
Daar is 'n hele klomp hotelle in Abu Dhabi en tenminste drie van die lekkerste en mooiste plekke om te swem was by hotelle wat tot op die grond afgebreek en oorgebou is. Mens kom net eendag daar dan is die hekke toe en die mense vertel die plek word gesloop. Waarom nou die lang storie? Wel, Le Meridien is een van die ou hotelle wat die maatjie is van die geslooptes en dit maak my heel senuweeagtig, want dis sooooo mooi plek. Ek lief die groen tuine en bome en voor ek hier kom bly het, toe ek nog net in Abu Dhabi kom kuier het, was Meridien al 'n favorite. Kyk die babakatte wat ook hier bly... is dit nie opvreetbaar dierbaar nie!! 
Ek het baie herhinneringe en stories vandag. My eerste ervaring van Meridien is 'n besoek saam met vyf ander dames... en toe was ons almal sewe jaar jonger, aan 'n Lebanese restaurant waar hulle ook belly dancing doen. Ek het my verkyk aan die bak met "slaai" wat hulle voor ons neergesit het... 'n hele heel slaaikop, heel tamaties en heel komkommers. Dit was doodstil om die tafel soos ons gedink het wat om daarmee te maak... toe Bets so ewe droog opmerk dat ons 'n messie moet vra dan maak ons maar ons eie slaai. Ek kan nie onthou wat ons op die ou end gedoen het nie, maar ek weet wel dat die Belly dancer mens so nader hark met haar stokkie en dan moet mens saam met haar dans. So sit ek niksvemoedend en kyk want meisies dans mos nie met meisies nie... en hier hark sy my nader.... jinne!!! 'n Ander herhinnering aan daardie aand was die rou lewer wat hulle as voorgereg bedien. Nie gemaal en vol kruie nie ouens,... net 'n stuk rou lewer wat die ou op die plank by die tafel sny en wat mens dan net so saam met die slaai en brood eet. Ons het uit die aard van die saak dit baie hartlik van die hand gewys. Ek kan die storie vertel omdat die ou wat by die tafel langs ons gesit dit met soveel smaak geeët het. JUK!!!Buiten die Bellydans restaurant is daar ook 'n paar ander, maar onder andere Chi-Chi's. Dis 'n Mexikaanse restaurant wat ook spare ribs bedien. Dis waar ek en Amelia en Sandra gaan middagete eet het. Nee ons het toe nie die ribs geeët nie. Een van die redes vir die besoek aan die Chi Chi's is natuurlik die uitsig oor die strandjie, die hawe en die eilande om Abu Dhabi. Chi's is altyd op die lys van plekke om te besoek as hier kuiermense is.

Die hotel het 'n wonderlike spa waar hulle allerhande behandelings doen. Lorraine en Elriza het ervaring onder andere van die modderbaddens. Ons was al 'n paar keer in die Turkse baddens en soos julle seker weet het die verskillende baddens verskillende temperature... die warmste bad is 38 grade en daarna kan mens, as jy taai is, in 'n yskoue bad gaan klim..... ek is nie so taai of stupid nie en ek het nie gedink enige iemand anders is nie. So dare ek Elriza vir Dhs100 om in die yskoue bad te klim en toe doen sy dit!!! Duur dare... ek sal dit nie weer doen nie.
Ons het ook Elriza se 21 ste verjaarsdag ontbyt by die hotel geeët. DJ het vir haar 'n ruiker rooi rose daar laat aflewer. Die bloemis moes 'n baie goeie verduideliking gekry het van hoe Elriza lyk en meer, en gehoor het hoe belangrik die bos blomme is, want toe sy haar staan kry na sy uit die motor geklim het, toe is die ou by met die bos blomme. Ek sien nog die totale verbaaste uitdrukking op Elriza se gesiggie.... Ek dink dit gee julle so klein bietjie van 'n idee van hoe jammer dit sal wees as die mooi plek gesloop moet word want as enige een van julle kom kuier, sal ek julle graag soontoe neem. Groetnis


5 comments:
Goeiemore!!!
jy sal maar tweetalig moet raak vir jou skoonseun2B want ek dink hy sal jou nuusbrokkies baie geniet as hy dit kan verstaan, maar ja Riza ek dink ook nie dis die camels wat hom interesseer nie, very interested in grandma's beautiful daughter....wat moet sy hom vertel???
liefde Vicky xxxx
Ek het nogals nie die katte gesien toe ek daar was nie, maar wel baie hasies.
Vicky,
Geen sandstorms hier by ons nie. Ek hoop jy het foto's geneem. Ek kan ook nie wag om te kom wei op julle groen gras nie. Maar julle wag seker vir die somer om verby te gaan nê? Ek geniet jou kommentare en ek en my aanstaande skoonseun verstaan mekaar baie goed Jy moet kom kuer dan nmaak ons so toer na al die plekke wat jy graag wil sien.
Ek geniet jou webblad baie Charmaine en verkyk my aan al die mooi plekke. Wil baie binnekort self kom kyk.
Eunice,
Dit sal heerlik wees om julle te bederf en na al die mooi plekke toe te neem... maar kom in die somer.
Post a Comment