Monday, July 23, 2007

Heritage Village

Weer ekke,


Saterdag was 'n witwarm dag hier in Abu Dhabi en hoewel ons mos bietjie sight seeing gedoen het, moes ons by sekere plekke uitklim. Een so plek was by die Heritage Village. Ek was eintlik lanklaas hier, want die stalletjie langs die paadjie was vir my heeltemal nuut.Ons het strooihoede gekoop om die ergste son so bietjie af te weer... Dit help ongelukkig NIKS vir die hitte nie.Amelia moes ook haar stokkie uittoets. Die Arabiese vroue doen 'n hare dans en die mans dans met die stokkies... ja siestog, dis 'n power plaasvervanger vir 'n dansmaat ek stem saam.

Kyk hierdie tent ouens... heeltemal oop en blootgestel aan die elemente, maar daar is lugreëling. Ek neem hulle nie kwalik nie. Mens MOET probeer.
Dit lyk so koel onder die bome maar glo my vry, dis allesbehalwe. Ons het die tradisionele Arabiese boustyl gaan bewonder en onsself oortuig dat daar tog so effense luggie trek. Kyk hoe lyk 'n tipiese slaapkamer. Die kombuis sit buite. Mens moet VINNIG hol om nie gaar voete te hê voor mens in die kombuis is nie. Dit maak sin dat die mens nie wou kosmaak en vuur hê in 'n alreeds warm genoeg vertrek nie. Hulle bou nou die mooiste luukste villas deesdae, maar die kombuise is steeds buite..

Die uitsig oor Abu Dbahi en die see en selfs die Emirates paleis is pragtig van die Heritage village se strand af. Ek heg vir julle foto's aan wat taamlik onduidelik is, ongelukkig. Ek is nie 'n goeie fotograaf nie, maar die dynserigheid is as gevolg van die hitte en humiditeit. Ons kon einlik nie vinnig genoeg terugklim in die motor met lugversorging nie.

Lekker gelag vir Amelia se poging om haarself bietjie af te koel.


Op hierdie staduim het ons al ernstig behoefte gehad aan iets om te drink

2 comments:

Anonymous said...

Dis mooi foto's van die Heritage Village. Umpfh dit lyk warm.

Anonymous said...

Don't have a clue what you writing grandma and it will take forever to try and read it, but it look great and the photo's show me a little bit of your town. I will check in regularly.