Sjokolade: Kit Kat

Chips: Pringles

Kougom: suikervry .. gegeurWaatlemoen en Suurlemoen en Grapefruit

Aanmaakkoeldrank: nee, ek drink dit nie regtig nie

Kruidenierswinkel: Spinneys en Abela

Kar: Honda Jazz (lig blou)

Klere: Woolworths en tailor en ek self

Bank: Absa en Nat bank of Abu Dhabi

Selfoon: Nokia maar ek dink aan Samsung vir die twee simkaarte.. hoe is Samsung?

Saturday, August 9, 2008

Dis jou verjaarsdag

Baie geluk met jou verjaarsdag Hannes. Ek wens vir jou vreugde, liefde, goeie gesondheid en heerlike nuwe ervarings. Mag dit 'n baie spesiale jaar in jou lewe wees.

Liefde

Jou Sus

Thursday, August 7, 2008

Ewolusie

Ek glo nie ons kom van ape af nie maar ek glo en sien wel dat baie indrukwekkende dinge van baie eenvoudige dinge afstam... neem nou maar die goeie gewone yster wat op die koolstoof warm gemaak is en waarop mens moes spoeg om te sien of die yster warm genoeg is. As mens se spoeg afspring sonder dat dit lyk of dit yster geraak het... en op mens se voet beland... juk.... dan is die yster reg vir linne en te warm vir fyn katoen en as die spoeg sissend op die yster bly le, dan is dit nog nie warm genoeg nie. Het iemand met so yster leer stryk? Ek het... en myself gebrand. Baie kere... elke keer om die waarheid te se.
Later was daar die elektriese yster met die knop wat mens kon stel, maar geen stoom nie. Mens het 'n spuitbottel gehad waarmee die wasgoed eers bietjie gespat is en dan het die yster redelik gewerk. Ek het myself en klere daarmee gebrand.. Toe kom die stoomyster en ia, dit is einntlik 'n baie goeie ding as dit 'n goeie maak is. Nie die goedkoop stuff wat mens by Clicks koop vir die huisbediende nie. En so het ek vir lank gedink dat dit die ultimate in ysters is.
Natuurlik het ek geweet van die stoomysters wat die winkels gebruik en ook die Elna strykyster wat mens net afdruk. Maar toe ek vouchers by die werk kry en die "Princess" raaksien en dit nie uit my eie sak kom nie, het ek besluit dis dalk nou die kans om te "ewoleer"... nie ovileer nie :-). Ek het dit redelik maklik aanmekaar gekry sonder aanwysings maar toe die Prinses bietjie lank neem om warm te word, het ek begin lees en gesien mens moet oefen en oppas vir brand en nie die kledingstuk aan die onderkant vashou nie... omdat mens kan brand... en dat sommige kledingstukke makliker hanteer as mens van die binnekant af stoom. En toe begin die Prinses soos 'n babadraak stoom uitblaas en ek
en die honde koes en staan die spul op 'n veilige afstand en bekyk. Die eerste keer was moeilik en ek het tweekeer langer "gestryk " aan die klere en my 'n keer of wat sererig gebrand. Toe raak ek brawer en druk my hand onder die kledingstuk in.... dit was baie seer... dis soos om mens se hand in die stoompot te druk. Mens kan 'n eis teen die maatskappy instel!!
Ek onthou ek het gelees mens moet maar bietjie oefen en ek probeer weer., Die tweede keer het dit baie makliker gegaan en ek het weer die "van binne af ding " probeer. Ek sal nog bietjie oefen... maar kyk ek het tot die linne gestoomstryk gekry en dit lyk nie te sleg nie. En die tweede keer het dit heelwat vinniger gegaan. Ek voel nog nie die drakie verdien haar naam, Prinses, nie, maar dalk sal dit nog kom.. Op die stadium lyk sy nog vir baie soos 'n "Alientjie".

Monday, August 4, 2008

My vriendin Sandra

Op versoek van spesiale mense wat Sandra se blog lees en wonder oor die uitstekende blogger... en opgedra aan die beste vriendin waarvoor mens kan hoop.... Om te begin moet ek net eers vertel hoe baie moeilik dit vir my is om uit te soek wat om te vertel, want ek ken Sandra al amper 20 jaar. Hierdie eerste foto is amper tien jaar terug geneem. Ons sit in die woestyn op die enigste groen kolletjie... nie heeltemal gras nie... en wag vir tee wat Eddie besig is om vir ons te brou. Sandra is 'n vriendin wat letterlik deur dik en dun en moeilik en maklik en goed en sleg by mens staan. Ek kan 'n boek skryf oor haar. Die eerste ding wat by my opkom as ek aan haar dink, is dat sy niks half doen nie. Dit kom julle agter uit die kwaliteit van die foto's en navorsing oor alles wat sy op haar blog sit. Met dieselfde toewyding het sy vir haar familie aan vaderskant 'n familie reunie gereel vroeeer die jaar vanuit Abu Dhabi en Ronel, jy sal kan vertel hoe goed en keurig en presies en spesiaal dit was en die woorde beskryf Sandra dalk die beste... goed, keurig, presies en spesiaal. Sy is 'n bok vir sports ook soos julle op die foto kan sien. Nelmari het vir ons 'n masker van onder andere piesangs gemaak... kan nie onthou wat die res was nie. Kyk hoe mooi stil le sy hier... sy wou baie se, maar Nelmari het net die heeltyd vertel sy moet haar mond toehou.Toe ek na 'n Arabiese troue uitgenooi is waarheen ek nie kans gesin het om alleen te gaan nie, het Sandra ingestem om saam met my te gaan. Klik op die skakel om te lees oor die troue. Sy het 'n kindergroep begin in Abu Dhabi en ontsien geen moeite of koste om die beste musiek en programme vir die kinders uit te soek nie. Hier deel sy pryse uit vir die kinders wat die kindergroep gereeld bygewoon het en wys sy waardering vir die insette van die groepleiers. ... en tussendeur neem sy fotos sodat die familie in Suid Afrika op die blog kan lees wat die outjies aan die kant aanvang. Klik op die skakel en lees die Kinderblog. Dit is ook Sandra se handewerk. Sy het haarself ook beskikbaar gestel om die kinderkerk tydens die Afrikaanse kerk se byeenkomste te hou en sal die beste tegnieke en nuuste tegnologie gebruik om seker te maak die kinders het die beste ervaring van Christenwees... en die maaatjie van my loop self 'n nou pad met ons Vader. Sy dra die kroon om te wys sy is Sy dogter. Sy lei ook ons Vroue Bybelstudiegroep en na die tyd kan ons darem kuier oor 'n koppie tee en eetdingetjie soos julle nie kan glo nie. Sy is nie baie lief vir soetgoed nie, maar soms kan mens haar ompraat om 'n soet cinnabon te deel en dan is mens gelukkig as sy net net een happie vat en die res vir my oorlos ... :-) Dan is sy 'n geen nonsens vriendin om mee te kuier. Vra vir Annie... ons het heerlik gekuier in New Zeeland. Hier sit sy en Annie voor die mooiste klipkerkie in die ysige land. Die foto is op die strand geneem ook tydens ons New Zeeland kuier by Annie en soos julle kan sien neem mens meeste van die tyd vir Sandra en die kamera af... dis nou as sy nie reeds gekoes het en mens net haar agterkop inkry nie. Ek hoop hierdie kort inskrywing sal al die bloggers wat graag wou weet so skrefie gee op wie Sandra is.. 'n baie spesiale mens.