Tuesday, January 1, 2008

Die Emirates Palace hotel

Mens kan nie besoekers hê en hulle nie die paleis hotel gaan wys nie.
Dis darem net die heerlikste luukste ervaring om koek met goue vlokkies op te eet met 'n silwer vurkie en met 'n damas linne servet mens se mond af te vee. My en Niël se tee en een stukkie koek, het meer gekos as ons altwee se middagetes paar uur later, maar op die stadium laat hulle nog besoekers toe sonder dat dit ons geld kos. Selfs 'n besoek aan die badkamers is 'n ervaring en uit die aard van die saak het mens nou nie foto's nie, maar Niël het met so geammuseerde uitdrukking uit die badkamer gekom en gesê mens moet net keer of die ouens droog meer as mens se hande af... Niël het die foto's geneem en ons deel dit graag met julle.
Die beste manier om 'n foto te hê van die hele hotel is om die skildery af te neem wat in een van die gange hang. Die foto is baie donker... ongelukkig. Self die matte met 'n nag - en dag toneel van die paleis is te groot vir die kamara se lens.
Ek wonder of hierdie kersboom dalk die grootste in Abu Dhabi was die jaar? Die baie goud in die portale (binnehowe sou mens kon sê) van die hotel, laat so oranje gloed op die foto's, of so dink ek maar. Oubaas is ek reg?
Hierdie is 'n soort Gazebo... sou mens so iets 'n naam soos Gazebo kon gee? Waarvoor hulle die plek gebruik weet ek nie. Dit lyk vir my of mens 'n nuwe jaarsdans of onthaal hier kan hou.
Niël het ook baie mooi foto's van Abu Dhabi cornish geneem uit die hotel se vensters
en pragtige foto's van die buitekant van die hotel en fonteine en tuine... geniet. Ons het. Lief julle almal.

2 comments:

Anonymous said...

Hi Sus
Ja die goud sal dit doen. Maar dis ook as gevolg van die gloeilampe. Mens se oe pas die witbalans gou aan- wonderlike goed mens se oe - maar die kamera sien dit baie "geel". Kan net dink wat sou hulle nog afgevee het Niel....

Anonymous said...

Mens het goeie kameras nodig in die land... en goeie fotograwe... jy sal moet kom kuier Oubaas