Tee by die Palace of the Emirates hotel is iets waarvoor mens so bietjie moet spaar. Ons het elkeen 'n stukkie koek bestel, dis Dhs30 of dan R50 per stukkie. 
Tee is Dhs30 per koppie, maar dan moet ek nou bysê dat die tee in 'n silwer teepotjie bedien word en dat mens twee stukkies sjokolade bykry. Nee, mens kry nie die teepotjie om te hou nie. Ter versagting moet ek noem dat die sjokolade met goue...egte 18 karaat, vlokkies gesprinkel word. Ek het nie geweet mens kan goud eet nie... en wat 'n mors. Niemand sien eers as die kosbare vraggie deur mens se binneste die pad buite toe vind nie.

Die paleis is regtig pragtig met groot oop stukke marmer vloere en tapeserië teen die trapreëling.
Aan die een kant 'n nagtoneel van die hotel en aan die ander kant 'n dagtoneel.
Ek het vir julle 'n foto geneem van die venster met sy uitsig op die see. Die ruit is pragtig gesandblaas.
Ek het ook 'n foto van die dak geneem en 'n baie verontwaardige kyk van een van die hotelgaste gekry. Ek weet nie hoekom nie, ek het nie op my rug gelê om die foto te neem nie en nie gelag nie en my regtig gedra. 
Vir sommige mense is die oordadige goud en bont matte bietjies te veel, maar niks kan gesê word teen die grasperke en fonteine buite die hotel nie en wat 'n ingang.... 
Amelia het aangebied om die tee te betaal en 'n skok gekry van 'n rekening van Dhs446. Ek dog eers sy maak 'n grap, maar nee... toe nie. Gelukkig vir haar het die kassier 'n hele sjokolade koek opgesit in plaas van die beskeie stukkie waarvan ek die foto insluit. Die koek se prys is Dhs220. Dis so R500. Die koek is kleiner as die standaard groote koeke wat ons in Suid Afrika kry. Ek hoor van skoonmakers en arbeiders in die land wat 'n skrale Dhs400-600 salaris per maand verdien.
Dis nie 'n uitstappie wat mens elke dag onderneem nie, maar so af en toe is dit darem groot bederf.


3 comments:
hallo charmaine, net vinnig - geniet jou briefies. dit gaan goed m al d walkers. sal annerdag weer skryf . lovies jandre
Thats really a small piece of cake grandma.
hi mam, is 'n oulike ding hierdie, ek wens ek was daar om saam met julle rond te hardloop. Lief mam
Post a Comment