Nog 'n baie goeie "eet ervaring" is die Benihana restaurant waar hulle in Japanese styl die kosse op die warm plaat voor mens berei. Dis so heerlike gesonde manier van eet en geen gewonder oor hoe die kosse berei of gegeur word nie. Ons besoek die restaurant meer gereeld want die kos is regtig heerlik.


Hulle bedien eers Japanese gebraaide -uie -sop. Dan 'n slaai met 'n gemmersousie. Daarna prawns wat voor mens se oë van grys na pienk kleur en wat die sjef met groot vaardigheid skoonmaak en sny. Daarna word elkeen se voorkeure soos volgens bestelling voorberei. Vis of kreef vir party en dan steaks vir ander.

Sommige snitte is rump en ander sirloin maar die kok weet presies wat wie sin is en kry die medium of medium well ook baie goed reg, net soos mens daarvan hou. Myne het 'n teryaki sousie en is regtig vingerlek lekker. Die drankies is ook baie interessant. Warm ryswyn,... dit klink altyd vir my bietjie verdag... en Japanese ystee wat groentee en lemmetjie is, of net gewone coke en sprite. Die sjefs is baie vaardig met die mes en is nie Japanese nie, maar Fillipyne... en hy spot nogal met homself daaroor en sê dat hy dus geregtig is op foute maak.

Op die foto is Niël besig om 'n stukkie omelet in sy mond te vang... en ek probeer 'n foto neem... dit het nie gewerk nie... die foto bedoel ek.... en ook nie die vang nie... James en William het hulle kossies raakgevang, maar myne het op my bril beland. Gelukkig het niemand 'n foto daarvan geneem nie en gelukkig gooi die ou nie heeltyd kos rond nie. Mens kan rustig in jou eie tyd die kos met stokkies eet. As die rekening uiteindelik kom, is daar meestal twee ure verby. Hierdie ete was om vir Niël totsiens te sê en vir Niël en James geluk te wens met hulle grade. Maar enige verskoning om by die restaurant te eet is 'n goeie een.


2 comments:
Hey mam, ek hou ook van daai restaurant. Mam het nie 'n boring lewe nie, sien mam beleef selfs oorstromings in die woestyn ;-) lief vir mam. Riza
Ja nee my skat. Boring is dit beslis nie. Elke dag iets nuuts en ja, dis waar jy 21 en ek 50 geword het ne? Mens moet wegbly van die restaurant as mens nie wil ouer word nie :-)
Post a Comment