Monday, January 28, 2008

Kyk die honde"babas"

Die twee mannetjies is nou nie meer babas nie, hoewel Riza sê dat hulle steeds loop of hulle doeke aanhet. Elma, jy het gevra wanneer kom hulle, teen einde Februarie behoort hulle by my te wees.Ek kan nie meer wag nie en Nelmari het allerhande planne met hulle as die nuwe mascots vir die "Lions". Nee nie die Lions van Gauteng nie, die AISA Lions van Abu Dhabi. Ek kan net sien dat ons groot pret gaan hê. Is dit nie twee wakker stout gesiggies nie... En instaan ounooi Riza sê hulle is 'n handvol, maar wil ook nie te veel kere hoor dat hulle tydjie saam met haar nou einde se kant toe staan nie. Jy sal maar net baie moet kom kuier meis. Abu Dhabi gaan dalk nooit weer dieselfde wees nie ... en my woonstel tien teen een ook nie... vermoed ek.

4 comments:

Anonymous said...

Daai gesiggies sê vir my dat jy lekker besig gaan wees maat. Ons almal sien uit na jou brakkies om te kom.

Anonymous said...

Ek hoop Nelmari is reg vir die babasit... hondjiesit :-). Ek sien net so uit dat hulle moet kom. Sal moet gaan beddegoed en speelgoed koop en die babakamer regkry...

Anonymous said...

Hey mam, klink my die twee gaan meer bederf word daar as wat ek dit kan doen ;-) hulle is gr8 spelerige regte seuntjie hondjies, mam gaan hulle baie geniet, en ek stuur hulle met liefde saam met mam. Lief vir mam.

Anonymous said...

Dankie my meis. Ek sal hulle mooi en met baie liefde oppas en bederf. Ons almal sal ;-)